Meer as 40 gevangenes het ná ‘n gyselaarsdrama uit die Harrismith-tronk ontsnap, het die polisie Maandag gesê.
Kapt. Jeremiah Khiba, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê 41 gevangenes het teen 17:00 een van die bewaarders as gyselaar in ‘n sel aangehou
“‘n Bewaarder is vir ‘n geruime tyd in een van die selle aangehou voor die gevangenes sy sleutels afgevat het, die selle oopgesluit en gevlug het.”
Nie een van die gevangenes wat ontsnap het, is teen 21:00 Maandagaand nog in hegtenis geneem nie.
Die bewaarder het ligte beserings opgedoen.
