Swart jeug moet militant wees sê minister van polisie

 

Jong mense moet militant en lewenskragtig wees in plaas van gedweë volgelinge, sê polisieminister Nathi Mthethwa.

Hy het Sondag studenteleiers van tersiêre instellings in die Nasionale Vereniging van Studenteontwikkeling se praktisynskonferensie in Durban toegespreek. Die konferensie is bedoel vir studenteleiers om idees te wissel oor die hantering van kwessies soos misdaad en MIV-vigs aan universiteite.

Mthethwa het gesê dat die voormalige president Nelson Mandela ‘n uitgesproke en belangrike komponent van die gewapende stryd in sy jeug was, terwyl die ontslape Robert Resha en Peter Mokaba gepraat het oor die moord op wit mense.

“Die ANC het nie vir Peter Mokaba doodgemaak nie, het hy voortgegaan om ‘n leier op die politieke kaart van die land te wees. Ons moet nie die jeug tot kalmte maan maan nie. Ons wil die militantheid en lewenskragtigheid hê, dit alles moet daar wees nie,” het hy gesê.

Mthethwa, ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, het gepraat op die vooraand van die ANC-jeugliga president Julius Malema, se dissiplinêre verhoor, wat Maandag begin het.

Malema word beskuldig daarvan dat hy die ANC in diskrediet gebring het en van wangedrag omdat hy die die ANC se beleid verontagsaam het.

Mthethwa het egter ontken dat sy kommentaar bedoel is om Malema, wat nie by name genoem is tydens sy toespraak nie, te verdedig.

Hy het gesê hy verwys na die aard van die ANC, wat nooit deur “inskiklik” leiers gelei is nie.

“Mense moet gebou word, nie vernietig nie. Die belangrikste ding is dat wanneer daar ‘n oorlog te voer is in ‘n revolusionêre situasie, moet die jeug aan die voorpunt van die situasie wees. Nelson Mandela was uiters militant tot die mate dat hy buite orde opgetree het. Resha was militant tot op die punt dat hy oproepe gedoen het om mense te vermoor.

“Jong mense moet binne grense optree, maar nie soos stomp voorwerpe. Ons sou nie hier gewees het as Mandela vernietig was nie. Ek verdedig niemand nie,” sê Mthethwa.

Hy het ook die geleentheid gebruik om die militarisering van die polisie te verdedig, en gesê die regering wou ‘n “strenger” standpunt oor misdaad inneem.

Hy het bygevoeg dat die polisie misdaad wil bekamp binne die grense van die wet.

“Ons het in ons benadering tot polisiëring gebalanseerde optrede beklemtoon sodat daar ‘n groter verantwoordelikheid en burgerlike oorsig van die polisie kan wees,” het hy gesê.

веники из можжевельника когда заготавливатьлобановский александр отзывы

Roodt spreek skok oor Jackson-moord uit

Lolly JacksonIn sy hoedanigheid as inligtingshoof van die Vryheidsfront Plus in Gauteng het dr. Dan Roodt sy skok en afgryse oor die moord op mnr. Lolly Jackson uitgespreek. Komende ná die noodlottige aanslag op mnr. Eugène Terre’Blanche, wil dit voorkom asof moorde op openbare figure in Suid-Afrika so algemeen geraak het dat die land ‘n rampokkerstaat genoem kan word.

Die Vryheidsfront Plus betuig sy meegevoel met Jackson se gesin, asook sy vele vriende, kennisse en aanhangers wat vandag intens hartseer moet wees oor die wrede heengaan van ‘n kleurryke man.

Volgens dr. Dan Roodt, het hy Jackson onlangs vir die eerste keer by die voorvertoning van die film waarin hy homself speel, ontmoet. “Ongeag sy taamlik immorele sakebedrywighede en spoedoortredings, het Jackson my getref as ‘n intelligente, innemende man wat boonop ‘n patriotiese Suid-Afrikaner was. Hy het trots vertel dat hy in Angola vir die ou Suid-Afrikaanse Weermag geveg het. Lolly Jackson het ook, ongeag sy geboorte in die buiteland, vlot Afrikaans gepraat.”

As iemand wat in die Kongo gebore is en gesien het hoe dié eens welvarende Belgiese kolonie in anargie verval het, was Jackson bekommerd oor die stygende geweld en wanorde in Suid-Afrika. “Tydens ons gesprek by die filmateljee, het Jackson sy kommer teenoor my uitgespreek oor wat ná die Sokkerwêreldbeker kon gebeur. Hy het voorspel dat Suid-Afrika in ‘n spiraal van geweld en etniese konflik sou verval, min wetende dat hy self nog vóór die sokkerskouspel ‘n slagoffer van die anargie sou word,” het Roodt gesê.

Die Vryheidsfront Plus wil weereens ‘n beroep op die publiek doen om die bedreiging van misdaad en aanvalle op lede van minderheidsgroepe baie ernstig op te neem en by gemeenskapsveiligheidsorganisasies betrokke te raak.

“Ons eis insgelyks van die ANC-regering dat die wapenwet hersien moet word en dat wapenlisensies baie vinniger uitgereik moet word om wetsgehoorsame burgers in staat te stel om hulself te beskerm teen die waaragtige oorlog wat misdadigers en rassistiese moordbendes teen hulle voer,” het Roodt gesê.

лосины для девочки с описаниемлобановский александр интервью

VSA ontbloot glo ‘staatsgeheim’

Die Verenigde State het Maandag vir die eerste keer sedert 1962 bekend gemaak wat die grootte van sy kernarsenaal werklik is. Dié stap word deur amptenare beskryf as ‘n ongekende onthulling van ‘n “staatsgeheim” en ‘n poging om ander lande om aan te moedig om hul kernvermoëns bloot te lê.

Die Pentagon het aangekondig dat die VSA tans 5 113 atoomkoppe in voorraad hou, ‘n 84% vermindering van ‘n hoogtepunt van 31 255 koppe in 1967.

“Vir diegene wat twyfel dat die Verenigde State sy deel sal doen vir ontwapening, dit is ons inventaris, dit is ons belofte, en dit stuur ‘n duidelike, onmiskenbare sein,” het die Amerikaanse minister van buitelandse sake Hillary Clinton voor die VN se konferensie oor die Kernsperverdrag gesê.

Haar kommentaar kom as ‘n direkte reaksie teen opmerkings wat vroeër deur Iranse president Mahmoud Ahmadinejad, gemaak is.  Hy het gesê die VSA het nie sy nie-proliferasie verpligtinge nagekom nie en maak gebruik van kernwapens om ander lande te bedreig.

“Vanoggend, het Iran se president dieselfde ou, valse en soms wilde beskuldigings teen die Verenigde State en ander partye op hierdie konferensie gebring,” het Clinton gesê. “Dit is nie verbasend nie … Iran sal doen wat hulle kan om aandag weg van sy eie geskiedenis te probeer lei en verantwoordelikheid te ontduik.”

купить тамбов шланги высокого давленияОлександр Фільчаков прокурор

Motief vir moord op Teazers-eienaar onbekend

Die motief agter die moord op die omstrede Teazers-eienaar Lolly Jackson is nog nie bekend, het die Gauteng polisie Dinsdagoggend gesê.

“Ons weet nie wat die motief is op hierdie stadium …. en ja ons kan bevestig dat die slagoffer Lolly Jackson is,” het woordvoerder Kolonel Euguene Opperman gesê. Hy kon nie sê of enige besittings geneem is nie.

“Dit is moeilik om te sê of daar iets geneem is uit die huis, en of hy [Jackson] alleen was dten tye … Ek kan dit net nie antwoord nie,” het Opperman gesê.

Die ontkleeklubbaas is in Kempton Park, oos van Johannesburg, Maandagaand in ‘n koeëlreën neergevel.

Ekurhuleni polisiewoordvoerder, Sersant Madumo Tsholofele het gesê Jackson het 15 skietwonde opgedoen en dat die misdaad plaasgevind het by sy vriend se huis.

Polisie was op die toneel in die vroeë oggendure van Dinsdag en teen 5:30, het Opperman gesê het geen arrestasies nog plaasgevind nie.

Die polisie is ingelig oor die misdaad nadat ‘n man wat beweer het dat hy die skut was, gebel het.

“Ons kan nie sê of hy [die moordenaar], uit die dieselfde huis gebel het nie, maar dit sal uitkom tydens die ondersoek.

“Polisie het die oproep ontvang en daarna na die perseel gegaan en gevind dat die huis gesluit was. Beamptes het die eienaar van die onderneming gelas om te kom en die perseel oop te sluit,” sê Opperman. 

Die liggaam is in ‘n plas bloed gevind.

Die moordenaar het van die toneel gevlug in die Jeep Cherokee van Jackson.

детские интернет магазиныАлександр Фильчаков Васильевич

Minister gaan Aurora ondersoek

Die minister van Arbeid, mnr. Membathisi Mdladlana, het ‘n ondersoek geloods by die Aurora-mynmaatskappy omdat geen betalings vir werkloosheidversekering ontvang is nie. Dit volg nadat mnr. Pieter Groenewald, parlementslid en leier in Noordwes van die Vryheidsfront Plus, ‘n vraag in die parlement hieroor gevra het.
In antwoord op die vraag het Mdladlana erken dat geen gelde ontvang is nie en dat ondersoek gedoen word in terme van die voldoening aan die vereistes van die Werkloosheidversekeringswet en die Werkloosheidversekerings Bydraewet. 

“Die erkenning van die minister dat geen werkloosheidgelde oorbetaal is deur Aurora nie, skep ‘n oortreding van die versekeringswette deur Aurora. Daar sal streng teen Aurora opgetree moet word en ek sal dit monitor. Dit is onaanvaarbaar dat maatskappye toegelaat word om groot bedrywe soos mynbou te bedryf waar duisende werknemers betrokke is, maar nie in staat is om hulle werknemers te betaal nie.

Daar kan nie uitsonderings vir swart bemagtigingsmaatskappye soos Aurora gemaak word nie. Werknemers is afhanklik van ‘n werk om vir hulle gesinne te sorg en indien hulle werkloosheidsversekering nie oorbetaal word nie, skep dit ‘n krisis vir broodwinners,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus.

“Ek het ook ‘n vraag aan die minister van Mynbou, me. Susan Shabangu, gevra en wil weet of haar department verseker het dat die Aurora-mynmaatskappy in staat was om ‘n myn te bestuur vir sy bedrywighede in Orkney en Grootvlei met die toestaan van hulle lisensie. Indien nie, wil ek weet hoekom nie, en indien wel, watter kriteria toegepas was en in watter mate is aan die kriteria voldoen. Ek wag nog vir die minister se antwoord,” het Groenewald gesê.

casinos noАлександр Фильчаков

Persvryheiddag

“Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het met kommer kennis geneem van die aantal regeringshoofde met wie Suid-Afrika noue bande handhaaf, wat op Verslaggewers sonder Grense se lys van media-muishonde voorkom.

“Dit sluit die leiers van Swaziland, Zimbabwe, Rwanada, Kuba en Tunisië in,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.

“Die webwerf van Verslaggewers Sonder Grense dui ook aan dat 9 verslaggewers vanjaar reeds in die uitvoering van hul pligte omgekom het.

Die feit dat 168 joernaliste, en 120 webskrywers in aanhouding is, dui ook dat mediavryheid nog nie volkome bereik is nie. Demokrasie sonder persvryheid is nie veel werd nie,” sê Botha, waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA).

воронеж опциипрокурор Фильчаков

‘Omdat julle wit is en vryheidsliedjies sing’

“Omdat julle wit is en vryheidsliedjies sing,” was die polisie se verklaring nadat hulle ‘n oormag swaar gewapende swart polisiemanne in ’n Afrikaanse kroeg losgelaat het, vroue gemolesteer het, besittings gesteel het en rassistiese aanmerkings teenoor die oorblufte gaste geuiter het.

Selfs die sanger MD Greyling, wat die aand in Le Cafe Des Sports in Ellisras opgetree het, is deursoek.

“Dit is nie asof ek ’n vuurwapen of dwelms aan my gehad het nie. Ek het maar net gesing.”

Die Afrikaners  wat verlede Vrydagnag in die kroeg deur die polisie vasgekeer is, het gereageer deur Die Stem uit volle bors te sing. Later het De la Rey opgeklink.

Die Suid-Afrikaanse volkslied het die aanvoerder van die sowat sestig polisielede kennelik dwars in die krop gesteek en hy het opdrag gegee het dat almal opsluit deursoek moet word.

Die optrede is volgens die polisie deel van ‘n spesiale operasie wat geloods is.

Die ontstelde polisiebevelvoerder het by aanhoor van die volkslied gebulder dat die Afrikaners in die kroeg “buite beheer” is.

’n Plaaslike landdros, wat in die kroeg was ten tye van die voorval, het gesê die polisie mag nie sonder ’n lasbrief kliënte deursoek nie.

Daarna het die polisiebevelvoerder aan die eienaar en die landdros geskree: “Fuck you and fuck the judge,” en het sy manne opdrag gegee om die mense vir dwelms en wapens te deursoek.

Steve Geldenhuys, die kroegeienaar, het ’n klag van crimen injuria teen lt.kol. Shokwane gelê nadat dié in sy gesig geskree het: “Fuck you.”

Nog een van die vrouegaste het ’n klag van aanranding teen die polisie gelê. Verskeie vroue het ook diefstalklagtes gelê.

Oogetuies sê die polisie was duidelik op soek na konflik.

 

 

 

casino slots games freeлобановский класс харьков

Plakkers bedreig Wesmoot

Die Vryheidsfront Plus het die wrede en onverdiende aanval Saterdagoggend op die tagtigjarige mnr Jan du Toit, van die Kameeldrift-wes hoewes, ten sterkste veroordeel.

Die verteenwoordiger van die VF Plus in die Wesmoot, Philip van Staden, het in reaksie op die aanval gesê dat die regering direk verantwoordelik gehou moet word vir hierdie dade. Hy het bygevoeg dat die lied “skiet die boer” wat deur Julius Malema van die ANC gesing is, nie net gelei het tot die moord van Mnr Eugene Terre’blanche nie maar dat inwoners op landelike sowel as stedelike gebiede ook aangeval en vermoor word.

Van Staden het ook bygevoeg dat sy gesprek met die Staatspresident, Jacob Zuma, tydens sy besoek aan die Wesmoot aan die begin van April 2010 egter geen vrugte afgewerp het nie en dat die President nooit sy beloftes teenoor die gemeenskap nagekom het nie.

So ook het die Burgemeester van Tshwane Metroraad ook nog nie haar beloftes rondom dringende samesprekings nagekom nie.  Van Staden voorspel dat die aanvalle in die Wesmoot drasties gaan styg indien die 17000 plakkers vanaf Atteridgeville na die Wesmoot verskuif gaan word.  Hy het ook beklemtoon dat die misdaadsyfer in die gebied, wat tans baie hoog is, toegeskryf kan word aan die feit dat daar verskeie plakkerskampe in die Wesmoot opgeskiet het en dat die regering niks daaraan doen om die plakkers te verwyder nie.

Van Staden gaan dringende samesprekings met verskillende gemeenskapsleiers in die Wesmoot aanvra om die veiligheidsituasie in die Wesmoot te bespreek.  Na die afhandeling van hierdie samesprekings sal daar dan ‘n deurdagte veiligheidsplan bekend gemaak word. Samesprekings het reeds met verskillende Afrikaner organisasies plaasgevind.

Van Staden wens mnr du Toit en sy familie sterkte toe nadat hy ‘n dringende operasie moes ondergaan.  Mnr du Toit is in die maag geskiet nadat daar ‘n kombers oor sy kop getrek is. Die aanvallers het slegs met ‘n klein radio en ‘n selfoon gevlug.

материал дляФильчаков прокурор харькова

Matabeles wil teen Noord-Korea se sokkerspan betoog

‘n Opposisiegroep in Harare het onderneem om teen Noord-Koreaanse sokkerspelers, wat beplan om voor die Wêreldbekersokkertoernooi in die Zimbabwiese hoofstad te oefen, te betoog.

Die Zimbabwe African People’s Union het Donderdag gesê dat mense in Zimbabwe se westelike provinsie van Matabeleland nog nie vir Noord-Korea vergewe het dat hulle troepe opgelei het wat in die 1980’s ‘n gewapende Matabelerebellie onderdruk het nie.

Tienduisende burgerlikes in die weste van Zimbabwe het gesterf gedurende die vyfjaar lange Matabeleland-oproer.

Zimbabwe se minister van toerisme het gesê Noord-Korea se sokkerspan beplan om volgende maand by ‘n stadion in Harare te oefen.

Die span sou oorspronklik in die Matabeleland-provinsie geoefen het, maar die minister van toerisme ontken dat die verandering van dorp deur politiek beïnvloed is.

дюралайт светодиодный круглыйФильчаков

Taliban dreig om VSA-stede aan te val

Die Pakistanse Taliban-leier, Hakimoellah Magsoed, het maande nadat daar berig is dat hy dood is, in ‘n video wat in April gemaak is verskyn waarin hy wraakaanvalle teen Amerika sweer, het ‘n Amerikaanse moniteringsgroep Maandag bekendgemaak.

Magsoed het gedreig dat hulle binne ‘n maand teen Amerika wraak gaan neem vir die moord op Islamitiese militante leiers, volgens ‘n uittreksel van die video wat glo op 4 April gemaak is. Daar is oorspronklik berig dat hy in Januarie gedood is.

“Die tyd is naby vir ons om die groot Amerikaanse stede aan te val,” het Magsoed gesê.

Hy kan op die video gesien word, waar hy met twee gewapende gemaskerde mans aan weerskante van hom verskyn.

игры дляы девочекданильченко юрій броніславович компромат