Twee matrikulante is verlede week in ʼn rasse-aanval by Akasia Hoërskool met messe gesteek in ʼn voorval wat wye belangstelling ontlok het. Segsman Duncan Hindle sê skole is bemagtig om die nodige te doen om leerlinge te beskerm.
Twee matrikulante is verlede week in ʼn rasse-aanval by Akasia Hoërskool met messe gesteek in ʼn voorval wat wye belangstelling ontlok het. Segsman Duncan Hindle sê skole is bemagtig om die nodige te doen om leerlinge te beskerm.
Fidel Castro is nie langer die president van Kuba nie. Die een-en-tagtigjarige Castro het gister as president en hoofbevelvoerder bedank. Castro het in 1959 aan bewind gekom nadat hy ʼn suksesvolle staatsgreep in Kuba gelei het. Hy was ʼn sterk bondgenoot van die voormalige VSSR wat hom as ʼn doring in die vlees van Amerika gesien het vanweë Kuba se geografiese ligging. Castro het voorverlede jaar die regering tydelik aan sy broer Raul oorhandig toe siekte hom lamgelê het. Suid-Afrika het in die tagtigerjare regstreeks teen Castro se weermag te staan gekom tydens die Angolese konflik. Daar word verwag dat Raul Castro nou formeel die regering sal oorneem en dat hy nie veel sal afwyk van die Marxistiese politieke en ekonomiese beleid van sy broer nie.
Die Minister van Waterwese en Bosbou, Lindiwe Hendricks, sê die gebrek aan sanitasie het nie alleen ‘n negatiewe invloed op gesondheid nie, maar staan ook in die pad van ontwikkeling. Hendricks het in Durban gepraat tydens die tweede Afrikakonferensie oor sanitasie en higiëne. Meer as veertig Afrikalande was by die konferensie verteenwoordig. Hendricks sê die gebrek aan bekwaamheid op Munisipale vlak in Suid-Afrika het meegebring dat die emmerstelsel teen 2014 nog nie uitgeskakel sal wees nie. Hendricks meen die regering moet belê in skoon water en gesondheid sodat siektes as gevolg van swak higiëne, uitgeskakel kan word.
Die 2010 Sokker wêreldbeker sal steeds suksesvol deur Suid-Afrika behartig word ten spyte van struikelblokke. Organiseerders sê die voorbereiding vir die geleentheid loop volgens plan, nieteenstaande binnegevegte, die oorbesteding van fondse en kragonderbrekings. Irvin Koza, die voorsitter van die plaaslike organiserende komitee, meen die aangeleentheid kan nie misluk nie en sê hulle sal deur sameweking van die wêreldbeker toernooi ‘n sukses maak. Khoza het ‘n beroep op die publiek gedoen om nie wanhopig te raak omdat hulle verneem het dat die voorbereidings in die wiele gery is nie. Berigte van die hoë misdaadsyfer en dat sokkerstadions nie binne die begroting of betyds voltooi kan word nie, het die land in die donker gelaat. Suid-Afrikaanse beamptes het beloof dat alle stadions tydens die toernooi met kragopwekkers toegerus sal wees.
ANC-lede skakel nou in by die Inkathavryheidsparty. Die Vryheidsparty het drie honderd en vyftig lede van die ANC van Kwazulu-Natal verwelkom. Volgens ‘n VP-woordvoerder het die verwelkoming Saterdag by ‘n seremonie in Pongola plaasgevind. Die woordvoerder sê die party poog om Kwazulu-Natal se steun te wen en die amptelike opposisieparty te word.
President George Bush het Zimbabwe se President, Robert Mugabe, beskryf as ‘n oneerbiedige diktator. Hy sê ‘n alleenheerser in Zimbabwe het beheer oor die voedseltekorte, uitspattige inflasie en streng onderdrukking. Hy het bygevoeg dat Amerika sal voortgaan om die vryheid in Zimbabwe te ondersteun en so moet buurstate, Suid-Afrika inkluis, ook handel. By die Verenigde Nasies in September het Mugabe vir Bush van skynheiligheid beskuldig, terwyl Mugabe beweer die Guantanamo Bay–tronk van die Verenigde State ‘n konsentrasiekamp is.
Die 83-jarige Mugabe is vol vertroue dat hy weer deur ‘n groot gedeelte van die publiek as president herkies sal word, ten spyte van die ekonomiese tuimeling, die hoogste inflasie ter wêreld, voedseltekorte en werkloosheid.
Edelmetale sal na alle verwagtinge weer in die markte skitter hierdie week. Skattings van ernstige tekorte het goud en veral platina hemelhoog gedryf. Goud het die negehonderd-dollar kerf met gemak verby gesteek en die grootste gedeelte van die week bo dié vlak verhandel. Maar dit was platina wat plaaslike markte oorheers het. Suid-Afrika produseer tagtig persent van die wit metaal en vrese vir ʼn voorraadkrisis in die sleurstroom van die energiekrisis, het beleggers laat skarrel vir voorraad. Platinum het ʼn string rekords geslaan en die week op $2060 dollar afgesluit.
Die hoë metaalpryse het die RAND gestut en dit het vir die grootste gedeelte van die week
in ʼn kanaal net bo 7.60 teen die dollar verhandel.