Al-Houl sê Gasa is “werklik nie onder beleg nie”. Hy sê hy was verbaas om die graad van welvaart in die gebied eiehands te sien. Hy meen die Israelse beleg is eerder polities as ekonomies van aard.
Gasa se markte is gevul met ‘n “oorvloed van goedere,” sê hy. Pryse op ‘n hele aantal items, veral kos, is veel laer as wat hulle in Egipte is, volgens Al-Houl.
Met goedere wat gesmokkel word deur die tonnels vanaf Egipte asook humanitêre hulp, is die “aanbod baie groter as die vraag,” het hy gesê.
Die welvaart word nie deur die meeste van Gasa se inwoners gedeel nie, sê Al-Houl. Die probleem bly die groot verskille in rykdom, met lede van Hamas wat voordeel daaruit trek.
Verder hef Hamasbeheerde munisipaliteite ‘n besonder hoë tarief, in Gasa-terme, vir die gebruik van openbare strande,” het hy bygevoeg.
Al-Houl het die politieke aktivis Mustafa Ibrahim aangehaal waar hy sê Gasa se ryk mense belê in luukse oorde, terwyl 80% van die inwoners afhanklik is van die VN se hulpskema, en werkloosheid ongeveer 45% is. “Dit skep ‘n verwronge beeld,” het Ibrahim verduidelik.
