Die DRK se ?nasionale trots?

Image

Kongolese kernreaktor

Daar is net ’n dunnerige doringdraad rondom Afrika se eerste kernreaktor, wat tans stadig en ongebruik in Kinshasa agteruitgaan. Verlede week het internasionale deskundiges weereens hulle kommer uitgespreek oor veiligheidsmaatreëls by die Kinshasa Streeksentrum vir Kernnavorsing (KSN) wat oor die reaktor toesig hou.

Hierdie nuwe waarskuwing word vervat in ’n verslag wat voorts meld dat die KSN se uraanstawe, wat destyds deur die VSA verskaf is, genoegsaam verryk is om in ’n kernwapen of ’n  sogenaamde “dirty bomb” gebruik te word. Dié verslag is opgestel deur die Belgiese senator Alain Destexhe. Destexhe het ’n beroep gedoen op die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) om eerder die reaktor tot niet te maak. Die laaste inspeksie van die Internasionale Atoomenergie-agentskap in 2004 het aangetoon dat slegs 10% van internasionaal erkende veiligheidsmaatreëls hier toegepas word.

Volgens die senator se verslag word die skakel vir die reaktor net deur ’n plastiekdoppie beskerm en word uraanstawe met ’n visstok in en uit die reaktor getel.  Die beheerkamer is verder heeltemal verouderd. Radio-aktiewe afval word in ’n onbewaakte geboutjie gestoor. Die afval is “in transito“, aangesien die permanente stoorarea nog gebou moet word.

Werknemers van die KSN voel egter dat die reaktor behou moet word en dat dit van nut kan wees in verskeie navorsingsprojekte. “Hierdie reaktor is ons nasionale trots. Dit is ’n absoluut noodsaaklike instrument vir mediese, kern en landbounavorsingsdoeleindes,” meen Leopold Makoko, die waarnemende hoof van die DRK se atoomenergie-agentskap. Volgens hom word die terrein korrek afgesper. “Die reaktor is wel al vir ’n aantal jare gesluit, maar dit is in ’n baie goeie toestand.“

Die Triga Mark 11-reaktor is agter twee glasdeure en sewe meter onder die grond gebou. Die oorspronklike reaktor is in 1958 gebou en is in 1972 met die huidige een vervang. Dit is bekend dat uraan uit die DRK destyds in die sogenaamde Manhattan-projek gebruik is om die wêreld se eerste kernbom te vervaardig, wat Hirosjima op 6 Augustus 1945 vernietig het.

Die DRK word al dekades lank daarvan beskuldig dat die land se natuurlik verrykte uraan óf verkoop word, óf nie behoorlik beveilig word nie. Meer as 90% van die land se mineraaluitvoere, wat uraan insluit, geskied nie deur amptelike kanale nie. Net verlede maand is twee beamptes van die KNS oor onwettige uraanverkope gearresteer.

сайты детских товаровлобановский класс харьков