Om van die sonwind en die son se fotone gebruik te maak om ruimteskepe teen duisligwekkende snelhede te laat beweeg is nie ‘n nuwe konsep nie, maar dit het nogtans baie uitdagings gebied voort die eerste eksperimentele toestelle gelanseer is. Dit gaan nog baie werk en uitdagings bied voor dié tegnologie gebruik kan word om reise na naburige sterrestelsels te onderneem.
Dit is egter nie net wetenskaplikes wat na ou tegnologie kyk nie. Pas het die Meksikaanse leër dwelmsmokkelaars vasgetrek wat van ‘n toestel gebruik gemaak het om dwelms oor die grens na die VSA te slinger. Na berig word lyk dit na ‘n Middeleeuse katapult. Dit is nie bekend hoe lank dié tegniek in gebruik was voor die spulletjie aangekeer is nie.
Wêreldwyd is daar ‘n reuse waglys vir windturbines om elektrisiteit deur windkrag op te wek. Die omvang van hierdie windplase, ook ter see, laat omgewingsaktiviste ook hieroor in opstand kom.
Die mens is intussen nie net besig om sy eie nes, die aarde te bevuil en dalk onbewoonbaar te maak nie, maar ook die ander lewe op die planeet waaroor die mens veronderstel is om verantwoordelik te heers. Om na ou tegnologie te kyk en modern te improviseer, kan die mens moontlik weë vind om sy skadelike spoor te minimaliseer.
