Julius skotvry

Die Times Live berig dat alle aanklagte teen die omstrede president van die ANC-jeugliga (ANCYL), Julius Malema, laat vaar gaan word deur die ANC.

Die ANC wou nie dadelik kommentaar lewer oor die wending nie, maar verskeie bronne na aan die jeugliga het bevestig dat Malema nie vervolg sal word nie.

Maandag is daar berig dat Malema diisiplinêre aksie in die gesig staar weens sy swak dissipline. 

President Jacob Zuma het egter volgens ingeligte bronne Maandag onverwags van mening verander. By ‘n vergadering met ANC-leiers is besluit om die klagtes teen Malema terug te trek.

Alhoewel Mathews Phosa nie opgedaag het nie en Gwede Mantashe vroeg geloop het, het visepresident Kgalema Motlanthe, adjunksekretaris-generaal Thandi Modise en nasionale voorsitter Baleka Mbete saam met Zuma besluit om die Jeugligaleier te verskoon.

Dit is glo algemeen bekend dat Phosa goeie verhoudinge met China handhaaf en Chinese belange op die hart dra.

Motlanthe het blykbaar deurentyd aangedring dat die dissiplinêre verhoor teen Malema wat volgende maand sou begin, moet voortgaan, maar Zuma het later geswig voor die druk en ingegee.

Die klagtes teen Malema sluit in: Sy uitsprake na afloop van sy besoek aan Zimbabwe wat Suid-Afrika se onderhandelingsposisie bemoeilik, sy bewering dat Zuma erger is vir die Jeugliga as Mbeki, verbode kommentaar oor Eugene Terre’Blanche se dood en die sing van ‘n verbode liedjie, asook die feit dat hy ‘n BBC-joernalis ‘n “baster” en ‘n “bleddie agent” genoem het.

Die Jeugliga het daarop gewys dat Malema Zimbabwe besoek het met die seënwense van Zuma en dus nie daarom verantwoordelik gehou kan word vir sy optrede nie.

Die atmosfeer was glo deurentyd gespanne, omdat “Julius baie mag het”, volgens ‘n bron binne die Jeugliga.

Dié besluit is ná afloop van ‘n vergadering met die jeugliga Maandag geneem. Dié nuwe wending sal Dinsdag tydens ‘n perskonferensie deur Modise bekend gemaak word.

набор пневмоинструментаФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae