praag.co.za

Nog nat agter die ore

Written by

in

Hoe meer dae, hoe meer goggas broei op die Nasionale Jeugagentskap se spore uit.

Dat dié omstrede instelling se sake ondersoek moet word, is voor die hand liggend, en die klagtes wat die Vryheidsfront Plus Jeug by die Openbare Beskermer gaan lê het, is noodsaaklik.

Dit is reeds bekend dat die belastingbetaler en die Nasionale Lotery groot bedrae gehoes het vir ‘n internasionale jeugberaad, wat meer na ‘n saamtrek van Marxisties-geörienteerde jeug gelyk het.

Onder die mees sorgwekkende aspekte is dat dit blyk dat die reiskoste van die Kubaanse afgevaardigdes na Suid-Afrika betaal is. Dit volg kort op die nuus dat Suid-Afrika ook Kuba se aansienlike skuld aan Suid-Afrika afgeskryf het.

Wat nou gebeur is dat ‘n ekonomie met moontlik tot 40 % werkloses en ‘n groot deel van die werkerskorps wat werklik min verdien, ‘n land wat sy eie ekonomie beperk deur ‘n kommunistiese beleid te volg, help dra. Kuba se ekonomie is tradisioneel hoofsaaklik gedra deur die ou Sowjet-Unie wat Kubaanse suiker teen aangepaste pryse ingevoer het.

Ironies is daar nou kort-kort afvaardigings in Kuba om te gaan kers opsteek oor hoe dié mislukte staat dinge doen. Van die vermaning dat as een blinde ‘n ander blinde lei, beide in die sloot gaan val, is blykbaar nog nie gehoor nie.

Nog ‘n bewering wat ondersoek moet word, is dat die kunstenaars wat by die jeugfees op die koste van die belastingbetalers opgetree het, toevallig bereid was om gratis by ‘n partytjie van Julius Malema op te tree.

Oor die noodsaaklikheid dat ‘n jeugagentskap moet bestaan, veral waar die topbestuur skynbaar net as indiensnemingspunt vir die ANC se jeugliga dien, kan nog gedebatteer word. Wat dit betref staan die jeugagentskap immers nie alleen nie, en lyk dit of Limpopo se Pleknamekomittee eintlik dieselfde doel dien.

Die feit is egter dat die jeugagentskap nie ‘n grondwetlike liggaam is nie, anders as byvoorbeeld die Kommissie vir die Beskerming en die Bevordering van die regte van taal-, godsdiens- en kultuurgemeenskappe, Pansat en ander. Veral die eerste kom weens gebrekkige befondsing nie op dreef nie.

Die vraag kan dus gevra word of die regering nie met hierdie skeeftrek self die grondwet willens en wetens minag nie.

продажа зарядных устройствОлександр Фільчаков прокурор

Comments

Leave a Reply