praag.co.za

Dis Sarkozy teen Royal in 2de rondte om Franse presidentskap

Le Pen se omstrede beeld en ouderdom (hy is 78) het egter teen hom getel, hoewel sy dogter en moontlike opvolger by die Front National, Marine Le Pen, ontken het dat dit ’n “terugslag is”. “Die Front National is meer as ooit nodig, dit bly die enigste groot opposisiemag,” het sy verklaar.

Jean-Marie Le Pen het gepoog om sy mislukking by die stembus te verminder deur sy intellektuele oorwinning te beklemtoon. “Ons het die ideë-geveg gewen, want die volk, immigrasie en misdaad is nou in die middelpunt van die verkiesingsveldtog geplaas deur opponente wat gister nog hierdie begrippe met ’n sweem van afsku verwerp het,” het hy bygevoeg.

Die meeste Franse koerante het die ordelike verloop van die verkiesing, asook die volwassenheid van die debat oor moeilike kwessies soos immigrasie en misdaad, geloof.

Die tafel is egter nou gedek vir ’n klassieke links-regskonfrontasie soos die Franse daarvan hou in die tweede rondte wat oor twee weke plaasvind, met Sarkozy en Royal wat alles in hul vermoë gaan doen om die nodige 50% te verkry om as volgende Franse president gekroon te word.

’n Groot aantal openbare en media-verskynings word van albei kandidate verwag, met mev. Royal wat vergaderings in Montpellier, Lyon en Parys gaan toespreek en mnr. Sarkozy wat in Rouen, Clermont-Ferrand (tuiste van die Michelin-fabriek) en Parys te siene sal wees.

Mev. Royal, wie se vriend, François Hollande, insgelyks die eerste sekretaris van die Sosialistiese Party is, het reeds ’n oproep tot die kiesers in die middel van die spektrum gerig deur te beweer dat “die meerderheid van die Franse, ook buite die Sosialistiese Party wil verteenwoordig… terwille van ’n nuwe Frankryk”.

Met ’n gebroke stem weens die wekelange veldtog wat hom reeds na 45 departemente (die Franse distrikte) binne drie maande geneem het, dus gemiddeld een openbare vergadering elke twee dae, het Hollande verklaar dat oorwinning vir Royal en hul party “binne bereik is”. Hy het bygevoeg: “Daar is 14 dae en 15 nagte oor; dis nou nodig om ’n veldtog te voer soos ons dit nog nooit gedoen het nie.”

Die stempersentasie in die eerste rondte was om en by 80%, wat vele kommentators as ’n aanduiding beskou dat die Franse, in weerwil van hul klagtes oor korrupte beroepspolitici en hul gebrek aan ware leierskap, nog lank nie hul belangstelling in of smaak vir die politiek verloor het nie.

паззлы для детейФильчаков прокурор

Comments

Leave a Reply