Lede van die publiek het die metropolisie oor die rooftog by die slaghuis op die hoek van Bree- en Sauerstraat gewaarsku, het supt. Wayne Minnaar gesê.
“Toe die beamptes nadergaan is daar op hulle geskiet deur ‘n groep van agt rowers wat uit die winkel probeer vlug het.
“Die polisie het teruggeskiet en een verdagte in die linkerbobeen geskiet en twee ander gewond. ‘n Omstander is ook in die kruisvuur beseer toe hy in sy linkervoet geskiet is.”
Niemand in die slaghuis is beseer nie en dit is nog nie bekend waarop die rowers buitgemaak het nie.
Slegs een van die rowers is in die proses gevang. Lede van die bende het hul beseerde medepligtiges weggedra.
Daar is op een ongelisensieerde vuurwapen beslaggelê.
Die man wat in hegtenis geneem is, sal aanklagtes van roof en poging tot moord in die gesig staar.
