“Ons wil nie joernaliste hê vat bevooroordeeld is nie,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, aan verskeie redakteurs en joernaliste in Sandton, Johannesburg gesê.
“Ons versoek julle om nie bevooroordeeld te wees nie. Moet ons nie voortrek nie, maar moet ons ook nie aanval nie.”
Die regerende party het ‘n veldtog geloods op sy verhouding met die media te verbeter.
“Ons wil meer oop en eerlik met die media wees. Ons soek beter interaksie en dit sal tot gevolg hê meer objektiewe joernalistiek.”
Die joernaliste en redakteurs wat teenwoordig was tydens Dinsdag se perskonferensie het hulle griewe met die party se media-verteenwoordigers uitgespreek. Na bewering sukkel hul soms om die leiers aan die hande te kry en word hulle vrae nie altyd beantwoord nie.
