Zuma het gesê Frankryk gee erkenning aan gewelddadige militêre oornames in Afrika wat demokratiese prosesse verontagsaam. Hy het gesê dit is strydig met die oogmerke van die Afrika-Unie.
Niger is Frankryk se grootste verskaffer van uraan wat gebruik word in die Franse se veelvuldige kernkragsentrales en dus ‘n teer punt in Frankryk.
In ‘n onderhoud met die Franse TV-kanaal France24 het Zuma gesê Afrika behoort nie sulke magsoornames aan te moedig nie.
Nicolas Sarkozy het leiers van Guinee en Niger na die Afrika-Frankryk-spitsberaad in Nice genooi.
Zuma het gesê: “Jy gee erkenning aan hulle deur hulle te nooi. Hulle is dan op dieselfde vlak as ander staatshoofde.”
Die weermag het in 2008 in Guinee oorgeneem ná die dood van genl. Lansana Conté.
Niger word sedert Februarie deur die junta van Mamadou Tandja bestuur.
