Sowat ‘n halfuur ná middernag Vrydagoggend is die Internetverbinding met Egipte verbreek.
Die handjievol maatskappye wat Internet in Egipte voorsien is byna almal in die duister gelaat.
Regeringsteenstanders maak gereed vir vars betogings, in ‘n oproep om president Hosni Mubarak se byna 30 jaar van leierskap te beëindig, het ontleders gesê.
Egipte het klaarblyklik gedoen wat baie tegnoloë as ondenkbaar vir ‘n land met ‘n Internet-ekonomie beskou het – hulle het hulself geheel en al van die Internet losgemaak om die oplaaiende teenstand teen die regering te probeer wegsteek.
Volgens kenners is dit onwaarskynlik dat dít wat in Egipte gebeur het in die VSA kan gebeur, aangesien dié land verskeie Internet-verskaffers en maniere het om aan die Internet te verbind.
