Redakteurs publiseer deklarasie oor mediavryheid

Die redakteurs van Suid-Afrika se vernaamste gedrukte publikasies het gister die volgende deklarasie in Engels uitgereik, wat hier deur ons vertaal word:

Ons die titelredakteurs van Suid-Afrika se vernaamste publikasies en lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, is diep besorg oor pogings om spraakvryheid en die vrye uitwisseling van inligting in ons land te beperk.

Spraakvryheid en toegang tot inligting is die lewensbloed van ons demokrasie en ons verkeer in die waaragtige sentrum van die stryd om vryheid. Menswaardigheid is onlosmaaklik aan spraakvryheid verbind.

Ons is heftig gekant teen die beperkende artikels in die Wet op die beskerming van inligting en die voorgestelde Media-appèltribunaal.

Ons doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering en die heersende ANC om by die stigtingsbeginsels van ons demokrasie te hou en dié maatreëls te laat vaar.

Ons verbind onsself daartoe om met alle Suid-Afrikaners hande te vat wat hul vryheid na waarde skat en om hierdie basiese regte te verdedig wat in ons grondwet beliggaam is.

Ondertekenaars:

1.Ainsley Moos, Volksblad

2.Alan Dunn, Daily News

3.Alide Dasnois, Cape Times

4.Andrew Koopman, Son & Sondag Son

5.Andrew Trench, Daily Dispatch

6.Angela Quintal, The Mercury

7.Barney Mthombothi, Financial Mail

8.Bongani Keswa, Sowetan

9.Bun Booyens, Die Burger

10.Charles Mogale, Sunday World

11.Chiara Carter, Weekend Argus

12.Chris Whitfield, Editor-in-Chief, Independent Newspapers Cape

13.Clyde Bawden, The Independent on Saturday

14.Dirk Lotriet, Sondag

15.Ferial Haffajee, City Press

16.Fikile Ntsikelelo Moya, The Witness

17.Jeremy McCabe, Weekend Post

18.Gasant Abarder, Cape Argus

19.Heather Robertson, The Herald

20.Jovial Rantao, The Star

21.Liza Albrecht, Rapport

22.Makhudu Sefara, The Sunday

23.Martin Williams, The Citizen

24.Moegsien Williams, The Star

25.Mondli Makhanya, Editor-in-Chief, Avusa

26.Nic Dawes, Mail & Guardian

27.Peet Kruger, Editor-in-Chief, Media24

28.Peter Bruce, Business Day

29.Philani Mgwaba, Sunday Tribune

30.Phylicia Oppelt, The Times

31.Ray Hartley, Sunday Times

32.Thabo Leshilo, Avusa Public Editor

33.Themba Khumalo, Daily Sun

34.Tim du Plessis, Beeld

35.Thulani Mbatha, Isolezwe

36.Zingisa Mkhuma, Pretoria News

игры для дєвочєк кухняданильченко юрий брониславович прокурор

Polisie betrokke by veediefstal

“Die Christen-Demokratiese Party (CDP) is geskok deur die nuus dat polisielede betrokke is by die meeste veediefstalgevalle in die Vrystaat. Volgens die jongste beskikbare syfers verloor Vrystaatse boere jaarliks sowat R170 miljoen aan vee- en oesdiefstal. Boonop word sowat R44 miljoen se gereedskap en implemente elke jaar vasgelê,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.

“Ons verwelkom die versekering van die provinsiale kommissaris, genl. Amon Mashigo, dat polisielede wat by veediefstal betrokke is afgedank sal word.

“Die gebeure by die plaaswerkersberaad in Somerset-Wes waar eers die TLU-SA en toe Agri SA uitgestap het, toon in welke vyandige omgewing die kommersiële boere voedselsekuriteit moet verseker. Boonop het Minister Tina Joemat-Pettersson die TLU SA bedank omdat sy onder die indruk was dat hulle enduit by die boere-“bashing” betrokke gebly het.

“Kort na die beraad was daar nog ‘n plaasmoord.”

bridal hair tiaraлобановский александр отзывы

Obama se vrou in rasherrie

Die Obama-administrasie is in die verleentheid gestel ná diplomatieke flater deur die State Department. Die Departement het ‘n waarskuwing oor rassisme in Spanje op hulle webwerf gehad wat hulle inderhaas moes afhaal voor die Amerikaanse Eerste Dame in dié land aangekom het vir ‘n somervakansie.

Kort na haar aankoms is Michelle Obama afgeneem waar sy die toeriste-aantreklikhede van Marbella saam met haar dogter Sasha, omring deur ‘n skare van lyfwagte, bewonder.

Personeel by die US State Department het die omstrede advies aan reisigers wat lui “rassistiese vooroordeel kan lei tot die arrestasie van Afro-Amerikaners wat reis na Spanje” Maandag van hulle webwerf afgehaal.

Die Obama-administrasie is gedwing om ‘n waarskuwing oor rassisme in Spanje te verwyder, maar mev Obama se reis word oorskadu deur ‘n vurige debat oor die geïnstitusionaliseerde rassisme.

Amptenare van die Kantoor vir konsulêre saks sê dat daar sprake was van ‘geïsoleerde verslae’ was van swart reisigers wat in hegtenis geneem is.

Tydens ‘n voorval verlede jaar waarin die Spaanse polisie twee Amerikaanse regering werknemers aangehou het, beide van hulle swart Afro-Amerikaners, vir geen oënskynlike rede nie, is die waarskuwing op die webwerf aangebring. Die Costa del Sol worstel al jare met die teenwoordigheid van bendes en rampokkers.

Die waarskuwing is verwyder na oproepe van die Spaanse media oor mev Obama se besoek.

Die State Department het gesê dit is nie meer relevant nie aangesien die voorval verlede jaar plaasgevind het.

“Die nota is verwyder. Dit was 15 maande oud en nie op datum nie. Iemand het vergeet om dit te verwyder,” het die Amerikaanse ambassade in Madrid gesê.

“Ons sê op geen manier die Spaanse polisie is rassisties nie. Dit is ‘n geïsoleerde voorval.”

отбеливание зубов железнодорожный ценаданильченко юрій броніславович компромат

Bloeddiamante aan Mandela se konderfonds geskenk

Die swart model Naomi Campbell het in Den Haag tydens die oorlogsmisdadeverhoor van Charles Taylor, gewese Liberiese president, gesê sy het ‘n ‘paar vuil klippies’ van hom as geskenk ontvang. Sy het glo die klippies daarna aan die Mandela-kinderfonds geskenk.

Campbell het getuig oor bewerings dat Taylor in 1997 sogenaamde bloeddiamante as ‘n geskenk aan haar gegee het.

Campbell se getuienis kan volgens staatsaanklaers van waarde wees om te bewys dat Taylor die diamante gebruik het om ‘n burgeroorlog in Sierra Leone te befonds.

Taylor ontken die aanklagtes teen hom en sê hy het nog nooit diamante verkoop of in ruil vir wapens gegee nie.

“Ek het ‘n paar klippies gesien, dit was baie klein en het soos vuil klippies gelyk,” het Campbell gesê.

Sy het glo nie geweet wie die diamante aan haar gegee het nie. ‘n Onbekende persoon het dit in ‘n sakkie aan haar oorhandig nadat hy aan haar hotelkamer se deur geklop het.

Bloeddiamante is ongeslypte edelstene wat as betaalmiddel in konflikgebiede gebruik word.

Campbell sê sy het die diamante aan die Nelson Mandela-kinderfonds geskenk, alhoewel die stigting aan ‘n Britse koerant gesê het hulle het nooit so iets ontvang nie.

 

купить липецк стойки трансмиссионныеtopcargo отзыв

Vier beseer in slaghuisroof

‘n Omstander en drie vermeende rowers is Donderdagaand buite n slaghuis in Johannesburg se middestad geskiet, het die stad se metropolisie gesê. 

Lede van die publiek het die metropolisie oor die rooftog by die slaghuis op die hoek van Bree- en Sauerstraat gewaarsku, het supt. Wayne Minnaar gesê.

“Toe die beamptes nadergaan is daar op hulle geskiet deur ‘n groep van agt rowers wat uit die winkel probeer vlug het.

“Die polisie het teruggeskiet en een verdagte in die linkerbobeen geskiet en twee ander gewond. ‘n Omstander is ook in die kruisvuur beseer toe hy in sy linkervoet geskiet is.”

Niemand in die slaghuis is beseer nie en dit is nog nie bekend waarop die rowers buitgemaak het nie.

Slegs een van die rowers is in die proses gevang. Lede van die bende het hul beseerde medepligtiges weggedra.

Daar is op een ongelisensieerde vuurwapen beslaggelê.

Die man wat in hegtenis geneem is, sal aanklagtes van roof en poging tot moord in die gesig staar.

slots ukФильчаков

Kaap kry nuwe haaivlae

Nuwe waarskuwingstekens om bewusmaking oor haaie te verskerp, is op Kaapse strande opgerig, het Kaapse stadsraad Donderdag gesê.

“Die doel van die tekens is om bewusmaking oor die teenwoordigheid van haaie, veral witdoodhaaie, te verskerp,” het Sakhile Tsotsobe, ‘n woordvoerder, gesê.

Kaapstad het in samewerking met die organisasie Shark Spotters, drie nuwe tekens ontwerp om haaiveiligheid te verbeter, het Tsotsobe gesê.

“Belangrike verbeteringe is aan die haaiwaarskuwingstelsel wat deur haaikykers gebruik word, aangebring. Die stad doen ‘n beroep op die publiek om vertroud te raak met die stelsel,” het raadslid Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdiens, gesê.

Die nuwe tekens bevat talle verbeteringe.

Op alle vlae is nou ‘n haai gedruk om te verseker dat strandgangers kan onderskei tussen vlae vir haaie en ander vlae.

“Tekens wat ‘n “hoë risiko” aandui is op Jaggers Walk by Vishoek-strand geplaas, waar meeste van die onlangse haaiaanvalle plaagevind het.

Strandgangers word herinner om altyd op hul hoede te wees wanneer hulle by enige strand swem,” het Tsotsobe gesê.

Die rooi vlag dui nou ‘n algemene haaiwaarskuwing aan, en word gehys wanneer ‘n haai oor die afgelope twee uur in die gebied gesien is.

Die vlag sal slegs gesak word wanneer dit nie meer nodig is nie, en sal saam met een van die ander vlae gehys word.

для пескоструяданильченко юрій броніславович

Joernalis vrygelaat

Die joernalis van die Sunday Times, Mzilikazi wa Afrika, sal vrygelaat word voor sy aansoek om borgtog Vrydagoggend in die Nelspruit-streekhof.

Regter Johan Kruger het Donderdagaand kort voor 22:00 gesê dit sou onwettig wees om Wa Afrika ‘n minuut langer aan te hou.

“Die vryheid van die individu word deur die grondwet beskerm,” het Kruger gesê.

“In die grondwetlike staat is die Grondwet die hoogste gesag. In my siening sal geregtigheid geskied as hy vrygelaat word. Dit is onwaarskynlik dat ‘n paar ure van vryheid skade aan die staat se saak sal aanrig.”

Die Sunday Times het vroeër ‘n dringende interdik ingedien om die joernalis se vrylating te versoek, nadat hy Woensdag deur lede van die Valke buite die koerant se kantore in hegtenis geneem is.

Wa Afrika se prokureur Arnold Meyer, SC, het aan die hof gesê dat daar geen rede is hoekom hy tans aangehou moet word nie, selfs al is hy slegs ‘n paar ure lank vry.

развивающие игрушки для детей до годаФильчаков Александр Васильевич

Egiptiese joernalis beskryf welvaart in Gasa

Terwyl Hamas graag stories van ontbering en lyding in Gasa vertel, het ‘n Egiptiese joernalis Ashraf Abu al-Houl algar verras deur sy voorstelling van ‘n “vooruitstrewende” Gasa waarin pryse laag is en luukse sake, soos kusvakansieoorde, floreer.

Al-Houl sê Gasa is “werklik nie onder beleg nie”. Hy sê hy was verbaas om die graad van welvaart in die gebied eiehands te sien. Hy meen die Israelse beleg is eerder polities as ekonomies van aard.

Gasa se markte is gevul met ‘n “oorvloed van goedere,” sê hy. Pryse op ‘n hele aantal items, veral kos, is veel laer as wat hulle in Egipte is, volgens Al-Houl.

Met goedere wat gesmokkel word deur die tonnels vanaf Egipte asook humanitêre hulp, is die “aanbod baie groter as die vraag,” het hy gesê.

Die welvaart word nie deur die meeste van Gasa se inwoners gedeel nie, sê Al-Houl. Die probleem bly die groot verskille in rykdom, met lede van Hamas wat voordeel daaruit trek.

Verder hef Hamasbeheerde munisipaliteite ‘n besonder hoë tarief, in Gasa-terme, vir die gebruik van openbare strande,” het hy bygevoeg.

Al-Houl het die politieke aktivis Mustafa Ibrahim aangehaal waar hy sê Gasa se ryk mense belê in luukse oorde, terwyl 80% van die inwoners afhanklik is van die VN se hulpskema, en werkloosheid ongeveer 45% is. “Dit skep ‘n verwronge beeld,” het Ibrahim verduidelik.

детектор лжи проверить себялобановский супермаркет класс

Suurwaterkrisis moet dringend aandag kry

‘n Dringende skrywe is vandag aan die Gautengse Wetgewer se portefeuljekomitee vir Landbou voorgelê waarin mnr. Jaco Mulder, LPW en lid van die betrokke portefeuljekomitee asook die VF Plus se hoofwoordvoerder van Omgewingsake, aandring dat die portefeuljekomitee dringend sy volle toesighoudende verpligting moet nakom ten opsigte van die dreigende suurwaterkrisis aan die Wesrand wat ook gevaar vir die middestad van Johannesburg inhou.

Mulder het ook in sy skrywe aangedring dat die komitee op ‘n dringende basis in samewerking met die provinsiale departement, die nasionale departement van Waterwese asook al die plaaslike munisipaliteite en omgewingsspesialiste ‘n plan van aksie instel om die nodige voorkomende maatreëls te tref en om ‘n oplossing te vind vir die suiwering van die besmette water.

“Die situasie moet op ‘n verantwoordelike wyse as ‘n noodtoestand hanteer word aangesien die besmette water ‘n lewensbedreiging vir mens, dier en die natuur in die algemeen inhou. Die suurwater-situasie hou alreeds ook ‘n dreigende gevaar vir voedselsekuriteit, verswakking van grond en strukture in,” het Mulder gesê.

Die Vryheidsfront Plus het sy samewerking aangebied en ook voorgestel dat twee spesialiste op hierdie gebied genader word om die komitee toe te spreek.

детектор лжи словаФільчаков Олександр Васильович

Bejaarde sterf na plaasaanval

‘n Bejaarde man van die Oos-Kaap wat ernstig tydens ‘n plaasaanval beseer is, is oorlede. Hy het in die Livingstone Hospitaal in Port Elizabeth aan sy wonde beswyk.

Die 86-jarige Jack Bergsman is verlede naweek deur vier mans aangerand en verskeie kere met ‘n mes gesteek in sy huis in die St Albans-omgewing.

Die mans het by die huis ingebreek terwyl hy geslaap het. Die aanvallers het gevlug toe veiligheidswagte op die plaas aangekom het.

‘n Polisiewoordvoerder Sandra Janse van Rensburg, sê ‘n 50-jarige swart verdagte word vir ondervraging aangehou. Hy sal waarskynlik vir die moord aangekla word.

slot strategy thatФильчаков прокурор отзывы