Roodt-onderhoud met ‘De Pers’

Die onderhoud wat dr. Dan Roodt van PRAAG met die gratis koerant De Pers in Nederland gevoer het, is gister onder die opskrif “Nu zijn de blanken zielig” gepubliseer. De Pers beskik oor ongeveer ‘n miljoen lesers in Nederland en word as ‘n “gehaltekoerant” beskryf. Hier volg die onderhoud in die oorspronklike Nederlands.

In Zuid-Afrika is de blanke bevolking het slachtoffer van genocide, zegt de Zuid-Afrikaanse activist Dan Roodt. De enige oplossing? Een eigen staat voor de blanken.

Remco Tomesen
AMSTERDAM …

Hij wordt gehaat door veel donkere Zuid-Afrikaners. Zwarte radiostations riepen op hem te vermoorden. Maar ook een deel van de blanke Zuid-Afrikaanse bevolking vindt dathij veel te ver gaat. Schrijver en activist Dan Roodt (53) is in eigen land op z’n zachtst gezegd nogal controversieel. Een intellectuele, wat minder extreme variant van de dit  voorjaar vermoorde extreemrechtse Eugene Terre‘Blanche zou je hem kunnen noemen.

Even was hij in Europa, om met wat (rechtse) politici te praten over de onderdrukking van de blanke bevolking in zijn land. Hij wil dat de internationale gemeenschap beseft dat er een genocide plaatsvindt in Zuid-Afrika tegen de blanke bevolking, aangewakkerd door het ANC.

Roodt, die literatuur studeerde, gedichten en boeken publiceerde en in zijn jonge jaren een tijdje in Parijs woonde, zegt te strijden voor de Afrikaans sprekende blanken. Hun aan het Nederlandse verwante taal en hun cultuur worden door regeringspartij ANC kapot gemaakt, vindt hij.

Vermoord

Hij mag dan veel tegenstanders hebben in eigen land, bij een aanzienlijk deel van de blanke Zuid-Afrikaanse bevolking vallen de ideeën van Roodt goed: vooral bij de wat conservatievere, Afrikaans sprekende Zuid-Afrikanen. Hij verschijnt in Zuid-Afrika veel op televisie en radio. En zijn vereniging, PRAAG (Pro Afrikaner Aktie Groep), heeft een flinke achterban.

Sinds het einde van de apartheid zijn meer dan 3000 blanke boeren vermoord  in het land. Roodt: ‘Dat is genocide’. Of hij beseft dat die term erg gevoelig ligt in Europa? ‘Ja, dat weet ik. Misschien is het volgens de officiële definitie nog geen genocide. Maar we zitten wel op het randje. Het dreigt uit de hand te lopen, zeker na de moord op Terre’Blanche’.

Er is veel racisme tegen blanken in Zuid-Afrika, vindt Roodt. ‘Vroeger vocht het ANC door terrorisme, nu vechten ze tegen ons door wetgeving’. Daardoor heeft de donkere bevolking volgens hem nu voorrang op universiteiten, scholen, bij banen. En wordt het Afrikaans verdrukt door het Engels.

‘Wij hebben de infrastructuur opgebouwd, de meeste dorpen neergezet’

De enige oplossing is een Volksstaat, zegt de rechtse activist: een blanke staat die ongeveer een derde van het grondgebied van het huidige Zuid-Afrika beslaat, van Pretoria in het noorden, tot aan de Indische Oceaan in het zuiden. De ultieme apartheid dus. Roodt staat hierin niet alleen. In de grootste Afrikaanstalige krant van het land (oplage 100.000), Beeld, is afgelopen jaar bijvoorbeeld veel over zo’n staat geschreven; het debat tussen voor- en tegenstanders is heftig. Uit een poll op de site van de krant (voor zover die representatief is), met iets meer dan 6.000 deelnemers, kwam naar voren dat 56 procent van de lezers voor zo’n volksstaat is.

Europese landen moeten volgens Roodt inzien dat het ANC een koloniale macht is die de blanke bevolking onderdrukt. ‘Wij zitten er al vierhonderd jaar. Wij hebben de infrastructuur opgebouwd, de meeste dorpen neergezet’. Roodt: ‘Het zou de eerste keer in de geschiedenis zijn dat een zwarte regering een blank volk onafhankelijkheid geeft’.

машинки на радиоуправленииДанильченео

‘Is dit oorgawe?’

Koning Goodwill Zwelithini en die provinsie se regering meen die R3 milljoen beeldhouwerk van Koning Shaka by die King Shaka Internationale lughawe, lyk meer soos ‘n veldwagtertjie as die verwoede Zoeloe krygsman van weleer.

Die werk deur Andries Botha, gaan Woensdag geskuif word nadat die koning sy bedenkinge oor die beeld uitgespreek het. Die krygsman word sonder sy spies en skild uitgebeeld en is omring deur Ngunibeeste.

Zwelithini het die opening van die lughawe op 8 Mei bygewoon, maar het onlangs ‘n Zoeloeprinses saamgeneem om ‘n tweede keer te gaan kyk.’n Woordvoerder van die koninklike Zoeloehuis Mbonisi Zulu sê premier Zweli Mkhize het die koning ontmoet om oor die aangeleentheid te skakel.

Mkhize sê daar is ‘n debat aan die gang oor Shaka se gesigsuitdrukking en die uitbeelding. Die koning is tevrede met die beeste maar dalk nie die plek nie. Ander weer meen dat wilde diere meer gepas sou gewees het, aangesien die krygsman bekend was vir sy voorliefde om olifante te jag.

Die kwessie is nou hoekom hy ontwapen is, sê Mkhize, want hy dra nie sy wapens, sy spies en skild, nie. “Is dit oorgawe?” Die provinsiale regering gaan ‘n taakspan bestaande uit akademici saamstel om oor die aangeleentheid te beraadslaag.

Andries Botha, wat tans by nog ‘n relletjie in Durban betrokke is oor sy beeldhouwerk van olifante, sê die raadslede van eThekwini het die olifante verwerp omdat dit die IVP se gunstelingdier is.

Die bekende kunstenaar Andrew Verster sê Botha sou nooit die opdrag aangepak het sonder om met alle betrokkenes ooreen te kom nie. Almal wat tel sou toegang tot die idees, sketse en maquettes gehad het, asook die volle grootte beeld in klei.

Verster sê die besware is daarom belaglik.

пескоструйную установкулобановский политик

ANC waarsku media

Die ANC het Dinsdag die Suid-Afrikaanse media versoek om objektief te weens wanneer oor die party berig word.

“Ons wil nie joernaliste hê vat bevooroordeeld is nie,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, aan verskeie redakteurs en joernaliste in Sandton, Johannesburg gesê.

“Ons versoek julle om nie bevooroordeeld te wees nie. Moet ons nie voortrek nie, maar moet ons ook nie aanval nie.”

Die regerende party het ‘n veldtog geloods op sy verhouding met die media te verbeter.

“Ons wil meer oop en eerlik met die media wees. Ons soek beter interaksie en dit sal tot gevolg hê meer objektiewe joernalistiek.”

Die joernaliste en redakteurs wat teenwoordig was tydens Dinsdag se perskonferensie het hulle griewe met die party se media-verteenwoordigers uitgespreek. Na bewering sukkel hul soms om die leiers aan die hande te kry en word hulle vrae nie altyd beantwoord nie.

зимние брюки для девочекФильчаков прокуратура харьков

SA kritiseer Israel en eis joernalis se vrylating

Die Suid-Afrikaanse regering het by die Israeliese ambassadeur daarop aangedring dat die Suid-Afrikaanse joernalis wat aangehou word na die Gasa-aanval, vrygelaat word.

Suid-Afrika se adjunk-minister van internasionale betrekkinge, Sue van der Merwe, het aan ambassadeur Dov Segev-Steinberg gesê dat die regering ten sterkste protes aanteken teen die Israeliese regering na die aanval op die Mavi Marmara-skip.

Pres. Jacob Zuma het ondertussen ook sy stem by die koor van internasionale kritiek gevoeg en gesê Israel kom te lig daarvan af dat hulle keer op keer internasionale reëls ootree. Hy het gesê die Joodse staat se optrede in dié geval het alle perke oorskry.

Gadijah Davids, die joernalis wat aan boord een van die noodlenigingskepe was wat Maandag deur die Israeliese leër aangeval is, is lewend opgespoor.

Daniel Seaman, woordvoerder vir die Israeliese leër, het gesê gevangenes op vyf van die skepe sal huis toe gestuur word sodra hulle hulself kan identifiseer.

Die mense op die sesde skip, die Mavi Marmara, sal slegs vrygelaat word as hulle kan bewys dat hulle nié direk deel was van die geweld wat op dié skip uitgebreek het nie.

Suid-Afrika dring ook aan op ‘n volledige ondersoek na die voorval.

“Die ondersoek moet deursigtig, vinnig en onpartydig wees. Dit moet ook voldoen aan internasionale standaarde,” het Van der Merwe gesê.

“Ons dring ook aan op die onmiddellike vrylating van al die mense aan boord die skip, insluitend die Suid-Afrikaner.”

best way to gain followers on instagramалександр лобановский харьков

Polisie raak slaags met ANC-Jeugliga

Die ANC-jeugliga het Dinsdag die veldtog om Kaapstad onregeerbaar te maak verskerp deur brande te stig en klippe te gooi.

 

Agt betogers, waaronder die streeksekretaris van die ANC-jeugliga, Luyiso Mkuhle, is deur die polisie in hegtenis geneem in verband met openbare geweld.

Die agt het reeds in die landdroshof verskyn en is steeds in aanhouding vir ‘n verdere hofverskyning.

Honderde mense het amok gemaak. Dreigemente dat petrolbomme gebruik sal word is ook gehoor.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het berigte ontken dat hy gesê het mense moet klippe gooi en buitebande brand.

Hy het by ‘n nuuskonferensie Maandag brandstigting en klipgooiery teen die ANC-jeugliga se optrede aangemoedig.

Betogers het bande op die Mewweg-brug aan die brand gesteek en op die N2-snelweg gegooi, wat spitsverkeer ontwrig en ure lank vertraag het.

Die polisie moes met rubberkoeëls op die betogers vuur om die gespanne situasie te ontlont. Betonblokke en brandende motorbande het die paaie in die omtrek ontsier.

Betogers het ook verkeer in die rigting van Kaapstad onder klippe gesteek en ‘n polisievoertuig is beskadig. In Khayelitsha moes pantservoertuie ontplooi word.

компрессор воздушный бытовойtopcargo отзывы

VF+ verwelkom Grootfontein se taalbeleid

Na die voorneme om hoofsaaklik Engels die onderrigtaal aan die Grootfontein Landboukollege te maak, verwelkom die Vryheidsfront Plus die skikking wat bereik is om Afrikaans en Engels gelyke status aan die kollege te gee.

Dit volg na die VF Plus en dr. Pieter Mulder, as leier van die VF Plus en adjunkminister van Landbou, aan die begin van Mei 2010 hewig beswaar gemaak het teen die voorgenome verandering van die huidige Afrikaanse taalbeleid na Engels as die primêre taal. “Die VF Plus is dankbaar vir die volwasse wyse waarop die studente en die bestuur aan die Grootfontein Landboukollege die situasie hanteer het en in die beste belang van beide die kollege en die studente opgetree het,” het Jan van Niekerk, VF Plus-jeugleier gesê.

Die VF Plus is ten gunste daarvan dat alle amptelike tale gelyke status moet geniet, veral op ‘n kampus soos Grootfontein, waar 75% van die studente Afrikaans as moedertaal verkies. Die VF Plus is steeds van oordeel dat moedertaalonderrig, soos wêreldwyd reeds bewys is, leerlinge en studente baie beter laat presteer en dit kwaliteit-onderrig moontlik maak. Die ontwikkeling van alle amptelike landstale is vir die VF Plus belangrik, terwyl die uitfasering of die ondermyning van Afrikaans of enige ander amptelike landstaal onaanvaarbaar is.

Die VF Plus beskou hierdie as ‘n oorwinning vir Afrikaans en die gemeenskap van Grootfontein Landboukollege.

“Hierdie is weereens ‘n bewys dat die publiek hande moet vat met die VF Plus om hulself te bemagtig wanneer aanvalle van hierdie aard op gemeenskappe geloods word,” het Van Niekerk bygevoeg.

детский крем ушастый няньФильчаков прокурор

Mulder tot dagbestuurslid van UNPO verkies

Volgens dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, is daar ‘n belangrike positiewe beeldverskuiwing in die buiteland ten opsigte van Afrikaners.
Dr. Mulder is tydens die afgelope kongres in Rome op UNPO se dagbestuur of presidensie verkies. Die nuwe UNPO-president is mnr. Ngawang Choepel van Tibet. 
‘n Mosie waarin plaasmoorde in Suid-Afrika as ernstige menseregteskendings veroordeel is, is deur die UNPO se Algemene Kongres aanvaar. Die mosie is deur dr. Pieter Muldervoorgestel en gemotiveer.  

Dr. Mulder en mnr. Andre Fourie, voorsitter van die VF Plus se Buitelandse Verhoudinge komitee, het die kongres bygewoon. Die kongres is in Rome in die Italiaanse Senaat gehou. Senator Emma Bonino, vise-president van die Italiaanse senaat en voorheen ‘n Italiaanse minster asook senator Marco Perduca van die Italiaanse Demokratiese Party, het as gashere opgetree.

