Zuma het ANC-lede en alliansievennote in Christiana toegespreek gedurende sy besoek aan die Ruth Mompati distriksmunisipaliteit as deel van sy verkiesingsveldtog.
Daar het hy lede van die ANC-splintergroep beskuldig dat hulle die media gebruik om ANC lede vir hulle party te werf.
Zuma het ‘n beroep gedoen op ANC-lede om nie mislei te word nie, en in die regerende party te bly.
Hy het ook ‘n saamtrek by Ipelengwoongebied naby Schweizer Reneke toegespreek voordat hy na Rustenburg gegaan het, waar hy ‘n vergadering van besigheidsmanne en ander belanghebbendes toegespreek het.
Cosatu, de vakunie, het ‘n beroep gedoen op al die mense in Noordwes wat die nuwe party ondersteun, om die ANC te verlaat sodat hulle ‘n vreedsame verkiesingsveldtog.
Die ANC Jeugliga het intussen bekende Suid-Afrikaanse musikante se hulp ingeroep om die ANC-veldtog te help beskerm.
Jeugligawoordvoerder, Floyd Shivambu, het gesê die veldtog is reeds geïnisieer in Mpumalanga, Ooskaap, KwaZulu-Natal en Limpopo, en dat Gauteng nou aan die beurt kom.
Volgens Shivambu, is kunstenaars wat hul steun aan die program verleen Mbongeni Ngema, Blondie Makhene, Don Laka, Mzwakhe Mbuli en verskeie platejoggies van klubs.

Toetse van ‘n entstof teen MIV wat voorheen belowend voorgekom het is in 2007 gestaak, omdat dit die risiko vir infeksie kan verhoog, is in ‘n nuwe studie bekendgemaak.
'n Russiese tenker gaan by 'n fregat aansluit om seerowers rondom die kus van Oos-Afrika te hoof te bied.
08:23:10 Die Amerikaanse verkose president, Barack Obama, het Dinsdag belowe dat “Amerika gaan verander” gedurende sy oorwinningstoespraak nadat hy die eerste Afro-Amerikaner geword het wat die presidentskap van die VSA verower het.
17:57:31 Ultranasionaliste het Dinsdag gesalueer en pro-Kremlinjeug het lof uitgeroep vir eerste minister Wladimir Poetin op verskeie plekke in Rusland op die Volk se Eenheidsdagvieringe, 'n vakansiedag.