Plakkers bedreig Wesmoot

Die Vryheidsfront Plus het die wrede en onverdiende aanval Saterdagoggend op die tagtigjarige mnr Jan du Toit, van die Kameeldrift-wes hoewes, ten sterkste veroordeel.

Die verteenwoordiger van die VF Plus in die Wesmoot, Philip van Staden, het in reaksie op die aanval gesê dat die regering direk verantwoordelik gehou moet word vir hierdie dade. Hy het bygevoeg dat die lied “skiet die boer” wat deur Julius Malema van die ANC gesing is, nie net gelei het tot die moord van Mnr Eugene Terre’blanche nie maar dat inwoners op landelike sowel as stedelike gebiede ook aangeval en vermoor word.

Van Staden het ook bygevoeg dat sy gesprek met die Staatspresident, Jacob Zuma, tydens sy besoek aan die Wesmoot aan die begin van April 2010 egter geen vrugte afgewerp het nie en dat die President nooit sy beloftes teenoor die gemeenskap nagekom het nie.

So ook het die Burgemeester van Tshwane Metroraad ook nog nie haar beloftes rondom dringende samesprekings nagekom nie.  Van Staden voorspel dat die aanvalle in die Wesmoot drasties gaan styg indien die 17000 plakkers vanaf Atteridgeville na die Wesmoot verskuif gaan word.  Hy het ook beklemtoon dat die misdaadsyfer in die gebied, wat tans baie hoog is, toegeskryf kan word aan die feit dat daar verskeie plakkerskampe in die Wesmoot opgeskiet het en dat die regering niks daaraan doen om die plakkers te verwyder nie.

Van Staden gaan dringende samesprekings met verskillende gemeenskapsleiers in die Wesmoot aanvra om die veiligheidsituasie in die Wesmoot te bespreek.  Na die afhandeling van hierdie samesprekings sal daar dan ‘n deurdagte veiligheidsplan bekend gemaak word. Samesprekings het reeds met verskillende Afrikaner organisasies plaasgevind.

Van Staden wens mnr du Toit en sy familie sterkte toe nadat hy ‘n dringende operasie moes ondergaan.  Mnr du Toit is in die maag geskiet nadat daar ‘n kombers oor sy kop getrek is. Die aanvallers het slegs met ‘n klein radio en ‘n selfoon gevlug.

материал дляФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae