Een van die twee vroue in die ander voertuig is lig beseer.
Volgens ’n segspersoon van die Nqakula-gesin is die gesinslede bekommerd oor die insident, maar glo hulle dat die gereg sy gang moet gaan.
Intussen het Nqakula senior, volgens ’n berig wat gister in die Pretoria News verskyn het, verlede week in Londen erken dat die meeste Suid-Afrikaners wat na die buiteland uitgewyk het, dit gedoen het omdat hulle misdaad in die land vrees. “Ek het sulke mense ontmoet en ek ervaar empatie met hulle,” het hy gesê. “Dit is duidelik dat hulle nie net weggehardloop het nie, maar ’n bydrae tot Suid-Afrika wil maak.“ Hy het verder gewys op die talle vaardighede waaroor hierdie mense beskik en ’n beroep op hulle gedoen om kontak met Suid-Afrika te behou ten einde tot armoedeverligting by te dra.
