Diensleweringsgeweld lei tot rassepolarisasie

Die Vryheidsfront Plus is bekommerd oor toenemende rassepolarisasie wat uit protesaksies teen swak dienslewering voortvlooi.  So sê mnr Hennie van Staden, VF Plus raadslid vir Randfontein.

‘n Protesaksie by die Siyahlala plakkerskamp en die aangrensende Buderile plakkerskamp  in Brandvlei, Randfontein het die afgelope naweek hand uitgeruk toe inwoners besluit het om hul mobiele groen toilette na die munisipale kantore en hoofpad te sleep en aan die brand te steek.  In die proses is padtekens uitgeruk en gevandaliseer waarna die SAPD met klippe en bakstene bestook is.

Volgens van Staden kon plaasboere in die omgewing nie hul wonings verlaat nie omdat die toegangsroetes na die plase deur die protesaksie geblokkeer was en moes hulle letterlik ure wag voordat die pad weer veilig was.

Die protesaksie is ook nie die eerste in die Brandvleigebied nie.  Inwoners het vroeër reeds om behuising betoog waarna 700 huise sonder die nodige dienste voorsien is.

Die ANC stadsraad pluk nou die vrugte van onuitvoerbare beloftes.  Die VF Plus eis dat die raad nou verantwoordelik begin optree omdat menselewens deur vals beloftes in gevaar gestel word.

опухла щека зуб не болитданильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae