Behuising ‘n multidimensionele probleem

Die Department van Menslike Nedersettings se nuwe holistiese benadering tot die skep van volhoubare behuising is sinvol. Hierdie department het wesenlike uitdagings en daarom is dit goed om te sien dat daar nouer saamgewerk gaan word met provinsies en plaaslike owerhede ten einde die komplekse probleem van behuising aan te spreek.

Die Vryheidsfront Plus wil graag die volgende sake, wat ‘n wesenlike invloed op begroting en diensverskaffing het, onder die aandag van minister Sexwale bring:

1.      Behuising is ‘n multi-dimensionele probleem vanuit ‘n groeiende gemeenskap met ‘n aanvraag wat alle redelike vermoë tot lewering oorskry. Die department se strategiese oorsig noem dan ook dat deel van die department se verantwoordelikheid is die geweldige groei van informele nedersettings. Behalwe vir natuurlike aanwas, is die grootste drywer agter dié groei die poreuse toestand van ons grense en die toestroming van onwettige immigrante na Suid-Afrika en nie, soos die Minister voorheen genoem het, die onwettige uitsetting van plaaswerkers nie. Ek is bly dat die Minister dié misverstand met my partyleier, die adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, dr Pieter Mulder, opgeklaar het. Om die onbeperkte groei van informele nedersettings aan te spreek, sal die Minister en sy department eerder met die Department van Binnelandse Sake, Verdediging en Polisie moet konsulteer en ‘n inter-ministeriële plan moet opstel ten einde die invloei van onwettige immigrante te stuit en slegs die te huisves in terme van ons internasionale regsverpligtinge. Dit is ‘n saak wat met die nodige politieke wil en fokus aangepak moet word.

2.      Tweedens, wil ons die Minister vra om ook ag te slaan, nie net op die skep van nuwe behuising nie, maar ook op die instandhouding van bestaande maatskaplike behuising. In daardie verband sal dit sinvol vir die department wees om te skakel met plaaslike owerhede, en veral die Metropolitaanse owerhede in Gauteng, rakende die instandhouding van maatskaplike behuising wat aan hulle behoort. Gedurende die tydperk waarin ek as raadslid in die Johannesburgse Metropolitaanse owerheid gedien het, het ek seker 80% van my tyd gespandeer aan probleme met betrekking tot hierdie tipe behuising wat in meeste gevalle alles behalwe leefbare wooneenhede is. Dat die munisipaliteite traag is om hierdie behuising te onderhou, is inderdaad ‘n oorskatting. Daar bestaan so te sê geen politieke wil tot onderhoud nie, tot so ‘n mate dat telkens met hofsake gedreig moet word om dienslewering te verseker. Ons vra, derhalwe, dat die Minister ook hieraan aandag sal skenk.

3.      Van die Metropolitaanse owerhede het ook besluit om van die maatskaplike behuising aan bewoners te verkoop. In Johannesburg is hierdie koopkontrakte al sedert 2000 met inwoners gesluit, maar tot op hede is nog nie een stuk behuising se titelaktes oorgedra nie. Die verskoning wat Johannesburg Metro aanbied is bloot dat hulle nie geld vir oordrag het nie. Dit is onaanvaarbaar en ons wil van die Minister weet of hy ook op ‘n holistiese basis regoor Gauteng provinsie hieraan aandag kan skenk.  Verdere vertragings in hierdie verband sal lei tot publieke opstand en regsaksies, beide wat teenkonstruktief sal wees vir alle partye hierby betrokke, veral die regering.

4.      Laastens, wil die Vryheidsfront Plus die Minister en sy department gelukwens met hulle suksesse in die stryd teen korrupsie. Dis ‘n bemoedigende teken. Ons wil ook die Minister se aandag op ‘n verdere vorm van misdaad vestig waar raadslede, ten einde polities-gedrewe demografiese verskuiwings te maak, op ‘n bedrieglike wyse onontwikkelde grond wat nie aan hulle behoort nie, aan ongesofistikeerde arm mense verkoop waar hulle dan kom vestig, met informele nedersettings as eindresultaat. Dit blyk landwyd ‘n groeiende probleem te wees.

jocuri barФильчаков прокурор

Slim het toe sy baas gevang

Die akroniem HPA staan vir Hitachi Power Africa.  Teen hierdie tyd weet ons almal dat HPA sy SB-status (Swart Bemagting) verwerf het deur ‘n 25% belang in die kontrak vir oprigting van die Medupi-kragsentrale aan Chancellor House (CH) verkoop het vir R1 miljoen.

Volgens die Engineering News het mnr Johannes Musel, HPA se hoof uitvoerende beampte, gister verklaar dat sy maatskappy in hul skik sou wees om daardie belang te likwideer, maar nogtans sy SB-status sou wou behou deur dit aan ‘n ander swartbemagtingsinstansie te verkoop.

Hy beweer dat destyds, toe die ooreenkoms tussen HPA en CH gesluit was, hulle onbewus daarvan was dat CH ‘n ANC frontmaatskappy was.  Dit was aan hulle verduidelik dat CH se deel van die winste aan agtergeblewe en behoeftige swart gemeenskappe sou gaan.  Daarmee het hulle heelhartig saamgestem.

Toe dit egter rugbaar word dat die ANC agter CH sit, het hulle stappe geneem dat enige diwidende wat CH uit die kontrak sou verkry, het hulle toegesien dat geen deel dfaarvan aan die ANC sal gaan nie.

Volgens Musel sal HPA ‘n winsmarge van 3% op hul deel van die kontrak maak, sodat CH se aandeel van daardie wins ongeveer R50 miljoen oor ‘n paar jare sal beloop.

Hitachi is baie gesteld op sy goeie naam en sal onder geen omstandighede toelaat dat enige van hierdie winste direk of indirek na enige politieke party sal vloei nie.

“Al wat ons kan doen is om te verseker dat alle wetlike voorskrifte korrek is in terme van die trustakte se voorskrifte”  Hy het egter ook aangetoon dat daar wel ‘n gaping mag wees tussen wat wettig toelaatbaar is en wat uit ‘n morele standpunt aanvaarbaar is, m.a.w dat moraliteit voorrang bo wetlikheid sal geniet.

Daar is nou ‘n verdeeldheid onder ANC geledere.  Mathews Phosa, die ANC se tesourie-generaal het te kenne gegee dat CH gelikwideer sou word, terwyl Gwede Mantashe, die sekretaris generaal beweer dat die ANC nie aan ‘n onafhanklike instelling kan dikteer nie.  Mathews Phosa is ‘n prokureur sakeman wat nie graag sy tyd mors met omstrede kwessies nie en sy aanbeveling sal waarskynlik deurslaggewend wees.

Musel sê dat hulle tot nou toe geen direkte versoek van CH ontvang het vir die verkoop van CH se belang nie.  Sou daar egter ‘n verkoop van CH se belang wees, sal dit streng volgens die bepalings van die aandeelhouersooreenkoms geskied.  HPA wil nie sy SB-status verloor nie, want hy is kontraktueel verplig teenoor ESKOM.

crystal tiarasлобановский александр биография

Ekonomiese groei deur innovasie

Hoe word daardie klein bietjie ekstra, daardie finale hupstoot vir ekonomiese groei gekry?

Deur nog meer uit inovasiekrag te put, aldus Brainport, die tegnologiese sentrum by Eindhoven in Nederland.

Hiervolgens kan tussen 0,5 en 1% groter groei bewerkstellig word deur kennis en kundigheid in ‘n moderne nywerheidsbeleid saam te voeg (cluster).

Die dinkskrum onder die leiding van premier Jan-Peter Balkenende het pas so ‘n plan aan die kabinet voorgelê, en stel ‘n raamwerk voor vir die volgende tien jaar. Dié plan, so hoop Brainport, gaan hoofstuk 1 van die regeerakkoord van die nuwe kabinet vorm. ‘n Nuwe kabinet is onderweg nadat een van die huidige regering se koalisievennote, De Parij van de Arbeid, onttrek het en ‘n vervroegde verkiesing afgedwing het.

Die nuwe regering moet ingevolge dié plan nie soseer fokus op besparings nie, maar vra waar dit geld (deur die innovasie) kan verdien.

Brainport bestaan uit 90 bedrywe en 8 000 navorsers en ingenieurs, maar beveel aan dat nog vyf ander kennissentra aangewys moet word.

Nederland, soos ander Europese lande, staar ‘n stywe uitdaging in die gesig. Die ekonomiese mag verskuif na Asië, en met dreigende trekorte aan fgrondstowwe, kan Nederland nie maar net handjies gevou sit en wag nie.

“Ons moet uitblink in ons prestasies,” aldus Wiebe Draijer. Hy meen Nederland moet konsentreer op sy sterkpunte in ‘n beperkte aantal sleutelgebiede. Deur skerp keuses vir ‘n aantal sterk ekonomiese sektore te maak, staan Nederland ‘n goeie kans om homself internasionaal te handhaaf, en van mededingers te onderskei.

Die dinkskrum kon egter nie ‘n seepgladde model op die tafel plaas nie. Dit gaan elke jaar meer Euro’s sluk, en tot 6 miljard in 2020 oploop. Boonop was Nederlanders in die verlede traag om keuses ten gunste van sekere bedrywe te maak. En ten laaste is die uitdaging dat nie net top-opgeleides betrek kan word nie, maar ook top-talent. En dit gaan innovering uit die boonste gestoeltes vereis.

Hoofbron: Trouw

лосины девочки описаниемлобановский харьков класс

Plaasmoorde begin Zimbabwe-karakter kry

“Plaasmoorde die afgelope naweek waar plaasaanvallers in groepe van tien tot sestien lede opereer, is uiters kommerwekkend en lyk op ‘n Zimbabwe-situasie. Die wrede plaasmoord van ‘n 54-jarige man en die verkragting van sy vrou en aanranding van ‘n 3-jarige kind naby Polokwane en een naby Carolina, waar ‘n vrou en kinders in ‘n houthuis aan die brand gesteek is, is uiters skokkend. Die aanvallers by Polokwane was ongeveer sestien en by Carolina meer as tien. In beide gevalle is niks gesteel of geroof nie. Dit is duidelik dat misdadigers met ‘n oormag optree om alle weerstand te vernietig en om maksimum intimidasie te verseker,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder oor Polisie vir die Vryheidsfront Plus.   

“Die Polokwane-moord was so wreed dat lede van die Polisie berading moes ontvang. Dit is ‘n bewys dat die aanvallers vrees by die gemeenskap wil inboesem. Wanneer groot groepe misdaad pleeg is dit nie net gewone kriminaliteit nie, maar is daar ‘n ander motief en agenda. Wat die Vryheidsfront Plus betref is hierdie ‘n tipiese optrede met ‘n politieke motief om mense van hulle grond af te verwilder en sal so gesien word totdat die teendeel bewys word,” sê Groenewald.

“Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, sal nou moet bewys dat sy woorde omgesit word in dade. Hy voer samesprekings met verskeie groepe, maar alles sal net lippediens wees as die Polisie nie daadwerklik toeslaan en plaasmoorde as ‘n prioriteit beskou en die misdadigers aan die kaak stel nie,” het Groenewald gesê.

wedding veil with tiaraФильчаков прокурор харькова

Julius se geheimsinnige tugverhoor

Ja, en toe ruk praag.co.za se spannetjie op na die ANC-perskonferensie in Luthuli-huis oor Malema se geheimsinnige tugverhoor wat “intern” gaan geskied en waaroor ‘n gesette, bebrilde Thandi Modise, ANC-adjunk-sekerataris-generaal, geen woord wou rep nie.

Wee die middestad van Johannesburg. Vuil, vervalle, ‘n skadu van sy vorige self en waar jy R20 vir parkeerplek in ‘n gebou sonder elektrisiteit betaal aan ‘n nie-amptelike wag wat die bewaker by die ENB-gebou oorkant die staat vir jou “reël”.

Luthuli-huis is baie geel, die agtergrond van die ANC-vlag wat mens oral teen die mure en op baniere aantref. Die sekuriteit is nie waffers nie. Trouens, ‘n Malema-ondersteuner weier na afloop om sy sakkie deur die X-straalmasjien te sit sodat daar byna ‘n geveg in die voorportaal ontstaan. Maar meer daaroor later.

Ons is effe laat en die mediakonferensie is reeds aan die gang. In die ANC se mediaverklaring staan onder die amusante hofie “Oor mynnasionaliseringstudietoere” die volgende: “Die ANC-jeugliga het die ANC ingelig oor hul studietoere na verskeie lande om verskeie nasionaliseringsmodelle te bestudeer. Die ANC respekteer die reg van die Jeugliga om nuwe kennis in te win tydens die proses van ‘n perspektief op die nasionalisering van mye te formuleer.”

Nou wonder ‘n mens hoe word dié lakoniese frase op die plaaslike en Londense aandelebeurse verstaan? Die BBC-man – nie Jonah Fisher wat laas uitgejaag is nie, maar ‘n plaasvervanger want op Facebook het Fisher my laat weet hy is met verlof – brom oor die bekommernisse van buitelandse beleggers tydens sy vraagbeurt. Nee wat, antwoord Thandi Modise, buitelandse beleggers behoort nie deur sulke studietoere afgeskrik te word nie.

Daar is heelwat vrae oor die aard van die dissiplinêre verhoor, maar sowat van ‘n staatsgeheim was daar sedert die presiese ligging van die land se kernbomme onder PW Botha nog nie in die land gewees nie. Die frase “interne aangeleentheid wat nie met die media bespreek sal word nie”, word oor en oor herhaal. Ek staan reg agter die kameramanne van die SAUK en e-tv, links van my die Britse kontingent van die BBC en die Londense Guardian. Ek het geen kamera saamgebring nie, maar neem sommer ‘n foto of twee van die figure voor hul geel en groen uitspansel met my selfoon.

Tydens die tweede rondte kry die uwe kans vir ‘n vraag. “Dan Roodt van praag.co.za.” Daar is ‘n effense beroering in die saal, dog ek gaan voort: “Daar word vermeld in u persverklaring dat die nasionalisering van myne ‘n legitieme studieveld by die ANC-jeugliga is. Maar mnr. Malema het so onlangs as verlede naweek ook taamlik radikale uitsprake oor grondbesit in die land gemaak en gemeen dat die huidige grondbesitters almal ’buitelanders’ sou wees. Hy het ook gesê dat stemreg niks beteken as dit nie tot die oordrag van grond lei nie. My vraag is dus: Verteenwoordig metodes van grondnasionalisering of radikale grondhervorming soos in Zimbabwe ook ‘n ‘legitieme studieveld’ vir die ANC-jeugliga en dalk vir u party?”

Dis nogal heel oulik hoe elke vraag genotuleer word en na so drie, vier vrae sorgvuldig beantwoord word, sy dit dan in vae, ontwykende terme.

Die antwoord op my vraag deur Thandi Modise van onder haar kopdoek is: “Die ANC-jeugliga beskik, net soos die res van die ANC-strukture (“straktjas” in die Rooitaal) soos die Vroueliga of die Umkhonto-veterane-assosiase, oor outonomie. Die liggaam bepaal sy eie beleid en standpunte. Daar is niks mee verkeerd om uit te gaan en kennis (oor nasionalisering) op te doen nie. Daar is ook niks fout met debat nie. Dit is wat die president in die parlement gesê het: dat die publiek met Malema in debat oor hierdie kwessies behoort te tree.

“Wat die grondkwessie betref, oral in Suid-Afrika praat mense oor grond. Die ANC sal nie die weg van ‘n Zim-grondgryp inslaan nie. Maar terselfdertyd moet die grondbehoeftes van ander rasse” – ja, sy gebruik die terme “rasse”, dus is ras geen “sosiale konstruk” hier by Luthuli-huis nie – “in ag geneem word. Ons het al male sonder tal gewaarsku dat, indien daar nie herverpsreiding van grond plaasvind nie, daar wel ‘n Zimbabwe sal gebeur.”

Dus: grondgryp is nie amptelike beleid nie, maar iewers op die horison loer dit tog vir ons, indien bepaalde persentasies grond nie aan “die ander rasse” oorgedra word nie.

‘n Swart joernalis in die voorste ry wie se naam ek nie registreer nie, vra ‘n vraag oor die gewraakte “Dubula ibhunu”-liedjie wat telkens deur Malema gesing is. Dit ontlok ‘n interessante ekskursie in die musikologie en die semantiek deur madame Thandi Modise (ja, onder aan die ANC-mediavrystelling teken sy haar naam op’t Frans as “Mme Thandi Modise”). Volgens haar vind ‘n mens die betekenis van ‘n swart liedjie in die eerste twee tot drie reëls. Die frase “dubulu ibhunu” (“skiet die Afrikaners”) kom eers aan die einde, tydens die refrein, voor. Daarom behoort dit nie so ernstig opgeneem te word nie.

