Die Pakistanse Taliban-leier, Hakimoellah Magsoed, het maande nadat daar berig is dat hy dood is, in ‘n video wat in April gemaak is verskyn waarin hy wraakaanvalle teen Amerika sweer, het ‘n Amerikaanse moniteringsgroep Maandag bekendgemaak.
Magsoed het gedreig dat hulle binne ‘n maand teen Amerika wraak gaan neem vir die moord op Islamitiese militante leiers, volgens ‘n uittreksel van die video wat glo op 4 April gemaak is. Daar is oorspronklik berig dat hy in Januarie gedood is.
“Die tyd is naby vir ons om die groot Amerikaanse stede aan te val,” het Magsoed gesê.
Hy kan op die video gesien word, waar hy met twee gewapende gemaskerde mans aan weerskante van hom verskyn.
