Die Nqakulas in die nuus

Image

Charles Nqakula

Siyabonga Nqakula, seun van die Suid-Afrikaanse minister van veiligheid, is in Maart gearresteer en aangekla van dronkbestuur. Hy was in Kaapstad met vakansie toe die insident plaasgevind het. Die Sunday Times het hierdie naweek daaroor berig.

Die jong Nqakula het met sy Toyota Runx in die aankomende verkeerslaan in Selwynstraat ingery. Hy is aan dronkbestuur skuldig bevind en moes die nag in die tronk deurbring. Op 30 Maart het hy in die Kaapse magistraatshof verskyn. Borgtog van R500 is toegestaan en die saak is uitgestel.

Een van die twee vroue in die ander voertuig is lig beseer.

Volgens ’n segspersoon van die Nqakula-gesin is die gesinslede bekommerd oor die insident, maar glo hulle dat die gereg sy gang moet gaan.

Intussen het Nqakula senior, volgens ’n berig wat gister in die Pretoria News verskyn het, verlede week in Londen erken dat die meeste Suid-Afrikaners wat na die buiteland uitgewyk het, dit gedoen het omdat hulle misdaad in die land vrees. “Ek het sulke mense ontmoet en ek ervaar empatie met hulle,” het hy gesê. “Dit is duidelik dat hulle nie net weggehardloop het nie, maar ’n bydrae tot Suid-Afrika wil maak.“ Hy het verder gewys op die talle vaardighede waaroor hierdie mense beskik en ’n beroep op hulle gedoen om kontak met Suid-Afrika te behou ten einde tot armoedeverligting by te dra.

euro casino mobileтопкарго

Nigeri? se nuwe leier

Image

Umaru Yar’Adua

Umaru Yar’Adua is die nuwe president van Nigerië. Die Nigeriese verkiesingskommissie het die omstrede aankondiging gister gemaak. Dit volg op ’n verkiesing wat gekenmerk is deur verskeie insidente van swak logistiek, bedrog en geweld. Selfs Olusegun Obasanjo, die uittredende president en beskermheer van Yar’Adua, het erken dat die verkiesing nie glad verloop het nie.

Yar’Adua het gister ’n beroep gedoen op Nigeriërs om te verenig en gevra dat mense van hulle verskille vergeet. Die opposisie het egter gedreig om die verkiesingsuitslag in die hof te beveg en bykans alle waarnemersendings het die verkiesing gekritiseer.

Yar’Adua is die 55-jarige goewerneur van een van Nigerië se noordelike state, waar Koran-gebaseerde wetgewing geld. Hy word as een van die min goewerneurs gesien wat hom nie aan korrupsie skuldig maak nie. Volgens die verkiesingskommissie het die nuwe president 24.6 miljoen stemme op hom verenig. Hy het onderneem om korrupsie uit te roei. Volgens verlede jaar se verslag van Transparency International verskyn Nigerië in posisie 142 (uit 163) op die lys van mees korrupte lande.

Volgens sy teëstaanders is Yar-Adua egter siek: hy ly aan ’n ernstige nierkwaal en is onlangs in die geheim in Duitsland hiervoor behandel.

укладка ламината цена за м2Данильченко Юрий прокурор

Chaos in Nigeri

Nigerië se nuwe president sal waarskynlik later vandag aangekondig word, te midde van chaos en kullery by stembusse tydens die verkiesing van 21 April.

Westerse en Afrika-waarnemers stem saam dat daar vele ongerymdhede plaasgevind het. Dit stem die internasionale gemeenskap tot kommer, nie net omdat Nigerië oor die grootste bevolking op die Afrika-vasteland beskik nie, maar ook omdat die land die wêreld se sesde grootste uitvoerder van olie is.

Die Europese Unie-waarnemersending het soos volg eufemisties kommentaar gelewer: “Daar was insidente wat kommer laat ontstaan het dat nie alle stemgeregtigde Nigeriërs vry en sonder vrees kon stem nie.“

In ’n herhaling van die vorige week se staatsgoewerneurverkiesing, is stembriewe Saterdag laat by stemlokale afgelewer, sodat sommige stemgeregtigdes die hele dag moes wag of selfs glad nie kon stem nie. Drukfoute het verder op sommige van die 65 miljoen stembriefies verskyn.

Die Gemenebes-sending praat van “beduidende tekortkominge“ en volgens waarnemers van die VSA is die standaard van die pas afgelope verkiesing nie te vergelyk met die verkiesings in 2003 en 1999 nie. Vele gevalle van intimidasie en vals stembriefies wat gebruik is om stembriefhouers mee vol te prop, is aangemeld.

Vise-president Atiku Abubakar het die chaos en bedrog as redes gebruik om Sondag op ’n nuwe verkiesing aan te dring. “Ek het reeds die verkiesing verwerp,“ het hy gesê.

Die verkiesingskommissie se kantore is enkele ure voor die stemming plaasgevind het deur ’n bomaanval geteiken. Die kommissie kon nog geen aanduiding gee van hoeveel mense gaan stem het nie.

Dit gaan ’n logistieke nagmerrie wees om weer ’n verkiesing te reël, in ’n land met 140 miljoen inwoners en ’n bewese rekord van stembedrog.

Ten minste 39 mense is die afgelope week in geweld dood. Gedurende dieselfde periode is 40 mense in die noorde van Nigerië dood, in godsdienstige konflikte.

Toenemende geweld in die suide van die land, waar meeste van die olie geproduseer word, het Nigerië se daaglikse produksie met ’n kwart verminder. Meer as 150 buitelanders is die afgelope jaar gyselaar geneem ten einde druk op buitelandse maatskappye in die land uit te oefen.

free games slots casino downloadлобановский александр биография

Dis Sarkozy teen Royal in 2de rondte om Franse presidentskap

Image

S?gol?ne Royal (links) en Nicholas Sarkozy

Die uitslag van die eerste rondte van die Franse presidentsverkiesing is gisteraand bekendgemaak en Nicolas Sarkozy van die sentrum-regse UMP het 30,5% van die stemme gekry teenoor 25,7% vir die linkse kandidaat van die Sosialistiese Party, Ségolène Royal. Onderskeidelik derde en vierde was die sentris François Bayrou met 18,5% en die regse kandidaat Jean-Marie Le Pen op 11%.

Die verkiesing word as ’n mislukking vir Le Pen beskou wat in die vorige verkiesing in 2002 vir ’n opskudding gesorg het toe hy die Sosialistiese kandidaat Lionel Jospin in die eerste rondte die loef afgesteek het en so na die tweede rondte teen Chirac deurgedring het. Onderwysers, wat meesal sosialisties gesind is, het agterna die kinders in hul klasse aangesê om op straat teen Le Pen te gaan betoog en daar is selfs in die harwar wat onstaan het vir die voortbestaan van demokrasie in Frankryk gevrees.

Le Pen se omstrede beeld en ouderdom (hy is 78) het egter teen hom getel, hoewel sy dogter en moontlike opvolger by die Front National, Marine Le Pen, ontken het dat dit ’n “terugslag is”. “Die Front National is meer as ooit nodig, dit bly die enigste groot opposisiemag,” het sy verklaar.

Jean-Marie Le Pen het gepoog om sy mislukking by die stembus te verminder deur sy intellektuele oorwinning te beklemtoon. “Ons het die ideë-geveg gewen, want die volk, immigrasie en misdaad is nou in die middelpunt van die verkiesingsveldtog geplaas deur opponente wat gister nog hierdie begrippe met ’n sweem van afsku verwerp het,” het hy bygevoeg.

Die meeste Franse koerante het die ordelike verloop van die verkiesing, asook die volwassenheid van die debat oor moeilike kwessies soos immigrasie en misdaad, geloof.

Die tafel is egter nou gedek vir ’n klassieke links-regskonfrontasie soos die Franse daarvan hou in die tweede rondte wat oor twee weke plaasvind, met Sarkozy en Royal wat alles in hul vermoë gaan doen om die nodige 50% te verkry om as volgende Franse president gekroon te word.

’n Groot aantal openbare en media-verskynings word van albei kandidate verwag, met mev. Royal wat vergaderings in Montpellier, Lyon en Parys gaan toespreek en mnr. Sarkozy wat in Rouen, Clermont-Ferrand (tuiste van die Michelin-fabriek) en Parys te siene sal wees.

Mev. Royal, wie se vriend, François Hollande, insgelyks die eerste sekretaris van die Sosialistiese Party is, het reeds ’n oproep tot die kiesers in die middel van die spektrum gerig deur te beweer dat “die meerderheid van die Franse, ook buite die Sosialistiese Party wil verteenwoordig… terwille van ’n nuwe Frankryk”.

Met ’n gebroke stem weens die wekelange veldtog wat hom reeds na 45 departemente (die Franse distrikte) binne drie maande geneem het, dus gemiddeld een openbare vergadering elke twee dae, het Hollande verklaar dat oorwinning vir Royal en hul party “binne bereik is”. Hy het bygevoeg: “Daar is 14 dae en 15 nagte oor; dis nou nodig om ’n veldtog te voer soos ons dit nog nooit gedoen het nie.”

Die stempersentasie in die eerste rondte was om en by 80%, wat vele kommentators as ’n aanduiding beskou dat die Franse, in weerwil van hul klagtes oor korrupte beroepspolitici en hul gebrek aan ware leierskap, nog lank nie hul belangstelling in of smaak vir die politiek verloor het nie.

паззлы для детейФильчаков прокурор

Le Pen in derde plek volgens peiling

Image

Jean-Marie Le Pen

Ongeveer 900 000 Franse burgers van die beraamde 44 miljoen stemgeregtigdes het gister in oorsese Franse gebiede begin stem nadat die verkiesingskampanje amptelik gesluit het. Plekke soos Guadeloupe en Martinique sal eerste wees om hul stemme uit te bring voor hul Europese landgenote.

In vorige verkiesings moes Franse op die vasteland eers wag vir die uitslae in hul verre departemente vanweë die tydsverskil.

 
Dit sal ook die eerste keer wees dat elektroniese toerusting in sekere gebiede vir die verkiesing gebruik word. Die besluit is nie sonder omstredenheid aanvaar nie. Kritici vrees dat die uitslag daardeur gemanipuleer mag word.

Twaalf kandidate hoop tans om as opvolger van Jacques Chirac aangewys te word. Die voorste drie kandidate  in die meningspeilings tot dusver was konserwatiewe Nicolas Sarkozy, sosialis Ségolène Royal en die regse Jean-Marie Le Pen. Die sentristiese François Bayrou staan op die vooraand van die verkiesing in die vierde plek van gewilde keuses.

Na die twee voorlopers, Sarkozy en Royal, het Le Pen se kanse onlangs verbeter en staan hy volgens CSA-CISCO op 16,5%. Dit is die beste persentasie in ‘n stempeiling wat die leier van die FN nog behaal het sedert November 2006 om Bayrou sodoende van die derde plek  te ontneem.

Le Pen se veldtog is gekenmerk deur die afwesigheid van populistiese byeenkomste en opruiende toesprake soos tydens 2002. Die regse kandidaat het verkies om op sy mediaveldtog te konsentreer.

Behalwe dat die verkiesing grootliks ‘n nuwe generasie politici – Sarkozy is 52, Royal 53 en Bayrou 55 – in die tuig sal plaas, is dit ook die eerste keer onder die Vyfde Republiek dat ‘n vrou deelneem. Geen president, eerste minister of ampsdraende president staan in hierdie verkiesing as kandidaat nie.

In Korsika en in Marseille is die koms van die verkiesing met ontploffings ingelui. ‘n Polisiebeampte is in Cauro, naby die hoofstad Ajaccio, geskiet en daar is op geboue en polisievoertuie losgebrand. ‘n Vakansiehuis is ook in puin gelaat in die noorde van die eiland.

Voorstanders van Korsikaanse onafhanklikheid het verantwoordelikheid vir die ontploffings aanvaar.

строим баню своими руками фотоЛобановский Харьков

Swart ekonomiese bemagtiging is ‘nie diskriminerend nie’

Image

Elizbeth Thabethe

As swart ekonomiese bemagtiging (SEB) korrek toegepas word, kom dit nie neer op diskriminasie teen blankes nie. Dit is die mening van JD Squire Mahlangu, verbonde aan die Staatsdienskommissie. Hy het gister ’n internasionale mensekragkonferensie, gerig op die openbare sektor, in Kaapstad toegespreek.

Die konferensie is deur die Staatsdienskommissie aangebied en het sowat 250 afgevaardigdes van oor die hele wêreld getrek. Volgens Mahlangu koester hy geen haat teenoor blankes nie. “Ek is lief vir witmense. Ek sê net dat ons die gebrek aan balans moet regstel.” Hy het verder voorgestel dat die staatsdiens blankes moet aanstel in poste wat vroeër deur swartes beklee is.

As voorbeeld het hy na verpleegsters verwys. “Verpleging is nie ’n werk wat net op Afrika-vroue gerig is nie – daar is jong blanke vroue wat ook verpleegsters wil wees. Lei hulle op en stuur hulle dan na waar hulle behoort te gaan.“

Op dieselfde dag het die adjunkminister van handel en nywerheid, Elizabeth Thabethe, by die tweede jaarlikse stokvelkonferensie in Johannesburg opgetree. Volgens haar sal transformasie net afgehandel wees as meer swart Suid-Afrikaners ’n rol in die land se ekonomie speel. Sy het ’n beroep op konferensiegangers gedoen om stokvelfondse nie net te gebruik om hul huishoudelike inkomste aan te vul nie, maar ook om rykdom vir hulle gemeenskappe te skep. Sy is self ’n lid van twee stokvel-verenigings en sien die verskynsel van stokvel-organisasies as “’n voertuig“ om ontwikkeling op gemeenskapsvlak te bevorder.

Volgens haar kan die ekonomie alleenlik groei as alle Suid-Afrikaners by die proses betrek word. Die doelstelling van SEB is juis om die uitsluiting van Suid-Afrikaners in die ekonomiese proses om te keer. Thabethe, wat oor ’n sertifikaat in ekonomie van UNISA beskik, het egter erken dat haar departement aandag sal moet gee aan hindernisse wat swartmense tans verhoed om hulle rol in die ekonomie te speel. Sy het hierdie probleme gedefinieer as gebrek aan toegang tot inligting asook probleme om finansiering te bekom.

красивые платья для новорожденных девочек купитьДанильченко Харьков

Kwazulu-Natal se munisipaliteite sukkel

Image

Zweli Mkize

Sowat 53 sukkelende munisipaliteite in Kwazulu-Natal is aan die provinsiale regering se finansiële departement “oorgedra” as gevolg van die geldelike verknorsing waarin hulle verkeer.

“Hulle kan nie ’n begroting opstel nie, hulle het nie personeel om geld in te samel nie en hulle sien nie as dinge verkeerd loop nie; dit is dus waarmee ons te doen het,“ het Zweli Mkhize, die provinsie se LUR vir finansies, gesê. Volgens hom gaan ’n afdeling binne die provinsiale tesourie voortaan die munisipaliteite bystaan om hulle geldsake te bestuur. Hy het egter beklemtoon dat hierdie stap nie beteken dat die provinsiale regering die munisipaliteite “oorneem“ nie. Hulle sal wel “bygestaan“ en “gemonitor“ word.

сапфировая брекет системаЛобановский Харьков

Die DRK se ?nasionale trots?

Image

Kongolese kernreaktor

Daar is net ’n dunnerige doringdraad rondom Afrika se eerste kernreaktor, wat tans stadig en ongebruik in Kinshasa agteruitgaan. Verlede week het internasionale deskundiges weereens hulle kommer uitgespreek oor veiligheidsmaatreëls by die Kinshasa Streeksentrum vir Kernnavorsing (KSN) wat oor die reaktor toesig hou.

Hierdie nuwe waarskuwing word vervat in ’n verslag wat voorts meld dat die KSN se uraanstawe, wat destyds deur die VSA verskaf is, genoegsaam verryk is om in ’n kernwapen of ’n  sogenaamde “dirty bomb” gebruik te word. Dié verslag is opgestel deur die Belgiese senator Alain Destexhe. Destexhe het ’n beroep gedoen op die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) om eerder die reaktor tot niet te maak. Die laaste inspeksie van die Internasionale Atoomenergie-agentskap in 2004 het aangetoon dat slegs 10% van internasionaal erkende veiligheidsmaatreëls hier toegepas word.

Volgens die senator se verslag word die skakel vir die reaktor net deur ’n plastiekdoppie beskerm en word uraanstawe met ’n visstok in en uit die reaktor getel.  Die beheerkamer is verder heeltemal verouderd. Radio-aktiewe afval word in ’n onbewaakte geboutjie gestoor. Die afval is “in transito“, aangesien die permanente stoorarea nog gebou moet word.

Werknemers van die KSN voel egter dat die reaktor behou moet word en dat dit van nut kan wees in verskeie navorsingsprojekte. “Hierdie reaktor is ons nasionale trots. Dit is ’n absoluut noodsaaklike instrument vir mediese, kern en landbounavorsingsdoeleindes,” meen Leopold Makoko, die waarnemende hoof van die DRK se atoomenergie-agentskap. Volgens hom word die terrein korrek afgesper. “Die reaktor is wel al vir ’n aantal jare gesluit, maar dit is in ’n baie goeie toestand.“

Die Triga Mark 11-reaktor is agter twee glasdeure en sewe meter onder die grond gebou. Die oorspronklike reaktor is in 1958 gebou en is in 1972 met die huidige een vervang. Dit is bekend dat uraan uit die DRK destyds in die sogenaamde Manhattan-projek gebruik is om die wêreld se eerste kernbom te vervaardig, wat Hirosjima op 6 Augustus 1945 vernietig het.

