AWB ontmoet minister van polisie

Minister van polisie, Nathi Mthethwa, sal Maandagoggend ‘n Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) afvaardiging ontmoet, het ‘n regeringsamptenaar bevestig.
  
“Die vergadering is aangevra deur die AWB,” sê Mthethwa se woordvoerder Zweli Mnisi.
  
Hy het gesê die regse organisasie – wie se leier, Eugene Terre’Blanche twee weke gelede doodgekap is op sy plaas  – wil “sekere moorde” bespreek.

“Ons sal ons landelike veiligheidsprogram met hulle deel,” sê Mnisi.
  
Die minister, die sekretaris van die polisie, Jenny Irish-Qhobosheane, en Mnisi sal teenwoordig wees tydens die vergadering met die AWB.
  
Die AWB se algemene sekretaris Andre Visagie sal na verwagting die vergadering om 8vm in Pretoria saam met ander AWB-lede bywoon.

‘n Vyftigjarige man is Sondag op ‘n plaas buite Ventersdorp, waar Terre’Blanche vermoor is, aangeval.
  
Hy is na die hospitaal gehaas met verskeie steekwonde aan die been nadat hy aangeval toe hy na buite gegaan het om te kyk waarom sy honde blaf, het paramedici gesê.
  
Terre’Blanche is twee weke gelede doodgekap op sy plaas .

Vier mense was teenwoordig tydens die moord op die AWB-leier en twee, waarvan een glo minderjarig is, is intussen in hegtenis geneem vir die daad. Die ander twee, ook minderjarig, is in ‘n plek van veilige bewaring.

игры двчкФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae