Kaap kry nuwe haaivlae

Nuwe waarskuwingstekens om bewusmaking oor haaie te verskerp, is op Kaapse strande opgerig, het Kaapse stadsraad Donderdag gesê.

“Die doel van die tekens is om bewusmaking oor die teenwoordigheid van haaie, veral witdoodhaaie, te verskerp,” het Sakhile Tsotsobe, ‘n woordvoerder, gesê.

Kaapstad het in samewerking met die organisasie Shark Spotters, drie nuwe tekens ontwerp om haaiveiligheid te verbeter, het Tsotsobe gesê.

“Belangrike verbeteringe is aan die haaiwaarskuwingstelsel wat deur haaikykers gebruik word, aangebring. Die stad doen ‘n beroep op die publiek om vertroud te raak met die stelsel,” het raadslid Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdiens, gesê.

Die nuwe tekens bevat talle verbeteringe.

Op alle vlae is nou ‘n haai gedruk om te verseker dat strandgangers kan onderskei tussen vlae vir haaie en ander vlae.

“Tekens wat ‘n “hoë risiko” aandui is op Jaggers Walk by Vishoek-strand geplaas, waar meeste van die onlangse haaiaanvalle plaagevind het.

Strandgangers word herinner om altyd op hul hoede te wees wanneer hulle by enige strand swem,” het Tsotsobe gesê.

Die rooi vlag dui nou ‘n algemene haaiwaarskuwing aan, en word gehys wanneer ‘n haai oor die afgelope twee uur in die gebied gesien is.

Die vlag sal slegs gesak word wanneer dit nie meer nodig is nie, en sal saam met een van die ander vlae gehys word.

для пескоструяданильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae