SA kritiseer Israel en eis joernalis se vrylating

Die Suid-Afrikaanse regering het by die Israeliese ambassadeur daarop aangedring dat die Suid-Afrikaanse joernalis wat aangehou word na die Gasa-aanval, vrygelaat word.

Suid-Afrika se adjunk-minister van internasionale betrekkinge, Sue van der Merwe, het aan ambassadeur Dov Segev-Steinberg gesê dat die regering ten sterkste protes aanteken teen die Israeliese regering na die aanval op die Mavi Marmara-skip.

Pres. Jacob Zuma het ondertussen ook sy stem by die koor van internasionale kritiek gevoeg en gesê Israel kom te lig daarvan af dat hulle keer op keer internasionale reëls ootree. Hy het gesê die Joodse staat se optrede in dié geval het alle perke oorskry.

Gadijah Davids, die joernalis wat aan boord een van die noodlenigingskepe was wat Maandag deur die Israeliese leër aangeval is, is lewend opgespoor.

Daniel Seaman, woordvoerder vir die Israeliese leër, het gesê gevangenes op vyf van die skepe sal huis toe gestuur word sodra hulle hulself kan identifiseer.

Die mense op die sesde skip, die Mavi Marmara, sal slegs vrygelaat word as hulle kan bewys dat hulle nié direk deel was van die geweld wat op dié skip uitgebreek het nie.

Suid-Afrika dring ook aan op ‘n volledige ondersoek na die voorval.

“Die ondersoek moet deursigtig, vinnig en onpartydig wees. Dit moet ook voldoen aan internasionale standaarde,” het Van der Merwe gesê.

“Ons dring ook aan op die onmiddellike vrylating van al die mense aan boord die skip, insluitend die Suid-Afrikaner.”

best way to gain followers on instagramалександр лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae