Na Noordwes-premier se aanhitsing brand skare vier wit Coligny-huise af

Die swart aktiviste-organisasie Sanco het glo dokumente ingedien om te vra dat die besluit van die landdros van Coligny om borgtog aan Pieter Doorewaard en Philip Schutte toe te staan, in hersiening geneem word.

Geweld het opnuut in Coligny in Noordwes uitgebreek toe ‘n huis op die plaas Rietvlei aan die brand gesteek is. Die chaos het uitgebreek nadat borgtog aan die twee wit mans toegestaan is. Intussen is altesaam vier huise afgebrand.

Die hof se besluit om borgtog toe te staan, is gegrond op gesonde regsbeginsels, sê Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes. Hy sê Premier Supra Mahumapelo moet ophou om verdere rassistiese opmerkings teen wittes te maak.

Volgens berigte in die media het Mahumapelo by die swart tiener se begrafnis gesê hy is gedood “deur die hande van wit mense”. Hy het ook gesê dat die mense “deur wie se hande” die seun gedood is, is “Afrikaners van Coligny”.

As Mahumapelo voortgaan met sulke stellings, kan dit die swart skares tot verdere geweld aanmoedig. Die Premier moet verantwoordelikheid neem as enige gewelddadige protes weer as gevolg van sy aanhitsings uitbreek, het Groenewald gesê.

“Wanneer wit mense deur swartmense vermoor word, is dit gewone misdaad. Wanneer die situasie andersom is, noem die ANC dit rassisme. Dit is onaanvaarbaar.

“Mahumapelo is welkom om ons te vertel hoeveel begrafnisdienste van vermoorde wit boere in die provinsie hy al bygewoon het en wat hy daaroor gesê het.”

Volgens berigte behoort geen van die huise wat afgebrand is aan die twee beskuldigdes nie. Hulle is borgtog van vyfduisend rand elk toegestaan.

Die oproeriges het daarna die strate van die dorp ingevaar. Die EFF het Maandag op Twitter ondersteuners aangemoedig om wit boere te gaan aanval.

Joernaliste wat eiendom betree het sonder toestemming, is deur van die boere gewaarsku om die gebied te verlaat en nie foto’s te neem nie. Sanef het die wit boere veroordeel wat op hul privaatheid aangedring het, asof wit boere geen reg daarop het nie.

Landdros Makgaola Foso het vroeër in sy uitspraak gesê die borgtogaansoek was ‘n moeilike proses omdat verskeie belange opgeweeg moes word, soos geregtigheid, persoonlike vryheid, én die publieke belang.

Doorewaard en Schutte word van ‘n swart tiener se dood beskuldig omdat hulle hom glo van ‘n bakkie sou afgestoot het, terwyl die vermeende swart dief self van die bewegende voertuig afgespring het.

Die twee mans staan tereg op aanklagte van moord ná die dood van die 17-jarige Matlhomola Mosweu, maar ontken skuld.

Die sekretaris van Sanco in Noordwes, Packet Seaketso, sê die landddros was bevooroordeeld met sy borgtoguitspraak. Volgens Seaketso is die belange van die gemeenskap nie in aanmerking geneem nie.

Hy het ook die landdros daarvan beskuldig dat hy Vrydag die verdediging se regspan leiding gegee het oor wat hulle in die hof moet sê.

Die president van AgriSA, Johannes Möller, sê mense wat die reg in eie hande neem omdat hulle ontevrede is oor hofverrigtinge, moet aanspreeklik gehou word. Möller het die polisie gevra om beskerming aan die landbougemeenskap te verleen.

Hy sê dié tipe geweld kan geen probleme oplos nie en tot ‘n veiligheidskatastrofe lei indien die polisie en leiers in die gemeenskap nie optree nie.

Möller sê ook indien die twee verdagtes skuldig bevind word, moet hulle die gevolge van hulle dade dra.

Die waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, het die VF Plus die versekering gegee dat die polisie met versterkings sal ingryp om die plofbare situasie en hernieude geweld in Coligny te kalmeer, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Maar ten spyte van die versekerings is eiendom vernietig en gisternag het groepe swartes van plaas na plaas beweeg om wit huise aan te val.

Op die Putfontein-pad is voertuie aangeval en aan die brand gesteek, volgens onbevestigde berigte.

Van die huise wat afgebrand is, behoort aan dr. Rabie Barnard, ‘n mediese dokter wat bekend is vir die onbaatsugtige werk wat hy onder al die gemeenskappe van die gebied doen, en die ander aan ‘n boer, mnr. Henk Keyser, wat op ‘n plaas naby die dorp woon.

Dr. Groenewald is glo in direkte kontak met Phahlane en die kommissaris het hom verseker dat versterkings en ‘n helikopter na die gebied ontplooi sal word.

“Ek is ook in direkte kontak met die polisie generaal in beheer van bedrywighede in die omgewing wat my op hoogte hou van die nuutste ontwikkelinge.

“Die VF Plus doen ‘n beroep op alle politici, en veral dié van die ANC, om hul volgelinge te vertel om die oppergesag van die reg te respekteer en nie rassistiese of populistiese stellings te maak soos die Noordwes se premier Supra Mahumapelo by die begrafnis van die seun gedoen het nie.

“Die situasie is uiters plofbaar, en die VF Plus wil weer daarop wys dat ‘n gemeenskap die reg het om hom te verdedig en sy eiendom te beskerm, en dit moet deur almal gerespekteer word,” sê dr. Groenewald.

Die polisie in Noordwes het inwoners van Coligny gewaarsku dat mense wat eiendom afbrand, vervolg sal word, maar ‘n polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabaone, sê egter niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Hy sê die polisie het hul hande vol om die groot groepe mense in bedwang te hou en sodra hulle die inwoners op een plek onder beheer het, breek geweld op ‘n ander plek uit. Mokgwabanone sê daar was geen berigte van enige beserings nie.

Intussen is die oorsaak van ‘n brand wat Maandag in ‘n oop stuk veld langs ‘n polisiekantoor in Jan Hofmeyrweg, Welkom uitgebreek het, steeds onbekend.

Francois Klaassen, van die Matjhabeng-munisipaliteit se brandweerdiens, sê hulle is omstreeks 14:00 ontbied. Hy sê met hul aankoms het die vlamme vinnig versprei na ‘n omheinde terrein van die polisie waar van hul voertuie en ander motors wat geskud is of in ongelukke betrokke was, gestaan het.

Vrystaat polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê van dié voertuie het aan die brand geslaan. Daar is motors wat ontplof het en selfs uitgebrand het. Makhele sê 37 voertuie van die polisie, wat nie meer in gebruik is nie of in ongelukke betrokke was, het vlam gevat.

Daar word nou gewag vir die polisie se forensiese ondersoek se uitslag. Makhele het verder gesê daar kan nie bespiegel word oor die oorsaak van die brand of die presiese omvang van die skade nie. Dit sal eers later bepaal word.

Borgaansoek-uitspraak van Coligny-boere vandag verwag

Uitspraak word vandag verwag in die borgaansoek van twee wit boere wat van moord op ‘n tienerseun van Coligny in Noordwes aangekla word.

Die swart gemeenskap wat klaarblyklik nie tussen oorsaak en gevolg kan onderskei nie, het die hotel op die dorp afgebrand om druk op die owerhede te plaas om die twee wittes skuldig te bevind.

Pieter Doorewaard en Philip Schutte word beskuldig van die moord op die 17-jarige Matlhomola Mosweu, wat tot gewelddadige betogings en brandstigting in Coligny gely het.

Die twee sê hulle het Mosweu gevang nadat hulle hom en nog ’n seun in hul werkgewer se sonneblomland gesien het. Die ander swarte het glo weggehardloop.

Die twee sê die swart tiener het van hul bewegende bakkie afgespring. Die staat het met ‘n dranksugtige getuie vorendag gekom wat beweer die beskuldigdes het Mosweu “ontvoer, met ’n vuurwapen gedreig en van die bakkie afgegooi”.

Doorewaard en Schutte staan tereg op aanklagte van moord, ontvoering en regsverydeling.

Intussen het die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, en die LUR vir onderwys, Sello Lehari, Sondag Mosweu se begrafnisdiens saam met vriende, familie en hooggeplaastes bygewoon. In plaas daarvan om die gemeenskap te kalmeer, het hulle olie op die vuur gegooi.

Mahumapelo het gesê die hof moet kyk hoe Mosweu dood is. Hy het ook gewaarsku dat as “geregtigheid” nie geskied nie, sal die gemeenskap aanhou onluste pleeg.

Sy woordvoerder, Brian Setswambung, sê die premier vra die gemeenskap om te wag vir die hof se beluit of borg toegeken sal word.

Pa se waarskuwingskote red jong meisie van swart aanvallers

‘n Jong sekretaresse van Heilbron in die Vrystaat is dankbaar sy leef nadat gewapende swart aanvallers haar verlede Dinsdag oorrompel en beroof het.

Tammie Watson sê dit was ‘n nagmerrie-ervaring. Sy het omstreeks 19:15 by die huis aangekom. ‘n Gewapende swartman het op haar afgepeil nadat sy uit haar motor geklim het. Sy het geskreeu. Hy het ‘n vuurwapen teen haar gesig gedruk en haar mond toegedruk.

Hy wou weet hoeveel geld en hoeveel mense in die huis is. Hy en nog ‘n gewapende man wou Watson die huis in dwing. Sy sê ‘n derde swarte het by die hek gewag en nog ‘n swarte het in ‘n motor gesit.

Sy sê dit is dieselfde motor wat vroeër die middag voor haar gery het. Watson se pa het deur ‘n skuifdeur van die huis gesien wat gebeur. Sy het vir hom geskree om nie uit te kom nie. Hy het die skuifdeur vinnig gesluit, sy vuurwapen gaan haal en ‘n waarskuwingskoot vanuit sy slaapkamervenster afgevuur.

Al wat deur haar gedagtes gegaan het, is dat hulle haar gaan skiet. “Toe hulle my pa sien, het ek hulle gevra om nie my pa te skiet nie.”

Sy sê ná haar pa se eerste waarskuwingskoot het een van die gewapende mans se fokus verskuif na haar pa toe wat aan die anderkant van die skuifdeur in die huis was. Hy het na haar pa gemik. Sy sê die ander gewapende man het haar van agter om haar nek gegryp.

Sy het gedink die rowers het haar geskiet toe sy haar pa se waarskuwingskoot hoor, maar “toe kyk ek en sien ek staan nog”. Sy was lam van die skok. Watson sê haar kat was by haar voete terwyl die mans haar gedreig het en die huis wou in dwing. Hulle het haar kat geskop en wou ook hul honde skiet wat een van die aanvallers wou aanval.

Watson sê hulle het haar in hul motor probeer dwing waarna haar pa weer ‘n waarskuwingskoot afgevuur het. Hulle het geskrik, haar selfoon gegryp, haar op die sypaadjie neergegooi en weggejaag. Sy het die voorval by die polisie op Heilbron aangemeld.

Volgens Watson is dit slegs genade van Bo dat alles uitgewerk het en dat sy en haar geliefdes nie ernstig beseer of doodgemaak is nie. Sy is nog erg getraumatiseerd en sukkel steeds om snags te slaap. “Dit is vir my ‘n nagmerrie.”

Sy sê ‘n mens verwag nie dat aanvalle van dié aard op klein plattelandse dorpies gebeur nie en wil mense graag waarsku dat gewapende rooftogte by huise op kleiner dorpies in landelike gebiede ‘n werklikheid is.

Bron: OFM Nuus

Zuma moet koes vir woedende skare in Limpopo

President Zuma se verskyning by beplande saamtrek met inwoners van Vuwani in Limpopo, moes afgelas word, nadat die president besluit het om weg te bly van ‘n vyandige skare wat hom ingewag het.

Die Presidensie sê die teenkanting van die skare teen die president, was nie verteenwoordigend van die hele gemeenskap nie, want net ontevredenes oor die nuwe munisipale afbakening was by die byeenkoms.

Die Presidensie het ‘n verklaring uitgereik nadat Zuma daarteen besluit het om oproerige inwoners van Vuwani te gaan toespreek.

Hulle sê die saamtrek was nie verteenwoordigend van almal nie, omdat die bywoning meestal bestaan het uit diegene wat gekant is teen die nuwe munisipaliteit.

Vier mense is in hegtenis geneem toe gefrustreerde inwoners, wat lank op Zuma gewag het, motors met klippe bestook het en minstens twee voertuie van die SABC ook beskadig.

Zuma het wel vroeër die plaaslike brandweerstasie besoek om met lede van die Pro-Makhado-taakspan, kerk- en tradisionele leiers, asook sakelui en die jeug te vergader, waarna hy vertrek het.

Twee voertuie van die SABC se vensters is gebreek en Zuma wou dit nie naby by die Nandoni-sportterrein waag nie.

Inwoners het ure lank in ‘n volgepakte tent op hom gewag en het later oproerig begin raak.

Zuma sal glo teruggaan vir ‘n besoek aan Vuwani in Limpopo om met álle gemeenskapslede te vergader oor die krisis met munisipale afbakening. Die gebied word reeds maande lank deur etniese onrus geteister.

SMS lei tot grootskaalse onrus suid van Johannesburg

Geweld het uitgebreek tydens ‘n diensleweringbetoging in Eldoradopark, suid van Johannesburg. Byna al die toegangsweë is gesluit.

Motoriste is gevra om die N12 en die Goue Hoofweg te vermy uit vrees dat hulle veiligheid nie gewaarborg kan word nie. Volgens berigte is brande vroegoggend in strate gestig om dit te versper.

Onbevestigde berigte lui dat inwoners oor swak dienslewering ontevrede is.

“Daar is geen manier om uit Eldoradopark uit te kom nie, daar is vure, die paaie is sedert baie vroegoggend, sedert 4:00 afgesper. Al die snelweë is geblokkeer en inwoners neem die strate oor. Ons het gisteraand ‘n SMS gekry wat gesê het alle paaie sal geblokkeer word weens swak dienslewering in die omgewing en dit is eintlik waar,” sê ‘n inwoner.

Dit is nie duidelik wie die SMS uitgestuur het aan al die inwoners nie. Inwoners eis glo dat huise toegewys word aan hulle.

Verskeie snelweë is geraak en verkeer word na alternatiewe roetes gelei, aangesien inwoners rommel en brandende bande gebruik het om paaie af te sper. Maar die onluste het totale verkeerschaos in Johannesburg veroorsaak.

Die afrit wat lei tot die N12 en die N1 oprit, oorkant Vryheidspark, is heeltemal gesluit.

Die Goue Hoofweg is ook geraak. Sommige motoriste en vragmotorbestuurders maak u-draaie op die paaie om alternatiewe roetes te probeer vind.

‘n Rookwolk van brandende voorwerpe kan van verskillende rigtings gesien word. ‘n Polisiehelikopter is ook in die lug.

#MacronLeaks te laat om uitslag van Franse verkiesing te beïnvloed

Dit was die hoogste vlak van geen belangstelling in die tweede rondte nie van ‘n verkiesing sedert 1969 in Frankryk, aangesien baie kiesers besluit het om weg te bly van die stembus, wat aan Emmanuel Macron die oorwinning oorhandig het. ‘n Massiewe inligtingskraak kon nie die uitkoms verander nie.

Macron het die presidensiële verkiesing gewen met 65 persent van die stemme teen Marine Le Pen. Sowat 10 persent van die stembriewe was leeg, twee tot drie keer meer as die gewone aantal.

Dit beteken dat minder as die helfte van die Franse vir Macron gestem het, maar ‘n verdeelde opposisie het aan hom die oorwinning besorg.

Le Pen het Macron in ‘n telefoonoproep gelukgewens en het belowe om sy vernaamste opposisie te bly. Le Pen het aan ondersteuners gesê tydens ‘n byeenkoms buite Parys. “Ek wens hom sukses toe met groot uitdagings”. Sy het bygevoeg dat die “Franse ‘n nuwe president verkies het en gekies het vir kontinuïteit”.

Die jongste president wat ooit in die land verkies is, was in sy oorwinningsrede kleinlik en giftig en het sy mededinger se party “ekstreem” genoem. Hy het Le Pen weer probeer beledig: “Ek weet hoekom mense verkies het om vir ‘n ekstremistiese party te stem.”

“Van môre af sal ons die politiek moderniseer, pluralisme herken, demokrasie laat herleef. Dit sal my eerste missie wees om almal te respekteer,” het Macron verklaar. By nadere ondersoek is die hele sin blote leë retoriek sonder inhoud.

Hy het belowe dat die premier en die regering na die inhuldiging wat voor 14 Mei geskeduleer is, aangewys sal word.

AFP het met Frankryk se president gepraat ná die uitslae bekend gemaak is. Macron het gesê: “‘n Nuwe blaadjie is omgeblaai, dié van hoop en herstel van vertroue.”

Die globaliste was verheug oor die uitslag: die Franse president François Hollande, die voormalige premier Manuel Valls, die Duitse kanselier Angela Merkel, die Britse PM Theresa, het alreeds Frankryk se president geloof.

Deur die keuse van Macron het die Franse teen die “tirannie” van “fopnuus” gestem, het die Europese Raad se Donald Tusk, gister gesê.

President Trump het ook vir Macron gelukgewens met sy groot oorwinning en getwiet dat hy “baie uitsien het om saam met hom te werk”.

Intussen het WikiLeaks getwiet dat hulle “nog nie foute in #MacronLeaks ontdek het nie” en bygevoeg dat hulle “baie skepties is dat die Macron-veldtog vinniger as ons is” om fopdokumente uit te wys.

Die kraak #MacroLeaks het onthul dat Macron op ‘n gay-poslys is, sy top-adviseurs koop dwelms aanlyn, ook vir die “baas” en dat vroue in sy veldtog baie minder betaal word as die Franse gemiddelde. Hy steek ook glo geld in die buiteland weg.

In een gelekte dokument het Macron se senior veldtoglid, Alain Tourret, ‘n ontwerperdwelm bestel met behulp van Bitcoin om die aankoop weg te steek. Die dwelm MMC-3 word deur die Franse regering in dieselfde kategorie as heroïne en kokaïen geklassifiseer. Hy het die pakket laat stuur na ‘n regeringsadres.

‘n Boekhouer in Macron se veldtog was geskok om te ontdek dat hulle veldtog se partytjies deur Rothschild Bank betaal word. ‘n Skermskoot uit haar e-posse is deur #MacronLeaks vrygestel en is deur WikiLeaks bevestig as ‘n geverifieerde dokument.

Volgens #MacronLeaks is die nuwe president van Frankryk op die poslys van VestiareGay, ‘n maatskappy wat fetisjitiese homoseksuele onderklere verkoop. Maar die lek het te laat gekom om die uitslag te beïnvloed.

Die Franse Commission Nationale de Contrôle de la Campagne Électorale het joernaliste gewaarsku om nie oor die inhoud van die gekraakte e-posse te rapporteer nie en selfs gewaarsku dat diegene wat die inligting versprei kriminele strawwe in die gesig staar.

Coligny-twee hoor vandag oor borg

Uitspraak in die borgtogaansoek van die twee mans van Coligny in Noordwes sal na verwagting vandag gelewer word. Pieter Doorewaard en Phillip Schutte is aangekla na die dood van ‘n 17-jarige swart tiener.

Die twee sê die swart seun, wat agterop die bakkie was, het afgespring van die bewegende voertuig terwyl hulle met hom na die polisiestasie onderweg was en sy nek gebreek. Hy is betrap toe hy na bewering sonneblomme gesteel het.

Maar ‘n getuie beweer die twee het die swart tiener van die bakkie “gestamp”, ‘n hoogs ongeloofwaardige bewering aangesien die bakkie sou moes beweeg sonder ‘n bestuurder.

Woensdag het Jeremiah Modisane aan die hof gesê die tiener het van die gesig en ore gebloei, maar het nog geleef toe hy op die toneel aankom. Hy is glo in die hospitaal dood.

Intussen het Mosweu se pa, Sakkie Dinkgane, gesê sy seun se begrafnisdiens sal Sondag gehou word. “Hy het my vertel dat hy na die hoërskool ‘n verkeersbeampte wou word. Dit was die soort werk wat hy liefgehad het,” sê Dinkgane.

Die staat is gekant teen borgtog en sê indien die beskuldigdes vrygelaat word, sal dit weer tot onrus in die omgewing lei.

Owerhede in Johannesburg het motoriste intussen aangeraai om die Goue Hoofweg en die K43 in Lenasia Suid te vermy weens oproer in die gebied.

Dit is nog nie duidelik waaroor dié lokasie klipgooi nie. Geen berigte òf gerugte van wit Afrikanermans in die omtrek wat een of ander versinde misdryf begaan het, het nog opgeduik nie.

‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Wayne Minnaar sê die gebied is nie veilig vir enige motoriste nie.

Italiaanse aanklaer sê smokkelaars en liefdadigheid het migrasie krisis geskep

Volgens die vlugtelinge-agentskap van die Verenigde Nasies (UNHCR) het sowat 182 000 migrante in 2016, nog ‘n rekordjaar, Italië binnegedring omdat ‘n Italiaanse aanklaer sê mensehandelaars werk nóú saam met NRO’s om die krisis te skep.

Hierdie syfer sluit slegs diegene wat amptelik geregistreer is deur Italiaanse amptenare of NRO’s en nie die massiewe golf van immigrante wat onwettige toegang verkry het nie.

Die oorgrote meerderheid van buitelanders in die EU is onwettige, ongedokumenteerde immigrante, want in 2016 is slegs 2,65 persent van die immigrante in Italië asiel as vlugtelinge toegeken, oftewel 4 808 gevalle.

Die leier van die Noordelike Liga, ‘n nasionalistiese politieke party, Matteo Salvini, het aangekondig dat hy ‘n saak teen regeringsleiers sal bring vir die bevordering van onwettige immigrasie in die land.

“Dit is nou duidelik dat onwettige immigrasie georganiseer en gefinansier word. Daarom het ons besluit om ‘n saak teen die regering, die president van die Raad, die ministers en die bevelhebbers van die vloot en die kuswag aanhangig te maak,” het Salvini gesê.

‘n Beroemde Italiaanse aanklaer het die regering in die openbaar beskuldig dat hulle “mensehandelaars help” om die land se ekonomie te ondermyn. Carmelo Zuccaro, het aan Rai 3, ‘n staatsbeheerde TV-kanaal, gesê dat nie-regeringsorganisasies met hul soek-en-redding-sendings onwettige immigrasie uit Libië aanmoedig.

Zuccaro is ‘n swaargewig in Italië, wat georganiseerde misdaad daadwerklik bestry. Hy het van Italië se mees berugte Mafia-misdadigers lewenslank tronk toe gestuur, ‘n dapper daad te midde van doodsbedreigings, moorde op sy kollegas asook sy familie.

Zuccaro het in ‘n onderhoud met die koerant La Repubblica Vrydag gesê die bewerings het van geloofwaardige bronne gekom en het politici aangespoor om dadelik op te tree. Salvini het Zuccaro geprys en gesê dat NRO-werknemers wat betrokke is by die soek-en-reddingsdienste “gearresteer moet word” en hul skepe “gesink” moet word.

Verlede jaar het Salvini gekla dat die dele van Italië se mees bevolkte stad “nie Italië of Europa meer is nie” as gevolg van die “georganiseerde inval” in Milaan. “Ek het vanoggend in Milaan geloop, en sommige dele van die stad is nie Italië of Europa nie. Dit word heeltemal beheer deur immigrante.

“Die probleem is om ‘n georganiseerde inval wat die etniese suiwering van Italianers en Europeërs veroorsaak, te stuit. In ‘n jaar sal ons praat oor honderde duisende mense wat aankom.”

Die helfte van die immigrante wat in Italië aangekom het, sowat 90 000, het nooit om asiel gevra nie, en het as ongedokumenteerde immigrante verdwyn, wat in Italiaans as “clandestini” bekend staan.

Ten spyte van die feit dat die oorgrote meerderheid immigrante in Italië asiel geweier is, is minder as 5 000 in 2016 gedeporteer.

Die eerste kwartaal van 2017 het ‘n toename van 30 persent in instromers getoon vergeleke met dieselfde tydperk in 2016. Italië het in ‘n enkele naweek meer as 8 500 migrante oor Paasfees ontvang.

Meer as 140 000 immigrante is verlede jaar in Italiaanse skuilings gehuisves, ‘n sewevoudige toename van 2013, met die immigrantekrisis nou in sy derde jaar.

Intussen het ‘n ekonomieprofessor in Duitsland bevestig dat twee derdes van vlugtelinge wat in die EU aankom, ongeletterd is, sonder die vermoë om werk te vind en sodoende die land se ekonomie saboteer.

Ludger Woessmann, ‘n professor in ekonomie aan die Universiteit van München, het aan die Duitse tydskrif Zeit gesê 65 persent van Siriese vlugtelinge is ver onder internasionale standaarde wat basiese lees- en skryfvaardighede betref, en kan werkloosheidskoerse deur die dak dwing asook die vraag na maatskaplike welsynstoelaes.

“Met twee-derdes as funksioneel ongeletterd beskou in ooreenstemming met internasionale onderwysstandaarde, is dit die nodige opleiding om plaaslike besighede te bestuur wat meestal ontbreek,” sê Woessmann.

“Ons moet onsself voorberei dat die meerderheid jong vlugtelinge sal misluk in hul drie jaar opleidingskursusse wat ‘n hoë vlak van teorie bevat,” sê Woessmann. “Sewentig persent van die vlugtelinge uit Sirië, Afghanistan en Irak wat twee jaar gelede begin het, het reeds uitgeval.”

