President Obama het op 15 April aangekondig, dat asteroiedes nou NASA se top-prioriteit sal wees, eerder as missies na die Maan en Mars.
Obama het die verrassende aankondiging by die Kennedy Ruimtesentrum gedoen, terwyl ‘n NASA-taakgroep bestaande uit ingenieurs en eks-ruimtevaarders soos Russell Schweickart in Boston bymekaar gekom het vir die beraming van ‘n plan om ‘n asteroiedebotsing met die aarde te verhoed.
NASA hou sowat 7 000 asteroides groter as ‘n paar meter in deursnee dop. Die kleiner asteroides van minder as 400 meter in deursnee hou die grootste gevaar vir die aarde in, maar NASA wou nie bekend maak spesifiek watter asteroiede hulle top-prioriteit is nie.
Volgens Russell Schweickart is dit egter geen geheim nie: ‘n Atenklas-asteroide, aspris gedoop Aphophis, het in 2004 die voorblaaie op Aarde gehaal toe dit ‘n 4 op die Torino-trefskaal gehaal het.
Die berekende kans is tans 1 uit 44 000 dat Aphopis toevallig op Vrydag die 13de April 2029 deur ‘n gravitasie-sleutelgat sal beweeg, 34 000km vanaf die aardoppervlak.
Die baan van Aphopis is berekenbaar tot met ‘n akkuraatheid van 1 500m, terwyl die gravitasiesleutelgat 600m groot is. Dit is dus nie uitgesluit dat Aphopis wel deur die sleutelgat sal beweeg ten spyte van die beste rekenaarberekeninge nie. Sou dit gebeur, sal die Aten-sonklas asteroide orbitaal resoneer, wat sy baan sal verander tot die van ‘n aardbotser: ‘n Apollo-maanklas asteroiede. Vir hierdie rede het die ontdekkers die 300m groot Aten-asteroide gepas Aphopis gedoop. Aphopis oftewel die Egiptiese god Apep, was die vyand en vernietiger van Aten-Ra as lig en lewegewer in die Duat, die doderyk van die aarde.
Sou Aphopis per ongeluk op Vrydag die 13de deur die gravitasiesleutelgat in die aarde se geosynchrone kommunikasie-satellietbane beweeg, sal dit presies sewe jaar later op 13 April 2036, mees waarskynlik in die Stille Oseaan aan die Amerikaanse Weskus land, met die impakskok van 200 miljoen ton TNT. Dan sal dit ‘n gat van meer as 1 000 meter diep in die water val, en die gevolglike stel tsunamis van 15m hoe golwe sal kusstede gelee op die San-Andreas aardoppervlakfout, soos San Francisco en Los Angeles terroriseer.
Om die plaaslike paniek en die peperduur ontruimingskoste van sulke reuse stede in Kalifornie te verhoed, het eks-ruimtevaarder Russell Schweickart vir NASA gevra om asteroiede Aphopis te teiken en te “tag”.
Volgens die Obama-Withuis se wetenskapraadgewer en woordvoerder tydens die swart Ameriaanse President se opspraakwekkende asteroiede-aankondiging, John Holdren, is die doel van NASA se asteroiedlandings om dit ‘n tydige stoot te gee sodat ons “vir eens en vir altyd sou demonstreer dat ons slimmer is as die dinosouriers en kan verhoed wat hulle nie kon nie.”
Daar bestaan egter ook ‘n baie klein moontlikheid dat slim sy baas kan vang, en dat NASA se beplande ingryping in die wentelbaan van asteroiedes soos Aphopis, juis die asteroide in die gravitasiesleutelgat kan laat beland, vanwee kompliserende faktore soos die Yarkovski-effek.
Die langslewende organismes op aarde is bakterie, en hulle besit ook die minste intelligensie van alle dier-mensspesies op die pragtige planeet, wat al verskeie kere deur vallende klippe uit die lug verwoes is, soos Mars.