Die ANC stem nie saam met die hofuitspraak dat die liedjie “Skiet die Afrikaners” haatspraak verteenwoordig en dus verbied behoort te word nie. Nietemin sal die party die hofuitspraak respekteer. “Kyk, dis soos ‘n “Slegs blankes”-bordjie by die Robbeneilandmuseum,” gaan sy voort. “Ons kan nie voorgee dat daar nie sulke bordjies bestaan het nie. Ons kan ook nie voorgee dat daar nie liedjies soos ‘Skiet die boere’ gesing is nie. Dis deel van ons geskiedenis. Ons kan ook nie voorgee dat die Pondo’s nie teen die blanke owerheid in opstand gekom het nie. Of dat die Britte nie Afrikanervroue en -kinders by Klerksdorp aangehou het waar baie gesterf het nie,” laasgenoemde synde ‘n sydelingse verwysing na die Britse konsentrasiekampe van die Tweede Vryheidsoorlog. Ten slotte sê Modise: “Ons besef egter dat hierdie deel van ons geskiedenis met omsigtigheid gehanteer moet word en dat sulke liedjies nie gebruik moet word om verdeeldheid en rassegevoelens te saai nie.”

Daar is ook ‘n sterk gevoel by die ANC dat die media “sonder integriteit optree en die president teen die Jeugligapresident afspeel”. In die vertrek op die elfde vloer heers ‘n gespanne atmosfeer tussen die versameling laegraadse woordverwerkers (joernaliste), kameramanne en die ANC-verteenwoordigers. Dis amper soos ‘n hofsaak tussen twee vyandige partye wat hom voor jou afspeel. Die ANC is lank nie meer die liefling van die Suid-Afrikaanse pers of selfs van die buitelandse pers nie.

Voor die einde van die mediakonferensie vertrek ons. Onder in die gebou gekom, moet ek vinnig gaan geld trek om my swartmarkparkering in die donker gebou te bekostig. ‘n Lang, skraal swart met ‘n rooi hemp onder ‘n baadjie kom by die voordeur ingewandel met ‘n sakkie by hom waarin maklik ‘n vuurwapen versteek kon word. Hy weier egter om die sakkie deur die x-straalmasjien te laat gaan, asof hy iets het om weg te steek. ‘n Woordewisseling met die veiligheidswagte onstaan.

Woerts, spring ‘n gelerige swart vrou van die rusbank onder die geel muurversiering in die ingangsportaal neffens die hysbakke op en bars uit. “Jou stuk gemors, voetsek! Jou stuk gemors, voetsek!” Sy skree die woorde oor en oor. Dit blyk dat die skraal swart man met die rooi hemp ‘n Malema-ondersteuner is. “Malema is magtig!” snou hy haar toe. “Hy gaan president word!” Die dosyn of wat swartes wat in die ingangsportaal rondgemaal of -gesit het, vorm nou skielik twee vyandige groepe wat opgewonde babbel en skree. Hulle gluur mekaar aan asof daar enige oomblik geweld gaan uitbreek. Dan gee die man met die rooi hemp in en laat sy sakkie deur die x-straalmasjien ondersoek. Geen wapen nie.

Hy gaan haal die hysbak. Blykbaar is sy held, Malema, iewers in die gebou in sy kantoor. Hy het egter nie die mediakonferensie bygewoon en die trop joernaliste getrotseer nie.

Te oordeel aan die insident in die ingangsportaal loop gevoelens in Luthuli-huis tussen die verskillende faksies nogal hoog. Iets laat my dink dat hoe meer die spanning in die ANC tussen die “volwasse” party onder Zuma en die jeugliga onder Malema gaan verhoog, hoe minder gaan die verklarings wat die party uitreik enige sin maak.

Spanning vernietig die sin van dinge, dink ek by myself as ek nie sonder ‘n sekere haas die vervalle middestad van Johannesburg verlaat nie. Miskien is dit die semantiese les wat Thandi Modise in haar ontleding van die “Skiet die Afrikaners”-liedjie aan ons wou oordra. ‘n Franse frase uit ‘n vergete boek van Jean Baudrillard skiet my te binne, wat sou kon vertaal, iets in die trant van: “Die innerlike nag van sy brein.”

In hierdie dolle land en dolle tyd met die geweldige spanning waaronder ons almal verkeer, heers daar ‘n innerlike duisternis by baie wat ons beswaarlik nog met ons woorde kan verklaar of kan besweer.машина для дітейтопкарго отзывы

Diensleweringsgeweld lei tot rassepolarisasie

Die Vryheidsfront Plus is bekommerd oor toenemende rassepolarisasie wat uit protesaksies teen swak dienslewering voortvlooi.  So sê mnr Hennie van Staden, VF Plus raadslid vir Randfontein.

‘n Protesaksie by die Siyahlala plakkerskamp en die aangrensende Buderile plakkerskamp  in Brandvlei, Randfontein het die afgelope naweek hand uitgeruk toe inwoners besluit het om hul mobiele groen toilette na die munisipale kantore en hoofpad te sleep en aan die brand te steek.  In die proses is padtekens uitgeruk en gevandaliseer waarna die SAPD met klippe en bakstene bestook is.

Volgens van Staden kon plaasboere in die omgewing nie hul wonings verlaat nie omdat die toegangsroetes na die plase deur die protesaksie geblokkeer was en moes hulle letterlik ure wag voordat die pad weer veilig was.

Die protesaksie is ook nie die eerste in die Brandvleigebied nie.  Inwoners het vroeër reeds om behuising betoog waarna 700 huise sonder die nodige dienste voorsien is.

Die ANC stadsraad pluk nou die vrugte van onuitvoerbare beloftes.  Die VF Plus eis dat die raad nou verantwoordelik begin optree omdat menselewens deur vals beloftes in gevaar gestel word.

опухла щека зуб не болитданильченко юрій броніславович

‘Tot breekpunt gedryf’

“Die plaasaanval in Noordwes op mnr. Karel Griessel en sy twee dogters is ‘n bewys dat geweldsmisdaad buite beheer is. 

“Die polisie op Klerkskraal, in wie se gebied die plaasaanval plaasgevind het, kon nie telefonies of per radio bereik word nie en dit wil voorkom asof die polisiestasie of onbeman of die lede aan die slaap was. Dit is totaal onaanvaarbaar en die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, gaan versoek word om op te tree aangesien sulke laksheid bydra dat misdadigers nie die polisie vrees nie en maklik ontsnap.

“Die boeregemeenskap was weereens op hulle self aangewese om mnr. Griessel te hulp te snel. Die polisie op Potchefstroom het later reageer, maar die aanvallers het toe reeds gevlug.

“Plaasaanvalle in Noordwes neem onrusbarend toe en dit kan toegeskryf word aan haatspraak en veral opruiende uitlatings van die ANC-jeug asook van Cosatu in Noordwes,” het mnr. Pieter Groenewald, VF Plus-provinsiale leier in Noordwes en hoofwoordvoerder oor Polisie, gesê.

“Die minister van Polisie sal moet antwoorde verskaf oor hoekom die polisie op Klerkskraal nie beskikbaar was nie. Dit is sulke optredes wat daartoe bydra dat veral geweldsmisdaad, maar ook misdaad in die algemeen floreer en nie onder beheer gebring word nie.

“Cosatu blaas gereeld rassehaat aan omdat hy plaasaanvalle wil regverdig asof dit die boere is wat rassisme bedryf. Hierdie optredes sal onmiddellik gestaak moet word, anders sal boeregemeenskappe reg in eie hande begin neem omdat plaasaanvalle en plaasmoorde emosies nou tot breekpunt dryf,” het Groenewald gesê.

купить летнюю одежду для девочкиДанильченко

SA se watergehalte power

Nege munisipale waterowerhede het nie deelgeneem aan die regering se watergehalte-assesseringsprogram nie.

Blue Drop, die departement van omgewingsake en waterwese se assesseringsprogram, is daargestel om die gehalte van drinkwater wat deur Suid-Afrikaanse munisipaliteite en waterowerhede verskaf word, te reguleer.

Van die 787 munisipale waterowerhede wat aan die assessering deelgeneem het, het slegs 38 Blue Drop-status bereik vir 2010.

Rejoice Mabudafhasi, adjunkminister van waterwese en omgewingsake, het probeer walgooi deur te wys daarop dat waterverskaffers wat nie die Blue Drop-status behaal het nie, nie noodwendig water van swak gehalte verskaf nie.

Slegs munisipaliteite wat ‘n telling van 95 persent en meer behaal het, het die Blue Drop-status behaal.

In die verslag van 269 bladsye het assesseerders hul teleurstelling uitgespreek dat nege munisipaliteite glad nie ingestem het om geassesseer te word nie.

дитячи коляскиЛобановский Харьков

Julius skotvry

Die Times Live berig dat alle aanklagte teen die omstrede president van die ANC-jeugliga (ANCYL), Julius Malema, laat vaar gaan word deur die ANC.

Die ANC wou nie dadelik kommentaar lewer oor die wending nie, maar verskeie bronne na aan die jeugliga het bevestig dat Malema nie vervolg sal word nie.

Maandag is daar berig dat Malema diisiplinêre aksie in die gesig staar weens sy swak dissipline. 

President Jacob Zuma het egter volgens ingeligte bronne Maandag onverwags van mening verander. By ‘n vergadering met ANC-leiers is besluit om die klagtes teen Malema terug te trek.

Alhoewel Mathews Phosa nie opgedaag het nie en Gwede Mantashe vroeg geloop het, het visepresident Kgalema Motlanthe, adjunksekretaris-generaal Thandi Modise en nasionale voorsitter Baleka Mbete saam met Zuma besluit om die Jeugligaleier te verskoon.

Dit is glo algemeen bekend dat Phosa goeie verhoudinge met China handhaaf en Chinese belange op die hart dra.

Motlanthe het blykbaar deurentyd aangedring dat die dissiplinêre verhoor teen Malema wat volgende maand sou begin, moet voortgaan, maar Zuma het later geswig voor die druk en ingegee.

Die klagtes teen Malema sluit in: Sy uitsprake na afloop van sy besoek aan Zimbabwe wat Suid-Afrika se onderhandelingsposisie bemoeilik, sy bewering dat Zuma erger is vir die Jeugliga as Mbeki, verbode kommentaar oor Eugene Terre’Blanche se dood en die sing van ‘n verbode liedjie, asook die feit dat hy ‘n BBC-joernalis ‘n “baster” en ‘n “bleddie agent” genoem het.

Die Jeugliga het daarop gewys dat Malema Zimbabwe besoek het met die seënwense van Zuma en dus nie daarom verantwoordelik gehou kan word vir sy optrede nie.

Die atmosfeer was glo deurentyd gespanne, omdat “Julius baie mag het”, volgens ‘n bron binne die Jeugliga.

Dié besluit is ná afloop van ‘n vergadering met die jeugliga Maandag geneem. Dié nuwe wending sal Dinsdag tydens ‘n perskonferensie deur Modise bekend gemaak word.

набор пневмоинструментаФильчаков Александр Васильевич

AWB ontmoet minister van polisie

Minister van polisie, Nathi Mthethwa, sal Maandagoggend ‘n Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) afvaardiging ontmoet, het ‘n regeringsamptenaar bevestig.
  
“Die vergadering is aangevra deur die AWB,” sê Mthethwa se woordvoerder Zweli Mnisi.
  
Hy het gesê die regse organisasie – wie se leier, Eugene Terre’Blanche twee weke gelede doodgekap is op sy plaas  – wil “sekere moorde” bespreek.

“Ons sal ons landelike veiligheidsprogram met hulle deel,” sê Mnisi.
  
Die minister, die sekretaris van die polisie, Jenny Irish-Qhobosheane, en Mnisi sal teenwoordig wees tydens die vergadering met die AWB.
  
Die AWB se algemene sekretaris Andre Visagie sal na verwagting die vergadering om 8vm in Pretoria saam met ander AWB-lede bywoon.

‘n Vyftigjarige man is Sondag op ‘n plaas buite Ventersdorp, waar Terre’Blanche vermoor is, aangeval.
  
Hy is na die hospitaal gehaas met verskeie steekwonde aan die been nadat hy aangeval toe hy na buite gegaan het om te kyk waarom sy honde blaf, het paramedici gesê.
  
Terre’Blanche is twee weke gelede doodgekap op sy plaas .

Vier mense was teenwoordig tydens die moord op die AWB-leier en twee, waarvan een glo minderjarig is, is intussen in hegtenis geneem vir die daad. Die ander twee, ook minderjarig, is in ‘n plek van veilige bewaring.

игры двчкФільчаков Олександр Васильович прокурор