Demokrasie in Nigeri

Image

Verkiesing in Nigeri?

Inwoners van Nigerië se 36 state het verlede week staatsgoewerneursverkiesings gehou, ter voorbereiding van die presidensiële verkiesing wat hierdie naweek gaan plaasvind. Die verkiesing is gekenmerk deur onluste, diefstal van stembriefhouers, brandstigting en het tot die dood van ten minste 21 mense gelei. Verwarring oor stemlyste en stembriefies wat in sekere dele van die land nie beskikbaar was nie, het verdere chaos tot gevolg gehad.

Die regering het honderde polisiemanne oor die land ontplooi om wet en orde te probeer handhaaf. Openbare byeenkomste is verder verbied, om meer geweld te verhoed.

Die komende verkiesing van hierdie naweek sal die eerste keer sedert 1960 wees dat ’n wettig verkose president (Olusegun Obasanjo) deur ’n ander wettig verkose leier vervang word, ná dekades van militêre diktatorskap. Vir die meeste van die 140 miljoen inwoners van hierdie Wes-Afrikaland het weinig egter verander sedert Obasanjo in 1999 aan bewind gekom het.

Van Obasanjo se beloftes om korrupsie uit te roei en die 20 miljard Britse pond wat die land jaarliks uit petrol te verdien beter te benut, het nie veel gekom nie. Hy het wel ’n klompie IMF-hervormings deurgevoer en regeringsbesteding ietwat ingekort, wat daartoe gelei het dat Nigerië uitstel ontvang het van die lande aan wie hy enorme bedrae geld skuld. Verder word Nigerië deesdae geklassifiseer as een die groep van sogenaamde “Next 11” lande, wat na verwagting Indië en China se voorbeeld van ekonomiese welvaart gaan volg.

Image

Umara Yar-Adua

Die president het ’n spesiale taakspan aangewys om die korrupsiekultuur in die land te beveg, maar volgens beamptes van hierdie span word daar jaarliks steeds tot 40% van die land se inkomste uit petrol verduister.

Die kandidate vir hierdie naweek se presidensiële verkiesing onderskei hulleself egter nie in hulle ywer om korrupsie uit te roei nie. Die gunsteling om by Obasanjo oor te neem, is die 55-jarige staatsgoewerneur Umaru Yar-Adua, die uitgaande president se keuse. Een van sy belangrikste teëstanders is vise-president Atiku Abubakar, wat pas gediskwalifiseer is om aan die verkiesing deel te neem, as gevolg van korrupsie-aanklagte. Abubakar meen egter dit is president Obasanjo wat self die klagtes georkestreer het, nadat die twee onlangs ’n uitval gehad het. Die gewilde voormalige militêre diktator Muhammadu Buhari staan ook ’n goeie kans om hierdie naweek te wen.

инструментов арсеналАлександр Фильчаков