praag.co.za

‘Is dit oorgawe?’

Written by

in

Koning Goodwill Zwelithini en die provinsie se regering meen die R3 milljoen beeldhouwerk van Koning Shaka by die King Shaka Internationale lughawe, lyk meer soos ‘n veldwagtertjie as die verwoede Zoeloe krygsman van weleer.

Die werk deur Andries Botha, gaan Woensdag geskuif word nadat die koning sy bedenkinge oor die beeld uitgespreek het. Die krygsman word sonder sy spies en skild uitgebeeld en is omring deur Ngunibeeste.

Zwelithini het die opening van die lughawe op 8 Mei bygewoon, maar het onlangs ‘n Zoeloeprinses saamgeneem om ‘n tweede keer te gaan kyk.’n Woordvoerder van die koninklike Zoeloehuis Mbonisi Zulu sê premier Zweli Mkhize het die koning ontmoet om oor die aangeleentheid te skakel.

Mkhize sê daar is ‘n debat aan die gang oor Shaka se gesigsuitdrukking en die uitbeelding. Die koning is tevrede met die beeste maar dalk nie die plek nie. Ander weer meen dat wilde diere meer gepas sou gewees het, aangesien die krygsman bekend was vir sy voorliefde om olifante te jag.

Die kwessie is nou hoekom hy ontwapen is, sê Mkhize, want hy dra nie sy wapens, sy spies en skild, nie. “Is dit oorgawe?” Die provinsiale regering gaan ‘n taakspan bestaande uit akademici saamstel om oor die aangeleentheid te beraadslaag.

Andries Botha, wat tans by nog ‘n relletjie in Durban betrokke is oor sy beeldhouwerk van olifante, sê die raadslede van eThekwini het die olifante verwerp omdat dit die IVP se gunstelingdier is.

Die bekende kunstenaar Andrew Verster sê Botha sou nooit die opdrag aangepak het sonder om met alle betrokkenes ooreen te kom nie. Almal wat tel sou toegang tot die idees, sketse en maquettes gehad het, asook die volle grootte beeld in klei.

Verster sê die besware is daarom belaglik.

пескоструйную установкулобановский политик

Comments

Leave a Reply