Die berig wat u hier gelees het is uniek in Afrikaans. Dit is spesiaal nagevors vir PRAAG wat die nasionalistiese tendense in Europa ten nouste volg. Help ons asseblief om dit vol te hou deur aan te sluit!

Dokumente gelek wat wys Macron steek geld in buiteland weg

Dokumente is Donderdag gelek wat onthul dat die Franse presidensiële kandidaat Emmanuel Macron moontlik geld in die buiteland wegsteek.

Macron het ‘n bedryfsooreenkoms aangegaan vir ‘n beperkte aanspreeklikheidsmaatskappy (LLC) in die Karibiese eiland Nevis en die maatskappy kon dalk ‘n sakeverhouding gehad het met ‘n bank wat vroeër betrokke was by belastingontduiking in die Kaaimanseilande, het Disobedient Media berig.

Inligting oor maatskappy-eienaars is nie algemeen beskikbaar nie, aangesien Nevis deur Bloomberg beskryf is as een van ‘n aantal gewilde belastingparadyse in die Karibiese Eilande.

Forbes het berig dat die betrokke bank as ‘n fasiliteerder van belastingontduiking in 2013 betrokke was. Dit is ook deur Reuters as ‘n speler in bedrog aangewys wat verband hou met die skandale van die Internasionale Sokkervereniging van 2015 (FIFA).

Macron het minder as ‘n maand gelede beweer dat hy nie bates wegsteek of geheime buitelandse rekeninge het nie.

Die eerste dokument is ‘n bedryfsooreenkoms opgestel op 4 Mei 2012 om “La Providence LLC” te vorm onder die 1995 Nevis Limited Liability Company Ordinance. Macron se naam en handtekening verskyn op die dokument.

La Providence is die naam van Macron se voormalige hoërskool in Amiens, waar hy sy heelwat ouer onderwyseres – nou sy vrou – romanties bevriend het op die tere ouderdom van 15, iets wat normaalweg tronkstraf vir haar sou beteken het.

Die besluit om ‘n maatskappy in Nevis te vorm, laat die vermoede ontstaan van belastingontduiking, aangesien die Nevis Confidential Relationship Act die bekendmaking van inligting verbied en die geheimhouding en privaatheid van buitelandse LLC’s in Nevis waarborg.

‘n Tweede dokument is ‘n brief gestuur aan La Providence Ltd van die First Caribbean International Bank, wat ‘n sakeverhouding met Macron se LLC aandui.

First Caribbean International Bank is daarvan beskuldig dat hulle belastingontduikers in 2013 gehelp het, en dit het geblyk dat ‘n verteenwoordiger vir First Caribbean persoonlik ‘n tjek van ‘n FIFA-beampte ontvang het en daarna teruggekeer het om dit in ‘n rekening in die Bahamas te deponeer, het Reuters berig.

In April het Macron ontken dat hy buitelandse rekeninge of geld van die Franse owerhede wegsteek. Francois Fillion was nie so gelukkig nie. Hy het na bewering sy bod vir die presidentskap verloor weens beweringe oor korrupsie.

As dit as outentieke dokumente bevestig word, sal Macron ‘n paar verduidelikings moet gee. Maar die hoofstroommedia staan bankvas agter hul kandidaat Macron en het ‘n striemende aanval teen die Front National geloods enkele dae voor die laaste stemmery.

Aanklaers in Parys het ‘n ondersoek teen Marine Le Pen geopen oor die “leuens” en “laster”, maar dit is nie duidelik waaroor hulle haar wil aankla nie. Sy het slegs tydens die laaste debat met haar teenstander opgemerk: “Dit sal jammer wees as ons ontdek dat jy ‘n geheime rekening in die Bahamas het.”

‘n Woordvoerder van die Macron-veldtog, het gesê hulle gaan almal aankla wat hierdie inligting versprei.

Trump se skoonseun steek bande met Soros weg

Jared Kushner, president Trump se skoonseun en senior adviseur, het die eienaarskap van ‘n eiendomsbelang wat verband hou met George Soros, volgens die Wall Street Journal nie bekend gemaak nie.

In sy openbaarmakingsvorm wat vroeër vanjaar geliasseer is, het Kushner Cadre nie as een van sy honderde bates geïdentifiseer nie. Die koerant het sy Cadre-belang geïdentifiseer deur middel van ‘n oorsig van sy bates, asook onderhoude met mense wat bekend was met die maatskappy en Kushner se finansies.

In hul oorsig van Kushner se bates het die WSJ opgemerk dat Kushner se Cadre-betrokkenheid “die senior Withuis-amptenaar tans ‘n sakevennoot van Goldman Sachs en miljardêrs, insluitende George Soros maak.

Kushner het ook nie ‘n aantal lenings bekendgemaak nie “ten bedrae van minstens $1 miljard, van meer as 20 leners,” ook uit die buiteland en Kushner “het ook persoonlike waarborge op meer as $300 miljoen van die skuld verskaf.”

Cadre het ‘n kredietlyn van $250 miljoen gekry van die familiekantoor van George Soros, ‘n top-demokratiese skenker. Soros se familiekantoor is ook ‘n belegger in Cadre. Kushner, wat met Trump se dogter, Ivanka, getroud is, was nie eerlik oor sy sake met Soros nie.

Kushner se prokureur het gesê sy kliënt is tans besig om sy openbaarmakings te hersien, in wat kennelik na ‘n poging lyk om die skelmstreke toe te smeer. Kushner het meer as 200 bates behou. Soos sy skoonpa, het hy geweier om hierdie bates in ‘n blinde trust te plaas, iets wat etiek deskundiges beskou as die beste manier om botsings van belange te vermy.

Christian Lammert, ‘n professor in die politieke wetenskap aan die Universiteit van Berlyn se John F. Kennedy-instituut, het gesê dat nepotisme ernstige politieke gevolge kan hê nadat die Duitse minister van buitelandse sake Sigmar Gabriel opgemerk het dat lede van die Trump-familie wat nog nooit verkies is nie, skielik verskyn “as amptelike staatsverteenwoordigers”.

Ivanka Trump, die Amerikaanse president se dogter het die Amerikaanse regering verteenwoordig tydens die Berlynse beraad “en dit is eintlik baie problematies,” het Lammert aan DW gesê.

Lammert het gesê Trump het sy Withuis met familielede gevul op ‘n manier wat tot korrupsie kan lei. “Familielede word in sleutelposisies sonder dat hulle verkies is, aangestel – posisies wat hulle toelaat om invloed te uit te oefen terwyl dit terselfdertyd implikasies het vir hul private besighede,” het Lammert gesê. Hy het byvoorbeeld daarop gewys dat pres. Trump se belastingplan vir hom en sy gesin ‘n groot voordeel sal wees en dat Ivanka en haar man, Jared Kushner, vergaderings met buitelandse politici hou in lande waar hulle ook sake doen.

Die Kushner-maatskappye het ook bevestig dat hulle ‘n “lang verhouding” gehad het met twee groot Israeliese banke, Bank Hapoalim en Bank Leumi.

Die Trump-administrasie het ‘n ondersoek na die VSA se departement van justisie geërf vir bewerings dat Bank Hapoalim Amerikaanse kliënte gehelp het om belasting te ontduik. Bank Leumi het na bewering gehelp om Amerikaanse belastingpligtige kliënte se geld vanaf 2002-2010 weg te steek en het in 2014 ‘n skikking met die departement van justisie bereik om $400 miljoen in boetes te betaal.

Terwyl Kushner se geskiktheid vir die rol in die Midde-Ooste se diplomasie vrae ontlok, het Trump aangehou om te beklemtoon dat sy skoonseun sal werk om ‘n vredesooreenkoms in die Midde-Ooste te bemiddel. Trump het van sy skoonseun waargeneem: “Ek bedoel, hy ken dit so goed. Hy ken die streek, ken die mense, ken die spelers.” Dit beteken waarskynlik eerder dat Trump minder as niks weet nie en dat hy daarom dink sy skoonseun is geskik.

Israeliese premier Benjamin Netanyahu is so ná aan die Kushners dat hy een keer in Kushner se kinderbedjie geslaap het, volgens ‘n New York Times-profiel van Kushner.

Na nagenoeg drie maande in die regering is die Trump-raadgewer Steve Bannon uitgeskop deur Kushner en het hy nou klaarblyklik ook van Sebastian Gorka in die Nasionale Veiligheidsraad ontslae geraak. Die teenterrorisme-raadgewer Gorka word verdink van sy beweerde bande met “anti-Semitiese groepe” in Hongarye.

Hierdie nuusberig is uniek in Afrikaans. Dit is nagevors vir ons webblad. U sal dit nie elders te lese kry nie. Steun ons asseblief om deurentyd sulke kwaliteitberigte te kan lewer!