Obama se vrou in rasherrie

Die Obama-administrasie is in die verleentheid gestel ná diplomatieke flater deur die State Department. Die Departement het ‘n waarskuwing oor rassisme in Spanje op hulle webwerf gehad wat hulle inderhaas moes afhaal voor die Amerikaanse Eerste Dame in dié land aangekom het vir ‘n somervakansie.

Kort na haar aankoms is Michelle Obama afgeneem waar sy die toeriste-aantreklikhede van Marbella saam met haar dogter Sasha, omring deur ‘n skare van lyfwagte, bewonder.

Personeel by die US State Department het die omstrede advies aan reisigers wat lui “rassistiese vooroordeel kan lei tot die arrestasie van Afro-Amerikaners wat reis na Spanje” Maandag van hulle webwerf afgehaal.

Die Obama-administrasie is gedwing om ‘n waarskuwing oor rassisme in Spanje te verwyder, maar mev Obama se reis word oorskadu deur ‘n vurige debat oor die geïnstitusionaliseerde rassisme.

Amptenare van die Kantoor vir konsulêre saks sê dat daar sprake was van ‘geïsoleerde verslae’ was van swart reisigers wat in hegtenis geneem is.

Tydens ‘n voorval verlede jaar waarin die Spaanse polisie twee Amerikaanse regering werknemers aangehou het, beide van hulle swart Afro-Amerikaners, vir geen oënskynlike rede nie, is die waarskuwing op die webwerf aangebring. Die Costa del Sol worstel al jare met die teenwoordigheid van bendes en rampokkers.

Die waarskuwing is verwyder na oproepe van die Spaanse media oor mev Obama se besoek.

Die State Department het gesê dit is nie meer relevant nie aangesien die voorval verlede jaar plaasgevind het.

“Die nota is verwyder. Dit was 15 maande oud en nie op datum nie. Iemand het vergeet om dit te verwyder,” het die Amerikaanse ambassade in Madrid gesê.

“Ons sê op geen manier die Spaanse polisie is rassisties nie. Dit is ‘n geïsoleerde voorval.”

отбеливание зубов железнодорожный ценаданильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae