Minstens 19 mense is dood nadat Israeli kommando’s ses skepe met hulpvoorrade wat na die Gasastrook onderweg was, aangeval het.
Volgens ‘n woordvoerder vir Henning Mankell, die Sweedse misdaadskrywer, was hy aan boord een van die ses skepe.
Sy woordvoerder, Robert Johnsson, het gesê dat hy nog nie sedert die dodelike aanval vir Mankell in die hande kon kry nie.
Mankell se moord-raaisels wat handel oor die speurder Kurt Wallander is wêreldwyd topverkopers.
Volgens Johnsson is die skrywer aan boord die Sweedse skip Sofia wat met voorrade na die Gasastrook onderweg was.
Die Sweedse minister vir buitelandse sake het gesê dat daar elf Swede op die skepe was.
‘n Suid-Afrikaanse joernalis was ook aan boord een van die vaartuie, berig IOL News.
Die joernalis van Radio 786, Gadijah Davids (25), was blykbaar op die Mavi Marmara, ‘n skip wat deel uitmaak van die flottielje.
Haar gesin vrees die ergste. Hulle het nog geen nuus van hulle digter gehad nie.