Die DRK word al dekades lank daarvan beskuldig dat die land se natuurlik verrykte uraan óf verkoop word, óf nie behoorlik beveilig word nie. Meer as 90% van die land se mineraaluitvoere, wat uraan insluit, geskied nie deur amptelike kanale nie. Net verlede maand is twee beamptes van die KNS oor onwettige uraanverkope gearresteer.

сайты детских товаровлобановский класс харьков

Johannesburg moet regmaak vir bevolkingsverskuiwing ? Mbeki

Image

Woonstelgebou in Johannesburg

Thabo Mbeki, die ANC-president, het enkele dae gelede tydens ’n sogenaamde “imbizo” in Braamfontein, Johannesburg, gesê dat dié stad hom moet regmaak vir nog baie nuwe intrekkers “van elders in die land”.

“Dit is iets wat ons in ag moet neem en al die ander kwessies van menslike vestiging,” het hy gesê. Volgens Mbeki is dit nodig om te begroot “teen hoër koerse as gewoonlik” in stede soos Johannesburg, maar ook Kaapstad en Durban waarheen groot getalle mense stroom.

Amos Masondo, die ANC-burgemeester vir Johannesburg, het aan Mbeki gesê dat die bevolking van dié stad met 3,5% per jaar groei weens instroming van elders in die land en vanuit die res van Afrika.

Volgens die ANC-premier van die Gauteng-provinsie, Sam Shilowa, sal daar voor 2009 120 000 huise gebou word om nuwe aankomelinge te akkomodeer. Volgens die munisipaliteit woon daar reeds 100 000 mense in agterplaasgehuggies en in geboue wat oorgeneem is en nie meer dienste of huur invorder nie.

казино onlineФильчаков прокурор харьков

Demokrasie in Nigeri

Image

Verkiesing in Nigeri?

Inwoners van Nigerië se 36 state het verlede week staatsgoewerneursverkiesings gehou, ter voorbereiding van die presidensiële verkiesing wat hierdie naweek gaan plaasvind. Die verkiesing is gekenmerk deur onluste, diefstal van stembriefhouers, brandstigting en het tot die dood van ten minste 21 mense gelei. Verwarring oor stemlyste en stembriefies wat in sekere dele van die land nie beskikbaar was nie, het verdere chaos tot gevolg gehad.

Die regering het honderde polisiemanne oor die land ontplooi om wet en orde te probeer handhaaf. Openbare byeenkomste is verder verbied, om meer geweld te verhoed.

Die komende verkiesing van hierdie naweek sal die eerste keer sedert 1960 wees dat ’n wettig verkose president (Olusegun Obasanjo) deur ’n ander wettig verkose leier vervang word, ná dekades van militêre diktatorskap. Vir die meeste van die 140 miljoen inwoners van hierdie Wes-Afrikaland het weinig egter verander sedert Obasanjo in 1999 aan bewind gekom het.

Van Obasanjo se beloftes om korrupsie uit te roei en die 20 miljard Britse pond wat die land jaarliks uit petrol te verdien beter te benut, het nie veel gekom nie. Hy het wel ’n klompie IMF-hervormings deurgevoer en regeringsbesteding ietwat ingekort, wat daartoe gelei het dat Nigerië uitstel ontvang het van die lande aan wie hy enorme bedrae geld skuld. Verder word Nigerië deesdae geklassifiseer as een die groep van sogenaamde “Next 11” lande, wat na verwagting Indië en China se voorbeeld van ekonomiese welvaart gaan volg.

Image

Umara Yar-Adua

Die president het ’n spesiale taakspan aangewys om die korrupsiekultuur in die land te beveg, maar volgens beamptes van hierdie span word daar jaarliks steeds tot 40% van die land se inkomste uit petrol verduister.

Die kandidate vir hierdie naweek se presidensiële verkiesing onderskei hulleself egter nie in hulle ywer om korrupsie uit te roei nie. Die gunsteling om by Obasanjo oor te neem, is die 55-jarige staatsgoewerneur Umaru Yar-Adua, die uitgaande president se keuse. Een van sy belangrikste teëstanders is vise-president Atiku Abubakar, wat pas gediskwalifiseer is om aan die verkiesing deel te neem, as gevolg van korrupsie-aanklagte. Abubakar meen egter dit is president Obasanjo wat self die klagtes georkestreer het, nadat die twee onlangs ’n uitval gehad het. Die gewilde voormalige militêre diktator Muhammadu Buhari staan ook ’n goeie kans om hierdie naweek te wen.

инструментов арсеналАлександр Фильчаков