Bloeddiamante aan Mandela se konderfonds geskenk

Die swart model Naomi Campbell het in Den Haag tydens die oorlogsmisdadeverhoor van Charles Taylor, gewese Liberiese president, gesê sy het ‘n ‘paar vuil klippies’ van hom as geskenk ontvang. Sy het glo die klippies daarna aan die Mandela-kinderfonds geskenk.

Campbell het getuig oor bewerings dat Taylor in 1997 sogenaamde bloeddiamante as ‘n geskenk aan haar gegee het.

Campbell se getuienis kan volgens staatsaanklaers van waarde wees om te bewys dat Taylor die diamante gebruik het om ‘n burgeroorlog in Sierra Leone te befonds.

Taylor ontken die aanklagtes teen hom en sê hy het nog nooit diamante verkoop of in ruil vir wapens gegee nie.

“Ek het ‘n paar klippies gesien, dit was baie klein en het soos vuil klippies gelyk,” het Campbell gesê.

Sy het glo nie geweet wie die diamante aan haar gegee het nie. ‘n Onbekende persoon het dit in ‘n sakkie aan haar oorhandig nadat hy aan haar hotelkamer se deur geklop het.

Bloeddiamante is ongeslypte edelstene wat as betaalmiddel in konflikgebiede gebruik word.

Campbell sê sy het die diamante aan die Nelson Mandela-kinderfonds geskenk, alhoewel die stigting aan ‘n Britse koerant gesê het hulle het nooit so iets ontvang nie.

 

купить липецк стойки трансмиссионныеtopcargo отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae