Agt betogers, waaronder die streeksekretaris van die ANC-jeugliga, Luyiso Mkuhle, is deur die polisie in hegtenis geneem in verband met openbare geweld.
Die agt het reeds in die landdroshof verskyn en is steeds in aanhouding vir ‘n verdere hofverskyning.
Honderde mense het amok gemaak. Dreigemente dat petrolbomme gebruik sal word is ook gehoor.
Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het berigte ontken dat hy gesê het mense moet klippe gooi en buitebande brand.
Hy het by ‘n nuuskonferensie Maandag brandstigting en klipgooiery teen die ANC-jeugliga se optrede aangemoedig.
Betogers het bande op die Mewweg-brug aan die brand gesteek en op die N2-snelweg gegooi, wat spitsverkeer ontwrig en ure lank vertraag het.
Die polisie moes met rubberkoeëls op die betogers vuur om die gespanne situasie te ontlont. Betonblokke en brandende motorbande het die paaie in die omtrek ontsier.
Betogers het ook verkeer in die rigting van Kaapstad onder klippe gesteek en ‘n polisievoertuig is beskadig. In Khayelitsha moes pantservoertuie ontplooi word.