“Die bywoning van die kongres en die stel van die mosie is deel van die VF Plus se internasionalisering van die Suid-Afrikaanse situasie,” volgens dr. Mulder. “Dit help nie om te wag totdat dit te laat is en jou dan op die wêreld vir hulp te beroep nie. Die wêreld behoort deurlopend op hoogte gehou te word oor prestasies maar ook oor menseregtevergrype in Suid-Afrika,” het dr. Mulder gesê.

Die kongres het verder die posisie van minderhede binne ‘n demokrasie behandel. Politieke oplossings soos magsdeling, federalisme en selfbeskikking is bespreek. In ‘n algemene mosie wat deur die kongres aanvaar is, is die belangrikheid van die behoud van ‘n eie taal en kultuur in die beskerming van minderhede beklemtoon.

UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organisation) is in 1991 gestig as ‘n organisasie wat hom op internasionale vlak vir minderhede en inheemse volke beywer. Van die stigterslede was Tibet, Taiwan, Estonia en Georgië. Tans het UNPO 54 lede wat meer as 200 miljoen mense regoor die wêreld verteenwoordig.

Meer inligting kan verkry word by UNPO se webblad by: www.unpo.org of die VF Plus se webblad by: www.vf.co.za

раскруткаАлександр Фильчаков прокурор

Zuma kritiseer Frankryk

Pres. Jacob Zuma het Frankryk gekritiseer vir hulle steun aan Niger en Guinee. Die huidige bewinde in dié lande het met staatsgrepe aan die mag gekom.

Zuma het gesê Frankryk gee erkenning aan gewelddadige militêre oornames in Afrika wat demokratiese prosesse verontagsaam. Hy het gesê dit is strydig met die oogmerke van die Afrika-Unie.

Niger is Frankryk se grootste verskaffer van uraan wat gebruik word in die Franse se veelvuldige kernkragsentrales en dus ‘n teer punt in Frankryk.

In ‘n onderhoud met die Franse TV-kanaal France24 het Zuma gesê Afrika behoort nie sulke magsoornames aan te moedig nie.

Nicolas Sarkozy het leiers van Guinee en Niger na die Afrika-Frankryk-spitsberaad in Nice genooi.

Zuma het gesê: “Jy gee erkenning aan hulle deur hulle te nooi. Hulle is dan op dieselfde vlak as ander staatshoofde.”

Die weermag het in 2008 in Guinee oorgeneem ná die dood van genl. Lansana Conté.

Niger word sedert Februarie deur die junta van Mamadou Tandja bestuur.

99spravokФильчаков прокуратура харьков

Veertig gevangenes ontsnap

Meer as 40 gevangenes het ná ‘n gyselaarsdrama uit die Harrismith-tronk ontsnap, het die polisie Maandag gesê.

Kapt. Jeremiah Khiba, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê 41 gevangenes het teen 17:00 een van die bewaarders as gyselaar in ‘n sel aangehou

“‘n Bewaarder is vir ‘n geruime tyd in een van die selle aangehou voor die gevangenes sy sleutels afgevat het, die selle oopgesluit en gevlug het.”

Nie een van die gevangenes wat ontsnap het, is teen 21:00 Maandagaand nog in hegtenis geneem nie.

Die bewaarder het ligte beserings opgedoen.

игри для днвочекФильчаков Харьков

Minstens 19 dood in Israeli-aanval

Minstens 19 mense is dood nadat Israeli kommando’s ses skepe met hulpvoorrade wat na die Gasastrook onderweg was, aangeval het.

Volgens ‘n woordvoerder vir Henning Mankell, die Sweedse misdaadskrywer, was hy aan boord een van die ses skepe.

Sy woordvoerder, Robert Johnsson, het gesê dat hy nog nie sedert die dodelike aanval vir Mankell in die hande kon kry nie.

Mankell se moord-raaisels wat handel oor die speurder Kurt Wallander is wêreldwyd topverkopers.

Volgens Johnsson is die skrywer aan boord die Sweedse skip Sofia wat met voorrade na die Gasastrook onderweg was.

Die Sweedse minister vir buitelandse sake het gesê dat daar elf Swede op die skepe was.

‘n Suid-Afrikaanse joernalis was ook aan boord een van die vaartuie, berig IOL News.

Die joernalis van Radio 786, Gadijah Davids (25), was blykbaar op die Mavi Marmara, ‘n skip wat deel uitmaak van die flottielje.

Haar gesin vrees die ergste. Hulle het nog geen nuus van hulle digter gehad nie.

оборудование для покраски автоАлександр Фильчаков