Woonstelgebou in Johannesburg
Thabo Mbeki, die ANC-president, het enkele dae gelede tydens ’n sogenaamde “imbizo” in Braamfontein, Johannesburg, gesê dat dié stad hom moet regmaak vir nog baie nuwe intrekkers “van elders in die land”.
“Dit is iets wat ons in ag moet neem en al die ander kwessies van menslike vestiging,” het hy gesê. Volgens Mbeki is dit nodig om te begroot “teen hoër koerse as gewoonlik” in stede soos Johannesburg, maar ook Kaapstad en Durban waarheen groot getalle mense stroom.
Amos Masondo, die ANC-burgemeester vir Johannesburg, het aan Mbeki gesê dat die bevolking van dié stad met 3,5% per jaar groei weens instroming van elders in die land en vanuit die res van Afrika.
Volgens die ANC-premier van die Gauteng-provinsie, Sam Shilowa, sal daar voor 2009 120 000 huise gebou word om nuwe aankomelinge te akkomodeer. Volgens die munisipaliteit woon daar reeds 100 000 mense in agterplaasgehuggies en in geboue wat oorgeneem is en nie meer dienste of huur invorder nie.
казино onlineФильчаков прокурор харьков