Die grondkwessie

Dit is te hope dat daar in Suid-Afrika nie nog baie kwessies is waaroor daar soveel uiteenlopende sienings is nie as oor die grondkwessie.

Wanneer ‘n mediese dokter iets sê oor hoe hy ‘n operasie gaan uitvoer, sal die advokaat en die Telkom-tegnikus nie beter probeer weet nie.

Maar kom dit by ewe komplekse kwessies soos die joernalistiek en die politieke wetenskap, is elke Jan Rap en sy maat kundiges – probeer hulle voorskryf, weet hulle in hul eie oë meer. Veral in die staatsweë loop hierdie en ander vakkundiges hulle in hoofde vas wat niks van die ondergeskiktes se velde weet nie, maar met die gesag toebedeel is om opdragte te gee …dikwels met katastrofale gevolge.

So is dit ook met die grondkwessie. Om elke hoek en draai lewer die leek, die oningeligte, die politiek-bevooroordeelde uitsprake. Die probleem is dat van hierdie onkundiges en bevooroordeeldes oor mag beskik.

Een van die brandende kwessies is dat niemand presies weet hoe ‘n groot persentasie landbougrond in Suid-Afrika deur nie-wit boere besit word nie. Die enigste manier om dit behoorlik vas te stel, is deur ‘n grondoudit – iets wat voor die hand liggend is in ‘n land waar die regering sekere teikens stel. Intussen kan slegs van die mees betroubare beskikbare data gebruik gemaak word – en hiervolgens is dit selfs moontlik dat die 30 % doelwit reeds bereik is.

Dat totaal ander norme egter ingespan word is duidelik, en soms ook baie duidelik feitelik verkeerd. Verlede jaar nog het die Minister van Landbou ‘n artikel in Rapport geplaas waarin sy by die geykte 13 % in swart besit vassteek. Dit is, en was nog nooit die korrekte syfer nie. Dit is gebaseer op die persentasie grondgebied wat tussen die ou tuislande en die res van Suid-Afrika verdeel was. Teen 1994 het swart mense, onder andere in die vorm van stedelike erwe, reeds aansienlike grond buite die voormalige tuislande besit. Verder het ook bruin mense en Indiërs heelwat grond besit, en veral groot bruin landelike gebiede soos die Richtersveld, Mier en ander met baie groot oppervlaktes bestaan, weliswaar dikwels in betreklik droë en selfs baie droë gebiede. Tog maak die minister foutiewelik die stelling dat hierdie grond by die 13 % ingereken is.

Verder is dit laf, veral na 1994, om grond soos natuurgebiede, wildtuine, paaie en spooroppervlaktes, militêre gronde, en selfs staatsplase by die oppervlak te tel wat glo deur blanke grondbesitters besit sou wees.

Verlede jaar is ‘n grondoudit wat gehou gaan word, in ‘n stadium afgekondig.

Tog hou die politici en onkundiges vol om duidelik foutiewe syfers te gebruik. Vanoggend maak Johann Maarman, senior assistent-redakteur van die Burger, die stelling dat ons nog ver van die teiken van 30 % teen 2014 is en dat ‘n stywe drafstappie ingesit moet word. In dieselfde rubriek het hy dit oor misverstande.

So lank die werklike, aanvaarde feite nie op die tafel is nie, sal die grondkwessie, in Maarman se woorde, ‘n seer tand wees. Onder die probleme wat hy noem, tel onbevoegde grondkommissarisse. Dit is so, maar dit is die oortjies van die seekoei. Agri SA het onder meer ‘n saak na die Menseregtekommissie verwys waar boere minder aangebied en betaal is vir die grond as wat die departement se eie waardeerders bepaal het. Kort-kort was daar bewerings dat te veel vir ander grond betaal is dat ‘n wye reeks amptenare en ander belanghebbendes dan in die buit gedeel het.

By minstens een vergadering tussen boere en verteenwoordigers van die provinsie se kantoor van die Grondsake, is in die teenwoordigheid van die destydse adjunk-minister, wyle Dirk du Toit, ‘n resolusie aanvaar dat die betrokke kantoor voortaan korrespondensie van boere met wie onderhandel word sal beantwoord. By dieselfde vergadering het Du Toit gevra die boere moet ‘n versoek rig vir die vestiging van ‘n klagtedirektoraat in sy departement, want sy eie kantoor kan nie voorbly met klagtes nie.

Kort voor die verkiesing is dit dan ook te wagte dat populistiese retoriek sal deurslaan, wat die jongste voorgestelde wysigings aan die verblyfsekerheidswet hopelik is. Dit is so onrealisties geformuleer dat dit onmoontlik is om te dink dit is werklik iemand se erns om te implementeer, en daar is bepaald meer praktiese maniere om die lewensomstandighede van plaaswerkers te verbeter.

Onder die vrae wat gevra is oor die wetsontwerp se voorneme om plaaswerkers toe te laat om op hul werkgewer se grond kommersieel te boer en beeste sonder toestemming vee aan te hou, is die vraag of daardie plaaswerkers dan ook verplig gaan word om deel van die grondbelasting te betaal. Dit is immers ‘n logiese vraag as die boer dan, by wyse van spreke, op sy eie grond uitgeboer.

Dit sal eers na die verkiesing duidelik wees of die regering nou net verkiesingspraatjies maak. Na die verkiesing is nasionaliseringspraatjies en grondgrypstories hopelik in landsbelang in die doofpot – maar daar gaan weer verkiesings kom.

En so lank die regering met sy kaderontplooiingsbeleid volhou, so lank gaan basiese regeringspligte soos dienslewering erg gebrekkig wees – en sal weer na populisme teruggeval moet word om met vertroue stembus toe te kan opruk.

автоматическая насоснаяФильчаков прокурор харьков

Probleme met verblyfsekerheid-wetsontwerp

Van die voorstelle wat in die wetsontwerp vervat is wat verblyfsekerheid op plase reguleer, dui op ‘n afwesigheid van kennis oor plaastoestande.

Terwyl die regering nog kort-kort uitlatings maak oor die beskikbaarstelling van groot hoeveelhede kleinhoewes, sogenaamd om landelike armoede teen te werk, moet boere volgens die voorstelle in die wetsontwerp nou plaaswerkers toelaat om kommersieel op hul grond te boer.

Plaaswerkers kan dan ook beeste sonder die boer se toestemming aanhou.

Presies hoe groot moet die stukke grond wees wat elke plaaswerker kry om op kommersieel te kan boer? As die bedoeling is dat die plaaswerker daaruit ‘n inkomste gelykstaande aan die minumumloon te verdien, is die vereiste stuk grond in die meeste gevalle in die orde van sowat 300 hektaar. ‘n Boer wat tien plaaswerkers het, sal dus ‘n enorme plaas moet hê as hy self nog kommersieel daarop wil boer.

Dan is daar nog die gewese plaaswerkers en plakkers met hul vee waarmee ook rekening gehou moet word.

Sou die wetsontwerp so gefinaliseer word en die toets van grondwetlikheid deurstaan, is al manier om nog suksesvol besitreg op ‘n mens se eie grond te kan uitoefen ten einde ‘n kommersiële boerderybestaan daaruit te maak, om skuiwergate in die wet te soek. Dis ‘n hoogs onbevredigende situasie.

Die logiese is dus om voluit te kyk na waar die planne grondwetlike regte soos die reg op eiendom, en die vertolking wat die internasionale reg daaraan heg, te ondersoek. Hiermee saam die regte soos die reg op privaatheid, die reg om ‘n beroep te mag beoefen, die staat se plig om mense se menswaardigheid te handhaaf, selfs die reg op veiligheid.

Kommentare kan gestuur word na:

LandTenureSecurityBill@ruraldevelopment.gov.za

станции италияtopcargo кидалы

Flitse van internetkommunikasie wat die wêreld verander

Kort op die hakke van die nuus dat Amazon.com vir die eerste keer meer e-boeke as papiergedrukte boeke verkoop het, word berig dat Nederlandse boekhandelaars aangeraai is om ook voorsiening te maak vir die verskaffing van e-boeke, of moet aanvaar dat die boek as’t ware vir hulle toegeklap word. In 2010 het Nederlandse boekhandelaars 1,9 persent minder gedrukte boeke verkoop as die vorige, maar aan die omsetkant was die knyp selfs groter – ‘n daling van amper 5 persent.

Hierteenoor het die e-boekwinkel, Bol.com, in een en ‘n half jaar sy verkope van elektroniese boeke met 300 % opgestoot.

Die opkoms van elektroniese kommunikasie is ook vir outoritêre regerings ‘n klip in die skoen. Die val van die Tunisiese en Egiptiese regerings word tot ‘n groot mate aan die omvang van kommunikasie op Twitter toegeskryf.

In Iran, waar die Groen-opposisie groot optogte beplan om die suksesvolle Egiptiese revolusie te vier, het die regering nie net die optog verbied nie, maar verskeie joernaliste en aktiviste aangekeer, en bloggers kla dat hul toegang tot verskeie webtuistes geblokkeer is. In reaksie hierop het die Amerikaanse regering ‘n Twitterrekening in Farsi – die amptelike taal van Iran, geopen om dit vir die Iraniërs moontlik te maak om te Twitter. Die Amerikaanse ministerie van Buitelandse Sake het reeds verskeie Farsi-Tweets uitgestuur waarin die Iranse regering die kop gewas word.

In Mianmar het die militêr-oorheersde regering die staatsmedia aangewend om die opposisieleier, Nobel-vredespryswenner Aung San Suu Kyi, blatant te dreig dat sy en haar ondersteuners “tragies aan hul einde kan kom” as hulle voortgaan om die sanksies teen die land te steun. Omdat die internet-kommunikasie in Mianmar nog nie tot volle potensiaal ontwikkel het nie, sal die bewindhebbers waarskynlik reeds veel vermag deur die ouer konvensionele media te beheer.

гидроаккумулятор купить минсклобановский александр фото

Sosiale netwerke maak Afrikaanse susterkerke al hoe meer interkerklik

Al Twitterend is ‘n tweede Arabiese outokraat al onder stof geloop. Internasionaal gons dit behoorlik soos bespiegel word watter regerings almal die slagoffer kan word van moderne tegnologie, en in die besonder van sosiale netwerke. Sal selfs die bamboesgordyn staande kan bly? Is Mugabe hierteen immuun? Selfs Suid-Afrika waar dienslewering, onder andere op munisipale vlak, veel te wense oorlaat, word genoem as kwesbare land.

Sosiale netwerke het egter reeds ‘n impak op Suid-Afrika.

Waar die toutrekkery tussen behoudend en veranderingsgerigte lidmate en kerkleiers van die Afrikaanse susterkerke in die verlede byna uitsluitlik huishoudelik binne die betrokke kerke afgespeel het, word die grense tussen behoudendheid en veranderingsgerigtheid al hoe meer deur elemente van tussenkerklikheid gekenmerk.

Op die gevaar af van oorvereenvoudiging, lyk dit of Facebook, eerder as Twitter, die slagveld van die slagordes is. Die sosiale blaaie en besprekingsforums is weliswaar nog grootliks aan spesifieke kerkverbande gekoppel, maar op heelwat hiervan is daar reeds ‘n oor en weer gekuier van alliansievennote uit ander kerkverbande.

Op die Net is aan die behoudende kant van die susterkerke die sogenaamde perdebouers van die NG Kerk, na aanleiding van die onlangse boek oor die Trojaanse perd wat in die betrokke kerk los sou loop, die Steedshervormers van die Hervormde Kerk, en die Stoere Doppers van die Gereformeerde Kerke. Vanuit hul opponente se geledere word hulle ter wille van maklike identifikasie en om die ammunisie te vereenvoudig die fundamentaliste genoem.

In die loopgrawe aan die oorkant is die gereformeerdes en reformiste wat die term gereformeerdheid as ‘n immers onvoltooide proses beskou. Hul opponente trek vir hulle die baadjie van postmodernisme aan, en dit stel hulle in staat om sommer die Nuwe Hervormers so onder dieselfde kombers toe te maak en te looi.

En nie almal is ewe opgetrek met die benamings wat hulle vanuit die opponente se loopgrawe om die hals gehang word nie.

Onder die sosiale netwerke en besprekingsforums tel Kletskerk, die NG Kerk se sinodale Diversiteitsforum, die Hervormde Kerk se Facebook met sy alter ego, die Facebook van die Steedshervormers ook met die kerk se amptelike wapen versier, en die GKSA-gespreksforum. Voeg hierby “creation science”-webwerwe soos Glo die Bybel wat ten nouste met ‘n paar skrywers van die Trojaanse perd-boek (TP) geassosieer word, en die besprekingsgeriewe van dagblaaie en ‘n paar algemene woernale en ‘n idee word gevorm van die omvang van die slagveld.

Die interkerklike aard van die slagordes blyk daaruit dat die TP nie net op die Diversiteitsforum en ook Kletskerk, wat ook sterk NG-gerig is, onder die loep gekom het nie, maar ook op die GKSA-gespreksforum en die Facebook-profiele van die NH Kerk en van die Steedshervormers. Selfs die bespreking van die TP deur die oud-moderator van die NG Kerk se Noord-Transvaalse sinode, dr. Mike Smuts, is in die verskillende forums bespreek.

Nog ‘n kenmerk is hoe van die skrywers van die TP ook interkerklik betrokke raak. Die een skryfster lewer byvoorbeeld bydraes op die Facebook van die Steedshervormers, terwyl nog een van die skrywers as vriend geregistreer is.

Deurdat van die skrywers van die TP sterk met “creation science” geassosieer word – iets wat taamlik sterk in fundamentalistiese charismatiese kerke wortel geskiet het, word hierdie kwessie op ander webwerwe selfs nog meer interkerklik gevoer, en is agnostici en selfs ateïste wat deelneem nie ongewoon nie.

Vir die Afrikaanse susterkerke is die interessante verskynsel egter nou dat die kerkverbandgrense tussen die perdebouers, stoere Doppers en Steedshervormers al poreuser raak, terwyl dieselfde aan die kant van die sogenaamde postmodernisme van die kerkverbande gebeur.

детские велосипеды украинаФильчаков

Hoekom ‘n staatsrede?

Onlangs het die Christian Science Monitor ‘n lang artikel geplaas oor die opstel en doel van ‘n staatsrede. Die persoon wat die sluier gelig het, het vier jaar lank pres. Bill Clinton se staasrede geskryf.

In die VSA staan die toespraak eers sedert 1941 as die “State of the Nation” bekend. Pres. Franklyn D. Rooseveld het geweet oorlog is die Amerikaners se voorland, en Pearl Harbour het ‘n jaar later gevolg. Rooseveld wou die Amerikaners trots en verenig vir die oorlog voorberei. In hierdie toespraak het hy vier basiese vryhede aan die wêreld gewaarborg.

Sedertdien is ‘n staatsrede wat die tradisie gevolg het, een wat staatsmanskap aan die dag lê, eerder as een wat kiesers in die aanloop van ‘n verkiesing met yslike donkie-ore toerus. So hoog word die waarde van ‘n staatsrede internasionaal aangeslaan dat dit deur onder meer diplomate, wat hul regerings verteenwoordig, bygewoon word.

In Suid-Afrika, waar die “state of the nation” nou ook na “state of the province” en selfs “state of the city” uitgebrei is, is bykans al wat oorgebly het van die konvensie oor dié soort redes, die seremonies wat daarmee saamgaan.

Presies hoeveel eerbied word aan die buitelandse regerings betoon as hul verteenwoordigers na ‘n ellelange toespraak moet luister waarin 50 beloftes gemaak word wat sommer maar net so verbreek word?

Tipies is ‘n staatsrede strategies van aard, eerder as die inspan van verkiesingsfoefies. Trouens, die staatsrede is ‘n swak vertrekpunt vir goedkoop politieke praatjies omdat min toesprake so haarfyn deur Jan Publiek ontleed word soos juis die staatsrede. Teenstrydighede in die toespraak is dus ‘n ooglopende taboe, selfs vir ‘n politikus wat berug is daarvoor dat hy sy storie – en beloftes – by die spesifieke gehoor aanpas.

Dat pres. Jacob Zuma weer sal moet bontstaan is duidelik uit koerante se hoofopskrifte: Staatsrede het botsende boodskappe, Zuma loop wéér wye draaie, Wat Zuma nié gesê het nie, Zuma sit weer op die draad, R70 miljoen vir Zuma-hulle se wonings, Zuma se teologie het net een ewige heerser, Mangaung (waar vullissakke al weer dae lank op sypaadjies lê en gis) moet voor Woensdag R187 (aan Eskom) betaal, Nuwe bepalings kan boere verhinder om werk te skep, Senior aanklaer van Welkom in sy bed met byl oorval (terwyl Zuma groot gewag gemaak het daarvan dat sekere misdaadkategorieë daal, en uiteraard verswyg het dat handelsmisdaad, wat korrupsie insluit, met dubbelsyfers toeneem), Aanval laat man se hart ingee.

Opskrifte wat op positiewe aspekte van die toespraak dui is byna so skaars soos die spreekwoordelike hoendertande.

Uiteindelik kan die vraag gevra word: As die president met sy vorige staatsrede 50 beloftes gemaak het wat vlak voor ‘n verkiesing kluitjies blyk te wees, wat is die kanse dat die kiesers nou weer velle oor die oë getrek sal word waar die meting eers na die verkiesing gedoen gaan word?

Dit is tragies dat die internasionale konvensie wat oor ‘n paar eeue met staatsredes ontwikkel het, nou in ‘n paar jaar skynbaar tot die pleeg van verkiesingsfoefies gereduseer word.

Zuma het die skuld vir die gespartel, voorspelbaar, op apartheid geplaas. Sy sommetjies dat dit 16 jaar is sedert apartheid afgeskaf is, klop egter nie. Die laaste apartheidswet is 20 jaar gelede van die wetbboek geskrap, en van toe af het Suid-Afrika amptelik nie meer uit verskillende rasse bestaan nie. In elk geval nie tot die ANC ras weer tot allesoorheersende norm verhef het, gerugsteun deur drakoniese wetgewing wat pogings tot werkskepping saboteer, nie.

Maar die media het met ‘n opskrif dit reeds aangedui: Dit was ‘n staatsrede vol botsende boodskappe.

live gfreeлобановский александр интервью

Plaasmoorde en die tydsberekening van ANC-agteros

Sedert die plaasmoorde, toe die driejarige Willemientjie Potgieter saam met haar ouers tydens ‘n plaasaanval vermoor is, het daar stemme van die veroordeling van plaasmoorde uit die geledere van die ANC begin kom. Min stemme, maar darem hier en daar …

Met plaasmoord 1 647, het die ANC so ver vasgestel kan word, vir die eerste keer dadelik ‘n verklaring uitgereik waarin die moord veroordeel word.

Terwyl daar van die regering se kant nog slegs periodieke veroordelings kom, en dan dikwels voor die regte gehore, is hierdie verklaring uitgereik soos wat baie van die opposisiepartye doen – om dadelik op ‘n plaasmoord te reageer en dit te veroordeel.

Om ‘n plaasmoord te veroordeel, verseker bykans vir ‘n politieke party mediadekking, en mediadekking is die lewensbloed van ‘n party.

Dit beteken nie dié partye veroordeel plaasmoorde ter wille van publisiteit nie – baie van hul leiers het reeds familie aan plaasmoorde afgestaan, of het familie en vriende wat enige dag die volgende slagoffer kan wees, en doen werklik baie moeite om die probleem behoorlik na te vors, om deurlopend oproepe op die regering te doen om landelike veiligheid op te skerp, en veral om te probeer verseker dat die regering konsekwent die boodskap duidelik maak – die land se landbouers is nie misdadigers se vrybuit nie.

Dit is nodig, want dit is nie die boodskap wat die aandrang om die liedjies te kan sing waarin mense aangehits word om boere dood te maak, uitstuur nie. Ministers se losbekkigheid oor plaastoestande dra ook nie die boodskap uit nie.

Om nou soos die agteros ook in die kraal te kom, sal noodwendig vrae laat ontstaan. Hoekom juis nou?

– Is dit omdat daar binnekort weer stembus toe gegaan word en die ANC nie veel meer as slaggate en foutiewe munisipale rekenings het om aan kiesers te bied nie?

– Moet daar nie nou skadebeheer toegepas word na pres. Zuma weer sy voet in godsdienskwessies gaan sit het en Christene oor ‘n wye front aanstoot gegee het nie?

– Het dit dalk iets daarmee te make dat die slagoffer die oom van die adjunkhoof van Solidariteit is, ‘n vakbond wat internasionale aansien geniet en wat ook oor die vermoë beskik om sake vir die regering witwarm te maak?

– Wil hy nou die opposisiepartye se donderweer in die media in die veroordeling van plaasmoorde steel? Voorlopig lyk dit of die ANC baie goed daarin geslaag het.

Die ANC vorm egter ook die kern van die regering – en die regering kan in die praktyk veel meer as opposisiepartye doen om die euwel hok te slaan. En uit daardie oord duur die algemene swye maar nog te gemaklik voort.

мультики про трансформерівлобановский александр игоревич класс

Bevryding of anargie?

Saam met die skok dat die omstrede jeugfees wat verlede jaar deur die Nasionale Jeugontwikkelingsagenskap gepleeg is R100 miljoen gekos het, en nie sowat R72 miljoen soos tot dusver aangedui nie, kom die pikante opmerking van die voorsitter, Andile Lungisa, dat die fees gehelp het om Tunisië en Egipte te bevry.

Baie onlangs nog is ‘n regeringsafvaardiging na Tunisië om nouer bande te smee met die regering wat nou uitgeskop is. Dit het omvattende nuusdekking op SABC-TV gekry, en is as ‘n groot prestasie voorgehou. Dat die ANC se eie jeugkornuite besig is om die regering se vriende tot ‘n val te help bring, word waarskynlik nie oral ewe lekker saam met duur ingevoerde Whisky afgesluk nie.

Boonop is duidelik halwe werk gedoen. Onder die afgevaardigdes was 242 jeugdiges uit Kuba wat op die Suid-Afrikaanse belastingbetalerskoste die fees bygewoon het. Kuba is veel meer onderdrukkend as die Mubarak-bewind in Egipte en beklee onder meer die 166ste posisie op Verslaggewers Sonder Grense se persvryheidsindeks, teenoor Egipte se 127de posisie. Trouens, volgens die lys sou verskeie van die lande wie afgevaardigdes as helde ontvang is, se lande nou kookpotte moes wees. Die Palestynse owerheid se posisie op die lys is 150ste, Libië 160ste, Sjina 171ste, met Soedan, Sirië, en Iran nog swakker, en Eritrea heel onderaan.

Die fees, volgens Lungisa se maatstawwe vir sukses, was dus ‘n reuse mislukking.

As gekyk word hoe die afgevaardigdes, wat meestal uit links-radikale groeperings in hul lande van herkoms getrek is, op die fees met mekaar haaks was, is dit moeilik om te sien hoe enige doelwit bereik is behalwe om te kyk hoeveel owerheidsfondse vir die minste kwaliteit dienslewering geblaas kon word. Die Marokkaanse en die Polisariofront se afgevaardigdes was onder meer haaks, en die Turkse afgevaardigdes het dit hotagter gekry van jong mense uit minderheidsgemeenskappe wat in Turkye onderdruk word.

Hoe gouer die agentskap afgeskaf word en deur ‘n meer verantwoordelike liggaam vervang word, hoe beter vir almal – ook die buiteland.

Op die oomblik dien dit as weinig meer as ‘n trok op die ANC se soustrein om rojale aan ANC-leugligaleiers te voorsien. Lungisa verdien R1,8 miljoen per jaar, meer selfs as ‘n minister. Of anders gestel, bloed word uit Suid-Afrikaanse belastingbetalers getap om ‘n twakprater ‘n peperduur spreekbeurt te gee. En hiervan het Suid-Afrika reeds ‘n ernstige oorskot.

the chaseФильчаков прокурор отзывы

Om met ‘n metafoor te toor

Toe sit pres. Jacob Zuma weer sy voet daarin.

Soos al telkemale skynbaar die geval was, het Zuma nie daarop gereken dat dit wat hy vir die ore van een juigende gehoor se ore bedoel het, in klank en druk tot die oë en ore van ander sal kom nie. Hy het in die Oos-Kaap Zoeloe met ‘n groep Xhosas gepraat, maar kort voor lank weet die hele land: Zuma het ‘n stem vir die ANC met ‘n plekkie gereserveer in die hemel vergelyk. En behoede diegene wat teen die ANC stem. Vir hulle wag die man met die lang vurk en die groot vuur.

Binne ‘n ommesientjie het ‘n groot groep kerke en ‘n groot aantal politieke partye al weer die president oor sy roekelose politiek-godsdienstige brousels aangespreek. In die media en ook op die internet gons dit.

Soos verwag kan word, het die ANC self die president tot hulp gekom en sê dit was metafories bedoel. Om verskeie redes haal dié argument gewoon nie die paal nie:

– Die president het ‘n lang geskiedenis dat hy godsdiens gebruik om kiesers velle oor die oë te trek. Hy is al gestriem omdat hy gesê het die ANC sal tot die wederkoms regeer, hy het slae gekry oor hy aan ‘n groep ongeskooldes gesê het die voorvadergeeste sal hulle teister as hulle nie vir die ANC stem nie, en een van sy voorste ondersteuners, premier Ace Magashule van die Vrystaat moes ook al slae verduur nadat hy gesê het mense moet Zuma volg soos die mense Jesus volg. Dit is onmoontlik dat Zuma nie kon kennis neem daarvan dat sy en sy ondersteuners se opmerkings hewige aanstoot gee nie.

– Selfs al word ‘n stem vir die ANC metafories met die hemel vergelyk, is dit ‘n besonder treurige beeld wat van die hemel voorgehou word. Soos een internetskrywer dit opgesom het – hy wil nie hemel toe gaan as dit ‘n plek vol slaggate en korrupsie is nie. Die minister wat vir plaaslike regering verantwoordelik is se eie munisipale rekening is aan die vooraand van die landswye munisipale verkiesing met honderde duisende in die rooi, omdat hy onverklaarbare rekenings kry waarvoor hy vrugteloos op antwoorde aandring. Die munisipaliteit wat sulke foutiewe rekenings uitstuur is nie enige munisipaliteit nie, dis die land se grootste stad en dit huisves die ANC se hoofkantoor. Dit is boonop onder ANC-beheer.

– Word bykans enige koerant oopgeslaan, wemel dit van ANC-goggas. Die vraestelle van die landswye asseseringstoetse word deur skoolhoofde as pateties beskryf, en is vol foute. Uit die Vrystaat word berig ‘n staatsamptenaar wat help met die ANC se eeufeesvieringe, kry ‘n stewige staatstoelae hiervoor. Intussen word nog dawerrend geswyg oor wie opgedok het vir ANC-ampsrears, wat nie regeringsposte beklee nie, se kostes om ‘n ANC-seminaar in Ethiopië by te woon.

– Die afgelope jaar is Suid-Afrika se media deur Freedom House van vry tot slegs gedeeltelik vry geherklassifiseer, en het die land op Verslaggewers sonder Grense se persvryheidsindeks teruggesak.

– Onder die land – die regering – se voorste vriende tel van die wêreld se voorste muishondlande soos Kuba. Kort na Suid-Afrika met groot SABC-dekking hegter vriendskapsbande met die korrupte Tunisiese regering gesmee het, is dié bewind deur ‘n populêre volksopstand omvergewerp.

– Die ANC is in alliansie met die kommuniste.

‘n Christen se woord is sy woord. Word aan die vooraand van die president se staatsrede na die ellelange lys van beloftes uit die vorige staatsrede gekyk wat nie gerealiseer het nie, is dit doodgewoon beledigend teenoor Christene om ‘n ANC-bewind, hoe metafories ook al, met die hemel te gaan vergelyk.

Pastoor Zuma moet hom liefs hou by sy lees. Wat dit ook al mag wees.

потолочные светильникиОлександр Фільчаков прокурор

Media die medium tot waarheid

Pres. Jacob Zuma is al tevore oor die kole gehaal oor stellings met ‘n godsdienstige strekking, en wat aan ‘n breë spektrum aanstoot gee. Onder sy gevleuelde woorde tel dat die ANC aan bewind sal bly tot die wederkoms, en dat voorvadergeeste diegene sal kom regsien wat nie vir die ANC stem nie.

Die storms wat dit ontketen het sou, as ‘n mens in ‘n ander land die saak beoordeel het, die spreker tot meer omsigtige woordkeuse lei.

Maar dit het klaarblyklik nie op Suid-Afrika en Zuma betrekking nie. Die jongste storm is aan die ontvou nadat Zuma in Zoeloe in die Oos-Kaap iets gesê het tot dien effekte dat die ANC-kaartdraers ‘n vrypas na die hemel kry, en die wat nie vir die ANC stem nie, se reis na die man met die lang vurk bespreek is.

Die redakteur van die Oudtshoorn Online beskryf Zuma sonder meer as gek hieroor.

So lank as wat politieke korrektheid dikteer dat die saak nie antropologies ontleed kan word nie, so lank sal hierdie soort uitsprake sekere gehore ontstem, en sal diegene wat hierdie soort uitsprake maak, die media blameer.

In die tradisionele verband is dit as goeie hoofmanskap beskou dat ‘n hoofman saans van die een familie- en gesinsvuurtjie na die ander beweeg, en by elke vuurtjie vertel wat die mense daar graag wil hoor. So is almal gelukkig, al is hulle die vreeslikste velle oor die oë getrek.

Nou trek die media saam. Wat by een vuurtjie gesê is, kom die mense by ander vuurtjies uit, en hulle hou nie altyd van wat hulle hoor nie. As Zuma by die bekkige Julius Malema se tuisdorp Julius tot kroonsprins verklaar, was dit duidelik nie vir oom Jan op sy plaas by Ventesrdorp se ore bedoel nie. Maar danksy die media weet hy daarvan, en sy bloeddruk slaan duike teen die plafon.

Presies hoe ‘n groot impak hierdie lastigheid in die uitleef van kultuur daarmee te make het dat die ANC kort-kort die media onder die duim probeer vasdruk, is moeilik om te bepaal. Verslaggewers sonder Grense het nietemin dié soort handelinge, en Julius se uitbarsting teenoor ‘n BBC-joernalis op sy lysie gevoeg van hoekom Suid-Afrika op die jongste persvryheidsindeks ‘n slaggat getref het.

Dit sny verder. By Kovsies is ‘n duidelike protokol ingestel waaraan joernaliste moet voldoen sodat verseker kan word die boodskap wat die ringkoppe wil hê moet uitgaan, die enigste boodskap is wat uitgaan. Dit word “strategiese kommunikasie” genoem hoewel die term “strategiese kommunikasie” hierdeur verkrag word. Ongeag die doel, stap die strategiese kommunikator nooit opsigtelik af van die beginsel: “Die kliënt is altyd reg” nie, en hier is die media die skakelafdeling se kliënte, die publiek weer die media s’n. En die publiek soek nie ‘n weergawe dat alles rustig is oor die “Deo” wat weggelaat is nie, want dit is nie, en die arme media wat daardie boodskap probeer oordra, boet self in geloofwaardigheid in. Strategiese kommunikasie maak nooit van leuens gebruik nie, hoewel tydens sielkundige oorlogvoering soms gekyk word hoe ver die waarheid gebuig kan word.

Fris advertensies van Kovsies help skynbaar darem om die medisyne minder galsterig te maak.

Sonder die media sou die publiek nie van Zuma se jongste juweeltjie geweet het nie. Noudat dit in die oopte is, kan besin word of hy nie die grondbeginsels van demokrasie, en veral grondwetlike demokrasie verkrag nie. Is hy nie dalk met verkiesingsintimidasie besig nie? Indien wel, is dit nie ‘n oortreding van die grondwetlike bepaling dat vryheid van meningsuitdrukking beperk word deur uitsprake, onder meer met ‘n godsdienstige grondslag, wat bedoel is om onderlinge haat te bevorder nie?

cluedo board game onlineалександр лобановский класс

Simboliek van ‘n regeringswoordvoerder

Een van die grootste struikelblokke in die regering se pogings om herstelplanne van stapel te stuur, is die kader-ontplooiingsbeleid. Die ANC het onlangs sy verbintenis hiertoe onderstreep, maar met dié voorbehoud dat bekwaamheid ook sal geld.

Soos gebruiklik, tussen die hand en die mond, val die pap op die grond. Tussen voorneme en uitvoering, lê daar te dikwels ‘n groot gaping. Die deel van kader-ontplooiing word deeglik geïmplementeer – omtrent al van die regeringsbeleid wat konsekwent tot uitvoering gebring word. Die bekwaamheid-gedeelte bly te dikwels in die slag.

In die proses, blyk dit, dat die land se geregtelike hoofstad, Bloemfontein, aan die vooraand van die verwerwing van metro-status, sy derde agtereenvolgende verslag van die ouditeur-generaal op die lyf geloop het waarin die OG ‘n ouditmening weerhou het. Dit blyk dat die stad een van die voorbokke met agterstallige skulde by Eskom is, met sowat ‘n R100 miljoen in die rooi.

In ‘n poging om sake bietjie te beredder is die betaaldatum van munisipale rekenings van die 15de tot die 7de van die maand vervroeg, maar terselfdertyd het die rekinge-afdeling skynnbaar die kluts twytgeraak. Benewens absurde rekenings wat gereeld opduik, ondervind baie inwoners dat hulle teen betaaldatum nog nie rekenings gekry het nie. Dit verhinder die munisipaliteit egter nie om kragtoevoer af te sny nie. Van sommiges.

Met die aanstelling van die omstrede Jimmy Manyi as die regering se woordvoerder is dit nou ‘n speletjie van die media en die publiek om te kyk wie die langste lysie kan maak van amptelike regeringsbeleid of –voornemens wat in die proses in die slag gebly het.

Streng gesproke is daar ‘n verskil tussen dit wat die ANC se woordvoerder, en dit wat die regering se woordvoerder verteenwoordig, maar in ‘n land waar die regering skynbaar moeilik die onderskeid kan of wil trek, is die praktyk en simboliek van Manyi se aanstelling nog nouer verweef.

Terwyl die regering blykbaar voel dat hy bekwaam genoeg is – al het hy voorheen as DG die trekpas gekry, is dit moeilik om te verstaan hoe nog geargumenteer kan word dat sy aanstelling nie-rassigheid in die land bevorder. Manyi het dwarsdeur die storm om sy kop aangebly as hoof van die Black Management Forum, en sy uitsprake het self min ruimte gelaat vir twyfel dat hy ‘n baie sterk ras-gesentreerde persoon is.

Sy aanstelling as woordvoerder – dus die persoon wat die simbool dra van verkoopsman van regeringsbeleid – stuur ‘n baie dwars sein die wêreld in, en veral aan Suid-Afrikaanse minderhede. Tensy hy hom van die Black Management Forum of enige ander rasgebaseerde instelling losmaak, sal hy as simbool bly staan van ‘n regering wat amptelik nie-rassigheid voorstaan (weliswaar al stiller), maar nie net die teenoorgestelde uitvoer nie, dit in werklikheid predik ook.

Manyi en Bloemfontein staan nie alleen waar regeringsvoornemens sneuwel nie.

Oral ter wêreld is plaaslike regeringsverkiesings vir die regerings belangrike toetse van hoe doeltreffend hul oorhoofse beleid op die brood-en-bottervlak neerslag vind. Terwyl die regering skynbaar sy eie grootste vyand is om sake op grondvlak – en eintlik verskeie ander vlakke – te laat slaag, is die kiesers – juis hulle wat as barometer moet dien omdat hulle aan die ontvangkant is – die regering se grootste bate. Sommige waarnemers meen die ANC gaan tot 70 % van die stemme kry in die komende landswye munisipale verkiesing, wat beteken die land se kiesers is nie veel meer as blote stemvee nie.

летние сарафаны для малышейлобановский александр дети

Renosters en stropery

Die goudprys kom op ongeveer R300 000 per kilogram neer. Om goud te ontgin word peperduur skagte dikwels tot laer as seevlak in die hoëveld gesink, en met reuse instandhoudingskoste, lopende koste en personeeluitgawes naby aan die winsgrens geboer. Dit is gevaarlike werk, en kort-kort boet iemand met sy lewe. In die Amerikaanse staat Montana word ou, uitgediende myne weer in bedryf gestel met die hoop dat die goudprys en meer gesofistikeerde onttrekkingsmetodes dit weer lonend sal maak.

Hierteenoor is die prys van renosterhoring op die swartmark nou R400 000 per kilogram, maar die koste om dit te oes deur wildstropery is oneindig laer.

In die proses lag iemand bank toe.

Verlede jaar het renosterstropery in Suid-Afrika meer as verdubbel en is altesaam 333 van hierdie taamlik bedreigde dier gestroop. Altesaam 162 mense is in verband met moontlike renosterstropery in hegtenis geneem. Veral die swartrenoster se voortbestaan word bedreig, terwyl dit onseker is of sekere Asiatiese spesies se voortbestaan nog hoegenaamd moontlik is.

In die VSA het kommersiële boerdery met die amper uitgestorwe bison grootliks daartoe bygedra dat die bison, veral die vlaktebison, se voortbestaan nie meer bedreig word nie.

Dit maak weinig sin dat Suid-Afrikaanse wildboere swaar in renosterbewaring belê, groot geld betaal aan die uitruil van geskikte genetiese materiaal, peperduur wildwerende heinings aanbring en uiteindelik veel, veel minder vir ‘n lewende renoster in die handel kan kry as wat die stroper, wat nie die kostes aangaan nie, net vir die horing kry. Uit vrees vir wildstropers word die ligging van sommige renosterteelplase effektief geheim gehou, en broodnodige toerisme-inkomstes verbeur.

Van die renosterboere meen die oplossing is daarin geleë om die handel in renosterhoring te wettig, sodat die boer jaarliks meer as ‘n kilogram se horing per renoster kan oes. In baie gevalle word die horings in ieder geval deur die boer afgesaag om die renoster minder aantreklik vir wilddiewe te maak, maar selfs die oorblywende stompie bring bykans ‘n halfmiljoen rand vir die stroper-netwerk in as die renoster se horing in die been afgesaag word. Dit beteken dan ook die einde van die renoster, selfs renosterkalfie wat al ‘n knoppie het.

Die gedagte is voorts dat as die oes en bemarking van renosterhoring gewettig word, die swartmarkprys erg sal daal en stropery onlonend sal word. In daardie geval sal van die bedreigde Asiatiese renosters ook makliker kan asemhaal, by wyse van spreke.

Die oplossing is klaarblyklik nie heeltemal so eenvoudig nie, maar ander alternatiewe om die slagting te stuit bied ook nie veel oplossings nie. Vanjaar is reeds 21 renosters gestroop, en dit lyk nie of die opruim van vermeende sindikate veel bydra tot die welvaart van die renosterbevolking nie.

Baie ure is al aan strategieë spandeer, en dit wil al hoe meer lyk of daar uiteindelik noodwendig buite die kassie gedink sal moet word.

Tot tyd en wyl ‘n oplossing gevind word, sal lewens van mens en dier op die spel bly.

гольфы девочки 8 летФильчаков прокурор

Arabiese opstande, persvryheid, inligting via die internet

Die ou politiek-wetenskaplike spreekwoord lui dat ‘n land geen vriende het nie, net belange.

In hierdie opsig is Suid-Afrika se post-1994-regering dikwels ‘n uitsondering, sodat ‘n politieke leier al opgemerk het die eregaste by Suid-Afrika se aanbieding van die Sokker-wêreldbeker het soos ‘n muishondgallery gelyk.

Soms kos die vestiging van belange ook ‘n bietjie deeglike navorsing. Onlangs het die SABC groot gewag gemaak van Suid-Afrika se hoëvlakbesoek aan Tunisië en verskerpte bande. Kort daarna het die diktator-president die bevolking se skoen onder die sitvlak gekry.

Suid-Afrika neig ook om die Soedannese president, Omar al Bashir, teen vervolging deur die internasionale geregshof op aanklagte van volksmoord te beskerm. Die Christian Science Monitor, bekend vir sy gewoonlik hoogstaande joernalistiek,berig egter dat die onrus in Egipte na Soedan oorgeloop het, en dat die Soedannese regering met onluste te kampe het. Minstens een betoger is dood.

Dié keer is dit nie die suide wat in opstand is nie, dis die Arabiere self. In die suide, berig die CSM, vier die mense fees na dit bekend geword het 99 % van die kiesers het ten gunste van afskeiding van die noorde gestem.

Vir die wêreld, en so ook Suid-Afrika, was vriendskap of minstens gesonde betrekkinge met die Moebarak-bewind in Egipte belangrik. Anders as baie Arabiese en Moslemstate het Egipte nie groot olierykdomme nie – of ten minste – groot olierykdomme is nog nie raakgeboor nie. Maar ongeveer die helfte van die wêreld se Arabiere is Egiptenare, en Egipte beheer die Seuz-kanaal. Die skerp styging in oliepryse sedert die Egiptiese onluste uitgebreek het toon hoe belangrik dit is. Oorspoelgeweld kan olieryke streke ook in gedrang bring.

Dit is moeilik om te bepaal hoe sterk enige Arabiese monarg of diktator nou staan. ‘n Momentum het ontstaan, wat eintlik al ongesiens in lande soos Tsjad en Niger ontstaan het. Intussen smeul die vergete oorlog – dié van die Polisario en Marokko oor Wes-Sahara nog, en saam met Moslemradikalisme, speel faktore soos Berber-opstandigheid, kommunistiese radikalisme en doodgewone strewe na meer genormaliseerde demokrasie ‘n allegaartjie wat nie meer maklik onder die knie gekry kan word nie.

‘n Goeie leidraad dat ‘n land sy mense onderdruk, en die potensiaal het om te ontplof, is om na die stand van persvryheid te kyk.

Die Arabiese lande wat die beste op Verslaggewers Sonder Grense se persvryheidsindeks vaar, is die Verenigde Arabiese Emirate en Koeweit op ‘n bedenklike 87ste plek. Jordanië is 120ste, gevolg deur ‘n paar klein Golfstate, dan Egipte op 127ste, Irak 130ste, Algerië 133ste, Marokko 135ste, Saoedi-Arabië 157de, Libië 160ste, Tunisië 164de, Soedan 172de. Nog ‘n Moslemstaat, maar nie ‘n Arabiese staat nie, Eritrea, beklee met sy 178ste posisie die laaste plek. In die geheel is Moslemstate aan die onderste helfte van die persvryheidsindeks, met waarskynlik Albanië met sy 80ste posisie die Moslemstaat wat die beste vaar. Turkye, wat graag by die Europese Unie wil aansluit, beklee die 138ste posisie.

Hoe gebeur dit dan, dat terwyl inligting so ooglopend deur die owerheid gesmoor word, dit tog so gou by die publiek uitkom? Die antwoord is blykbaar die internet. Toe die onluste na Egipte begin oorloop, het die Egiptiese owerhede ook dadelik die internet geblok.

Vroeër, met die omtstrede presidentsverkiesing in Iran, was die owerhede minder suksesvol om die Iranse bevolking – en die buitewêreld, in die duister te hou. Twitter het ‘n belangrike rol gespeel.

Die inligting loop, en die domino’s tuimel.

Die stand van persvryheid is egter nie al norm vir opstandigheid nie, anders sou ‘n land soos Saoedi-Arabië ‘n goeie kandidaat vir opstande wees. Soms is daar komplekse bindfaktore, soos historiese etniese inbinding en selfs onderdrukking wat bykans onaantasbaar geword het. Maar as die internet eers begin praat…

online free rouletteФільчаков прокурор

Rommelvrye Suid-Afrika

Die regering se planne om binne ‘n jaar in die groter sentra, en binne twee jaar ook die kleiner munisipaliteite te dwing om rommelbestuur in die vorm van herwinning toe te pas, moet verwelkom word.

Soos gewoonlik, gaan die werkbaarheid van die plan in die wil en vermoë om dit uit te voer, geleë wees, en in hierdie opsig het Suid-Afrika nie ‘n besonder suksesvolle geskiedenis nie. Pas het dit byvoorbeeld geblyk dat die Mangaung-munisipalietit, wat die land se geregtelike hoofstad Bloemfontein insluit, die derde agtereenvolgende OG-verslag op die lyf geloop het waarin die ouditeur-generaal sy mening moes weerhou.

Om die doel van ‘n rommelvrye Suid-Afrika te bewerkstellig is een van wetstoepassing en van gesindheid. Mense moet van kindsbeen af geleer word om nie hul omgewing soos varkhokke te laat lyk nie. Dit beteken dat omgewingstudies weer behoorlik deel van leerplanne moet uitmaak. Dit is dekades sedert die Hou Suid-Afrika skoon, die Jiffiesak-projek en die Bambie-projek op deurlopende grondslag bedryf is.

Baie sake sal gesinchroniseer moet word. Een van die hoekstene van die nuwe beleid is dat mense wat erwe het, komposgate sal bedryf. Baie munisipaliteite verbied dit, of stel sulke streng vereistes dat net kundiges dit kan bedryf. ‘n Onbehoorlike bedryf van organiese afval kan inderdaad gesondheidsgevare skep wat in ‘n land met ‘n hoë vlak van vigsbesmetting katastrofies kan wees, soos swak rioolbestuur ook is. Vir woonstelbewoners kom die versekering dat hul afval van organiese aard elke week verwyder sal word – ‘n skrale troos in ‘n land wat bekend geword het vir vullissakke wat soms weke lank op sypaadjies lê en gis.

Die sukses hang ook daarvan af dat inwoners hul rommel sal skei, en dat munisipaliteite die rommel geskei sal hou sodat stortingsterreine nie meer sal bestaan nie, en alle rommel herwin word. Hieroor het die land nie veel van ‘n keuse nie, want geskikte stortingsterreine raak al hoe skaarser, en stede soos Kaapstad trek reeds noustrop met terreine wat geskik is, soos weens ‘n bodemgesteldheid wat verhinder dat besoedelde water na die ondergrondse watervlak deurdring. Hierdie vereiste veroorsaak dikwels dat stortingsterreine baie ver is, en dat mense neig om hul rommel, soos tuinrommel, op ongemagtigde plekke af te laai.

Die groot toets gaan egter kom by die algemene publiek – die leë sigaretpakkie of bierblik wat by motors, busse of taxi’s uitgegooi word, bushaltes met vullisdromme wat oorloop en die wêreld daaromheen wat gesaai lê met rommel. Plek-plek het stedelike bewareas ingespring, soos in die Bloemfonteinse woonbuurt Langenhovenpark, en ‘n baie groot verbetering bewerkstellig – ironies ten spyte daarvan dat die munisipaliteit vierkantig ‘n stok in die speke gesteek het van herwinningsplanne – ook tydens verlede jaar se wêreldbekersokkertoernooi toe gasheerstede formeel by herwinningsplanne ingebind was.

‘n Skoon en leefbare land hang van elkeen af – of dit ‘n fabriek met afval is, of ‘n bosslaper – net een stukkie papier wat in die strate rondwaai bederf die hele doel.

Of die regering die politieke wil het om op te voed en te wiks waar nodig, sal ongelukkig eers gesien moet word. Sommige mense gaan nie saamwerk sonder dat hulle vasgevat word nie.

авто androidДанильченко Юрий Брониславович компромат

Die VSA se draadsittery

Jimmy Carter sal in die Amerikaanse geskiedenis onthou word as “die president wat Iran verloor het”. Tydens sy termyn het Iran van ‘n belangrike strategiese bondgenoot van die Verenigde State tot die mees revolusionêre Islamitiese Republiek gevorder.

Barack Obama sal onthou word as die president wat nie minder nie as drie lande, naamlik Turkye, Libanon en Egipte verloor het en tydens wie se bewind Amerika se alliansies in die Midde-Ooste verkrummel het.

In beide gevalle, het ‘n Verenigde State in finansiële krisis en na mislukte oorloë, invloed wêreldwyd onder ‘n linkse president verloor wie se goeie bedoelings in die buiteland gesien word as gewoon net uitdrukkings van swakheid. Die resultate word weerspieël in die val of beleidsaanpassings van regimes wat afhanklik is van hul verhouding met Washington vir oorlewing.

Amerika se algemene swakheid raak duidelik sy vriende. Maar in teenstelling met Carter, wat menseregte verkondig het, selfs wanneer dit bondgenote seergemaak het, gaan sit Obama op die draad en speel versigtig uit vrees vir ondermyning van stabiliteit.

Obama het sy presidentskap afgeskop met reise na Turkye, Egipte en Saoedi-Arabië, en in toesprake in Ankara en Kaïro probeer om nuwe bande tussen die Verenigde State en die Moslemwêreld te bewerkstellig. Sy boodskap aan Moslems was “Ek is een van julle,” en hy het dit ondersteun deur uit die Koran aan te haal. President Hosni Mubarak was egter nie saam met hom op die verhoog by Kaïro Universiteit nie, en Obama het geen melding van sy leër gemaak nie.

Obama glo blykbaar dat die grootste probleem van die Midde-Ooste die Israeliese besetting is, en sy beleid bly gefokus om konstruksie in die nedersettings te staak en die mislukte poging om vir vrede te onderhandel, te hernu. Dié draadsittery het gelei daartoe om tans te “werk” om ‘n Israeli-Iraanse oorlog af te weer.

Die afwesigheid van menseregtekwessies van die Amerikaanse beleid vis-a-vis Arabiese lande is pynlik opsigtelik. In die afgelope paar maande het talle opiniestukke verskyn in die Westerse pers wat beweer dat die dae van Mubarak se regime getel is, en ‘n beroep is op Obama gedoen om uit te reik na die opposisie in Egipte.

Die VSA-administrasie staar ‘n dilemma in die gesig. ‘n Mens kan dink dat Obama homself met die betogers kan identifiseer. Maar ‘n supermoondheid is nie ‘n burgerregtebeweging nie.

Die straatopstande in Tunisië en Egipte het getoon dat die Verenigde State min kan doen om sy vriende te red van die toorn van hulle burgers. Nou sal Obama onder skoot kom omdat hy nie gou genoeg die Egiptiese opposisieleiers ondersteun het en geëis het dat Mubarak se teenstanders vrygelaat word uit die gevangenis nie. Hy sal beskuldig word daarvan dat hy nie premier Benjamin Netanyahu hard genoeg gedruk het om die nedersettings te stop nie en dus indirek die stygende getye van woede in die Moslemwêreld aangehelp het. Maar dit is ‘n geval van 20:20-visie agterna. Daar is geen waarborg dat die Egiptiese opstand of Tunisië anders sou afgeloop het nie, selfs al het Israel op hulle kop gestaan.

Nou sal Obama probeer om weer op die draad te sit. Dalk is Mubarak se opvolgers nie klone van Iran se leiers wat ‘n radikale anti-Amerikaanse beleid wil sien nie. Miskien sal hulle Turkye se eerste minister, Erdogan navolg, wat magsblokke en supermoondhede ontduik sonder om sy land se lidmaatskap in NAVO en die verdedigingsbande met die Verenigde State in gevaar te stel. Erdogan het ‘n goeie ooreenkoms vir Turkye beding.  Hy trek voordeel uit die politieke stabiliteit en ekonomiese groei sonder om in iemand se sak te wees. Dit kan werk vir Egipte ook.

Maar vir Israel sal dit nie werk op die lang duur nie.

форма 1 гсуФільчаков Олександр Васильович прокурор