Jannie Odendaal, wat maar net sy werk gedoen het deur Winnie Madikizela-Mandela se motor voor te keer, is glo uit die polisie geskop.
Hy is een van die twee polisielede wat Madikizela-Mandela en haar lyfwagte afgetrek het op die M1-Noord. Odendaal is Donderdag uit die polisie geskors, sonder betaling.
Odendaal en sy kollega, konst. Abel Twala, het die motor waarin Madikizela-Mandela en haar twee lyfwagte op die M1-Noord gejaag het, die oggend van 30 Desember afgetrek.
Odendaal en Twala beweer Madikizela-Mandela se lyfwag het hulle aangerand en dat sy op hulle gevloek het, maar Madikizela-Mandela se lyfwag ontken dié weergawe en sê hulle is deur die polisie aangerand.
Volgens die Volksblad het lt.genl. Mzwandile Petros, Gautengse polisiehoof, het Donderdag persoonlik vir Madikizela-Mandela by haar huis gaan kuier.
