“Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het met kommer kennis geneem van die aantal regeringshoofde met wie Suid-Afrika noue bande handhaaf, wat op Verslaggewers sonder Grense se lys van media-muishonde voorkom.
“Dit sluit die leiers van Swaziland, Zimbabwe, Rwanada, Kuba en Tunisië in,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.
“Die webwerf van Verslaggewers Sonder Grense dui ook aan dat 9 verslaggewers vanjaar reeds in die uitvoering van hul pligte omgekom het.
Die feit dat 168 joernaliste, en 120 webskrywers in aanhouding is, dui ook dat mediavryheid nog nie volkome bereik is nie. Demokrasie sonder persvryheid is nie veel werd nie,” sê Botha, waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA).
