Le Pen in derde plek volgens peiling

Image

Jean-Marie Le Pen

Ongeveer 900 000 Franse burgers van die beraamde 44 miljoen stemgeregtigdes het gister in oorsese Franse gebiede begin stem nadat die verkiesingskampanje amptelik gesluit het. Plekke soos Guadeloupe en Martinique sal eerste wees om hul stemme uit te bring voor hul Europese landgenote.

In vorige verkiesings moes Franse op die vasteland eers wag vir die uitslae in hul verre departemente vanweë die tydsverskil.

 
Dit sal ook die eerste keer wees dat elektroniese toerusting in sekere gebiede vir die verkiesing gebruik word. Die besluit is nie sonder omstredenheid aanvaar nie. Kritici vrees dat die uitslag daardeur gemanipuleer mag word.

Twaalf kandidate hoop tans om as opvolger van Jacques Chirac aangewys te word. Die voorste drie kandidate  in die meningspeilings tot dusver was konserwatiewe Nicolas Sarkozy, sosialis Ségolène Royal en die regse Jean-Marie Le Pen. Die sentristiese François Bayrou staan op die vooraand van die verkiesing in die vierde plek van gewilde keuses.

Na die twee voorlopers, Sarkozy en Royal, het Le Pen se kanse onlangs verbeter en staan hy volgens CSA-CISCO op 16,5%. Dit is die beste persentasie in ‘n stempeiling wat die leier van die FN nog behaal het sedert November 2006 om Bayrou sodoende van die derde plek  te ontneem.

Le Pen se veldtog is gekenmerk deur die afwesigheid van populistiese byeenkomste en opruiende toesprake soos tydens 2002. Die regse kandidaat het verkies om op sy mediaveldtog te konsentreer.

Behalwe dat die verkiesing grootliks ‘n nuwe generasie politici – Sarkozy is 52, Royal 53 en Bayrou 55 – in die tuig sal plaas, is dit ook die eerste keer onder die Vyfde Republiek dat ‘n vrou deelneem. Geen president, eerste minister of ampsdraende president staan in hierdie verkiesing as kandidaat nie.

In Korsika en in Marseille is die koms van die verkiesing met ontploffings ingelui. ‘n Polisiebeampte is in Cauro, naby die hoofstad Ajaccio, geskiet en daar is op geboue en polisievoertuie losgebrand. ‘n Vakansiehuis is ook in puin gelaat in die noorde van die eiland.

Voorstanders van Korsikaanse onafhanklikheid het verantwoordelikheid vir die ontploffings aanvaar.

строим баню своими руками фотоЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae