Afrika kry sy eie TV-sakekanaal

Op 1 Junie vanjaar begin CNBC Africa, Afrika se eerste TV-kanaal gewy aan ekonomiese aangeleenthede, vanuit Johannesburg na die hele Afrika suid van die Sahara uitsaai.

Die kanaal behoort aan Africa Business News, wat ’n ooreenkoms met CNBC gesluit het. Die kanaal sal 24 uur per dag uitsaai en op die besigheidswêreld in Afrika fokus. Daar sal ook insetsels wees van CNBC in die VSA, Europa, Indië en die Midde-Ooste.

Trevor Ormerod sal aan die hoof van die Afrika-kanaal staan. “Verskeie Afrika-ekonomieë, insluitende dié van Suid-Afrika, toon tekens van regte groei en ontwikkeling. Die res van die Afrika-vasteland toon beslis belowende potensiaal en ons is opgewonde om dit te help ontwikkel,” aldus Ormerod.

Die CNBC-belegging verteenwoordig ’n bedrag van 25 miljoen dollar. Die plaaslike Nywerheidskorporasie het R144 miljoen in hierdie projek belê.

Mbhazima Shilowa, premier van Gauteng, het die nuwe kanaal verwelkom en gesê dit wys net weer watter belangrike rol Suid-Afrika speel. Volgens hom sal CNBC Africa ekonomiese inligting verskaf wat Suid-Afrika in staat sal stel om ’n beeld van ”ekonomiese voorspoed” aan die wêreld voor te hou.

Peter Ndoro, wat die kanaal se openbare skakeling gaan hanteer, het egter daarop gewys dat daar nog ’n ver pad is om te stap. Die kanaal gaan op kwessies soos die gebrek aan handel tussen Afrika-lande fokus. Handel word belemmer deur doeane-unies wat nie funksioneer nie. ”Afrika is steeds hoofsaaklik net ’n uitvoerder van grondstowwe en invoerder van vervaardigde goedere. Totdat die vasteland begin om meer goedere te vervaardig, gaan daar min wees om van ander Afrika-lande in te voer,“ het Ndoro verder gesê.

CNBC Africa sal op DSTV-kanaal 54 uitsaai.

wedding hair combsтопкарго кидалы

Verbruikershoof die doodstraf opgel

Die afgesette hoof van China se Verbruikersveiligheidsraad is gister die doodstraf opgelê. Die stap kom nadat ‘n reeks skandale waar verbruikers in gevaar gestel is die wêreld onlangs geskud het.

Zheng Xiaoyu is skuldig bevind op aanklag dat hy 6,5 miljoen Yuan se omkoopgeld aanvaar het van farmaseutiese maatskappye om nuwe geneesmiddels goed te keur. Dit beklemtoon die Chinese regering se vasberadenheid om korrupsie en verbruikersveiligheidsoortredings vas te vat. Zheng is die mees senior beampte om ter dood veroordeel te word in sewe jaar.

 
Die regering vrees dat die afgelope reeks onreëlmatighede wat dodelike gevolge gehad het verbruikersvertroue erge skade kan berokken. In China is omkopery en swak wetstoepassing dikwels die oorsaak van probleme. Omdat die land toenemend produkte uitvoer, is die kwessie nie net van binnelandse belang nie, maar ook internasionaal.

Vir die grootste deel van die afgelope dekade was Zheng die gesig van China se verbruikersveiligheidsmaatreëls. Hy het eers as uitvoerende beampte in die farmaseutiese bedryf diens gedoen, voordat hy as die eerste Staatsadministrateur vir Voedsel en Geneesmiddels aangestel is. Dié liggaam is ‘n 1998 in die lewe geroep en is soortgelyk aan die Amerikaanse FDA (Food and Drug Administration)

Zheng se uiters magtige Administrasie moes alle nuwe geneesmiddels goedkeur asook lisensies vir die uitreiking van voedsel en farmaseutiese fabrieke koördineer. Volgens ‘n plaaslike bron, het een so ‘n "goedgekeurde" antibiotikum eers 10 pasiënte laat sterf voordat dit teruggetrek is. In 2005 – die jaar waarin Zheng gearresteer is – het die Gesondheidsministerie 34 000 voedselverwante siektes aangemeld.

Gegewe die feit dat China ‘n reuse bevolking van 1.3 miljard mense het, is dit nogtans nie baie nie. Die hof het beslis dat Zheng se grootste misdaad was dat hy sy gesin en homself verryk het deur sy posisie te misbruik.

Die Chinese nuusagentskap, Xinhua, het die hofuitspraak aangehaal wat die feit bekla het dat "Zheng sy mag deur die Staat aan hom toevertrou nie ernstig en eerlik aangewend het nie en die belange van die mense geïgnoreer het deur omkoopgeld te aanvaar." Dit het weer gelei tot "uiters benarde maatskaplike gevolge".

Die besondere swaar straf mag daarop gemik wees om verbruikersvertroue in China sowel as elders te herstel. Vandeesmaand is derduisende buisies tandepasta in Australië, Panama en die Dominikaanse Republiek inderhaas van winkelrakke verwyder omdat dit gevaarlike hoeveelhede van ‘n toksiese middel bevat wat normaalweg vir die verkoeling van enjins gebruik word.

In April het die VSA China daarvan beskuldig dat hulle giftige troeteldierkos vrygestel het wat tot die dood van talle honde en katte gelei het. Drie deelstate in Amerika het intussen ook ‘n verbod op sekere visinvoere vanaf China geplaas nadat dit aan die lig gekom het dat die vis ‘n ontoelaatbare antibiotikum bevat.

bad wolfeлобановский александр компромат

Aan vaardighede skort dit nie!

Image

Mlambo-Ngcuka

Jimmy Manyi, voorsitter van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming, is gedeeltelik reg wanneer hy sê Suid-Afrika se gebrek aan vaardighede is ’n mite, meen adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka. Sy het dit verlede week in die parlement kwytgeraak.

Die feit dat daar swart gegradueerdes is wat werkloos is, kan toegeskryf word aan die feit dat hulle vaardighede nie altyd ooreenstem met wat die mark wil hê nie. Dan is dit ook waar dat diegene met “tegniese vaardighede” nie altyd oor sogenaamde “sagter” vaardighede beskik nie. Dit maak hulle volgens die adjunkpresident slegte ”spanwerkers” en minder bedrewe as dit byvoorbeeld kom by aanbiedings. Sy meen verder dat daar ook baie swart gegradueerdes is wat in posisies sit wat benede hulle kwalifikasies is. Hierdie swart werknemers bedank uiteindelik en vind werk elders.

Manyi het vroeër verlede week opslae gemaak toe hy tydens ’n sessie met die parlementêre arbeidskomitee gesê het dat daar genoeg gekwalifiseerde swart werknemers is om vakante poste in die land te vul. Volgens hom word bestaande vaardighede net nie reg aangewend nie en is daar nie ’n gebrek aan vaardighede nie. Hy het ook gesê dat daar weer gekyk moet word na die kwessie van blanke vroue wat bevoordeel word in aanstellings. Volgens hom is “diepgewortelde rassisme” verantwoordelik vir die feit dat soveel blanke vroue in die boonste drie lae van die arbeidsmark aangestel word, want werkgewers wil nie werklose swart gekwalifiseerde persone in diens neem nie. Die “hekwagters“ by meeste Suid-Afrikaanse maatskappye is blank en dit veroorsaak dat transformasie in die arbeidsmark so stadig plaasvind. Volgens Manyi meen hierdie blankes dat hulle oor “meerderwaardige gene“ in vergelyking met swartes beskik.

Volgens Manyi is die rol van swart werknemers in die plaaslike ekonomie beperk tot seremoniële rolle en pogings van maatskappye om hulle uit te stal as teken van hul verbintenis tot transformasie. Beheer oor die ekonomie is steeds in blanke hande. Swart werknemers word verder dikwels vir kursusse gestuur wat hulle permanent “in opleiding“ hou en hulle sodoende van normale loopbaanvordering weerhou. Manyi wil voorts hê dat boetes verhoog moet word vir maatskappye wat nie gelyke indiensneming toepas nie. Hy het voorgestel dat boetes tot 10% van maatskappye se omset verhoog behoort te word.

от кровоточивости десенДанильченко Юрий Брониславович

Zuma ontken bewerings van buitelandse steun

Image

Jacob Zuma

Die adjunkpresident van die ANC, Jacob Zuma, het deur middel van sy regsverteenwoordiger, Mike Hulley, gereageer op bewerings dat hy geldelike steun van Angolese en Libiese leiers ontvang het ten einde vir president Thabo Mbeki uit die stoel te lig. Volgens Zuma is die bewerings deel van ’n poging om hom te diskrediteer en hy hoop dat die gereg die skuldiges sal vind.

Die Sunday Independent het gister verwys na ’n “uiters geheime” verslag in hulle besit, waarin die bewerings vervat word.

Zuma voer tans ’n veldtog om Mbeki as ANC-voorsitter te vervang ter voorbereiding van die party se nasionale konferensie wat in Desember vanjaar plaasvind.

Minister Ronnie Kasrils het reeds ontken dat die verslag deur die Geheime Diens of Nasionale Intelligensie-agentskap opgestel is. Volgens hom is daar “duister elemente“ wat die huidige politieke klimaat in die land tot hulle voordeel probeer gebruik.

Die “uiters geheime“ verslag waarna die pers verwys, is op 7 Mei anoniem na Cosatu gefaks. Die vakbond het die Nasionale Vervolgingsgesag versoek om die oorsprong van die dokument te ondersoek.

City Press het met anonieme intelligensie-beamptes gepraat wat glo die verslag is opgestel deur ’n verregse faksie wat bande het met buitelandse intelligensie-organisasies.

Polisiebeamptes het verlede week gemeen dat vroeëre bewerings van ’n sluipmoordkomplot teen Zuma ongegrond is en dat hulle beplan om persone in Zuma se entourage hieroor te vervolg. Volgens beamptes van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid was dit alles net ’n poging om meer publisiteit vir Zuma te genereer.

тамбов жидкоетопкарго отзыв

Afrika-grense nie meer van belang nie

Image

John Tesha

Die Instituut vir Sekerheidstudies het op  25 Mei ‘n seminaar in Pretoria aangebied oor die “Verenigde State van Afrika.” Die Afrika-unie se parlement gaan in Julie vanjaar in Akkra oor dieselfde kwessie vergader.

Volgens dr John Tesha van die Afrika-forum is oop grense in Afrika nie iets om te vrees nie. Hy het verwys na Wes-Afrika, waar grense reeds geruime tyd vrylik oorgesteek kan word, sonder ‘n toeloop van mense na Nigerië, die rykste land in die streek. Dieselfde geld ten opsigte van Oos-Afrika en Kenia.

Die Afrika-forum is saamgestel uit oudregeringsleiers uit Afrika wat tot ontwikkeling op die vasteland probeer bydra.

Mnr George Mukundi van Kenia wat tans in Suid-Afrika werk, meen vreemdelingehaat kan groter eenheid in Afrika egter beduiwel. Daar word nou gedink aan drie opsies om eenheid op die vasteland tot stand te bring:

  • Meer ekonomiese samewerking om eenheid te verstewig voordat daar aan die politieke aspekte gedink word.
  • ‘n Nuwe struktuur vir Afrika met ‘n uitvoerende president (die breinkind van kolonel Ghaddafi).
  • Versterking van die AU se bestaande strukture sodat daar ‘n losse federale eenheid tot stand kom.

Volgens mnr Oziaz Tungwara, wat vir Afrimap in Zimbabwe werk, sal ‘n verenigde Afrika konkrete resultate moet lewer om mense te oortuig. “As dit my ouma in Zimbabwe kan help om haar geweefde maandjies in Durban te verkoop, is dit ‘n goeie ding.”

мыльные наборыОлександр Фільчаков прокурор

FW de Klerk nou bekommerd oor grondhervorming

FW...bekommerd

FW… bekommerd

’n Verslag van die FW de Klerk-stigting, wat gister bekendgestel is, waarsku dat mislukte grondhervormingsprojekte voedselproduksie in Suid-Afrika bedreig.

Die dokument is getiteld Grondhervorming : ’n kontekstuele analise. Volgens die verslag het Suid-Afrika tien jaar gelede landbouprodukte ter waarde van R2,40 uitgevoer vir elke R1,00 van produkte wat ingevoer is. Nou staan dit op R1,40 uitvoere teenoor elke R1,00 wat ingevoer word. Die land kan gevolglik nie onderbenutting of wanbenutting van landbougrond bekostig nie.

Die boodskap agter die versigtige formulering en lomp sinne is duidelik:

“Grondhervormingsprojekte wat misluk, bedreig voedselsekuriteit…’n grondhervormingsbeleid ingevolge waarvan grond pro-aktief deur die regering verkry word en net aan swart Suid-Afrikaners oorhandig word wanneer potensiële boere geïdentifiseer is, kan selfs meer landbougrond buite die sfeer van die kommersiële landbousektor plaas.“

Die verslag meld verder dat volgens Agri-SA 71 landbouhervormingsprojekte in die Limpopo-provinsie reeds misluk het as gevolg van die “onvoldoende ondersteuning“ wat aan opkomende boere verskaf word. In die Wes-Kaap misluk soortgelyke projekte dikwels omdat die “vaardighede“ van die opkomende boere “nie betyds opgegradeer word nie.“

Volgens ’n studie wat deur die Universiteit van Pretoria uitgevoer is met betrekking tot plase wat aan swart boere oorhandig is, is dit duidelik dat produksie in 44% van die gevalle drasties afgeneem het en dat daar op 24% geen produksie hoegenaamd plaasvind nie.

Volgens die FW de Klerk-stigting se verslag is een van die uitdagings waarmee grondhervorming tans te make het die feit dat kennis al belangriker geword het om suksesvol te kan boer. Onervare boere behoort hulp van die staat of mentorskap van bestaande boere te kan geniet. Toegang tot lenings vir nuwe boere is ook belangrik. Die verslag meld verder dat daar ’n “kapasiteitsprobleem“ binne die Department van Landbou en Grondsake bestaan en dat die beamptes van die departement met blanke boere behoort saam te werk. Daar word voorgestel dat bonusse gebied word aan blanke boere wat swart opkomende boere help, maar terselfdertyd meld die verslag dat ”gegewe die huidige politieke klimaat, dit onwaarskynlik is dat so ’n inisiatief positief oorweeg sal word.”

Die verslag meld verder dat die regering behoort te besef dat landbou oor beperkte kapasiteit as katalisator vir sosio-ekonomiese ontwikkeling beskik. Die klem behoort eerder op stedelike hervorming te val.

Die regering beoog om teen 2014 ’n derde van landbougrond in Suid-Afrika in die hande van swart boere te plaas. Net sowat 4% is tot op hede al oorgedra.

Tydens die bekendstelling van die publikasie het Dave Steward van die FW de Klerk-stigting gesê dat grondhervorming “emosioneel en gekompliseerd“ is. “Dit is belangrik dat ons saam daaraan werk – hervorming ’saam met’ in plaas van ’teen’,” het hy opgemerk.

slots noФильчаков прокурор харькова

Annanias Mathe se pa met moetie gevang

Image

Annanias Mathe (middel)

Die Departement van Korrektiewe Dienste het gister bevestig dat Annanias Mathe se 80-jarige vader ondervra is nadat hy probeer het om moetie in Pretoria se C-Max-gevangenis in te smokkel.

Beamptes het deur middel van ’n skandeerder ’n bottel met swart inhoud opgemerk binne die brood wat Mathe se vader vir sy seun saamgebring het. Volgens die bejaarde man het iemand in Alexandra die moetie aan hom oorhandig om dit by Mathe uit te kry. Die brood en swart inhoud van die bottel sal nou in ’n polisielaboratorium ontleed word. Gedurende die ondervraging het dit verder geblyk dat Mathe senior se besoekpermit verval het en dat hy dus nie meer sy seun kon besoek nie.

Mathe het in Desember verlede jaar uit C-Max ontsnap. Hy staan op 76 aanklagte tereg, wat sewe aanklagte van verkragting, vier van poging tot moord, vyf van inbraak en verskeie ander van roof met verswarende omstandighede insluit.

treasures of egyptДанильченео

Cheney is weer oupa

Image

Ouma en oupa Cheney

Mary, die lesbiese dogter van die Amerikaanse vise-president Dick Cheney, het Woensdag ‘n seun ryker geword. Hy sal Samuel David Cheney heet.

Die baba het 3,8kg by geboorte geweeg en is die sesde kleinkind van die vise-president. Sy kantoor het ‘n foto van die vrolike ouma, Lynne Cheney, wat die baba vashou en haar glimlaggende man vrygestel. Altwee lyk hoog in hul noppies met die nuweling.

 
Dat ‘n groot deel van die Bush-regering se steeds krimpende steun uit die sogenaamde konserwatiewe Bybelgordel kom wat tradisionele waardes verdedig, het blykbaar nog nie enige werklike lastigheid vir Cheney of sy dogter veroorsaak nie.

Die manier waarop die baba verwek is, is nie bekend nie en die betrokke partye swyg in alle tale. Mary Cheney is 38 jaar oud en leef saam met haar vriendin Heather Poe, 45, ‘n eertydse natuurbewaarder. Hulle het mekaar ontmoet terwyl albei yshokkie gespeel het en in 2005 saam opgedaag by ‘n Withuis-dinee ter ere van prins Charles en Camilla.

 
Dit terwyl Bush aanhou om in die openbaar te verklaar dat die huwelik ‘n binding tussen man en vrou is, homoseksuele egverbintenisse verwerp en weier om wetgewing aan te pas in die verband.

Cheney self wys enige kritiek op sy dogter af deur te sê dat "vryheid vryheid vir almal is". Hy het tot dusver goed daarin geslaag om die kwessie aan geen polemiek te onderwerp nie. Mary word beskou as een van sy grootste raadgewers en was ten nouste betrokke by sy herverkiesingsveldtog in 2004.

 
Terwyl die Amerikaanse weermag sukkel om genoeg nuwe innames te registreer om hul militêre betrokkenheid in Irak, Afghanistan en elders vol te hou, het nie een van Cheney se kinders aangemeld vir diens nie. Cheney word nietemin as een van die prominente valke in die huidige administrasie uitgesonder.
 
Hy het ook reeds skerp kritiek verduur agv van sy eertydse voorsitterskap van Halliburton en in weerwil van sy verklaring dat hy geen bande met die maatskappy meer het nie, het joernaliste vasgestel dat hy steeds aandele hou. Die waarde daarvan het intussen met 3 281 persent toegeneem.
 
Die maatskappy het ook onlangs aankondig dat die hoofkantoor na die Midde-Ooste verskuif gaan word. Halliburton het uiters lukratiewe kontrakte met die oorlogsverklaring teen Irak losgeslaan.

Vanweë die feit dat Republikeinse wetgewing nie huwelike tussen dieselfde geslag erken nie, is dit nog nie duidelik of die nuwe aankomeling binne of buite die eg gebore is nie.

free bonus no deposit requiredданильченко юрій броніславович

Woolworths in SEB-transaksie

Woolworths, die alles-Engels kettingwinkel gaan ‘n SEB-transaksie (Swart Ekonomiese Bemagtiging) doen, het die bestuur aangekondig. Dié winkel hou modes, kos en huisware aan en het takke oral in Suid-Afrika.

Die transaksie beloop 292 miljoen rand en sal aan swart vennote ‘n aandeel van 10% in die maatskappy verskaf. Woolworths is maar een van talle ondernemings wat nou in die rigting beweeg van die "erkenning van die sosiale en ekonomiese imperatief" van SEB. Hulle is ook van mening dat die "ongelykhede" van die "apartheid-era" aangespreek moet word en daarom moet die oordrag plaasvind.

Trevor Manuel, minister van Finansies, het reeds by geleentheid die wysheid van SEB in sy huidige vorm bevraagteken, maar dit lyk nie asof Woolworths kennis geneem het nie. Tot dusver het SEB net ‘n paar besonder welgestelde swart beleggers, die meeste ook toevallig ANC-lede, gehelp. Manuel, self ‘n lid van die ANC, het tewens verlede maand aangekondig dat SEB hersien behoort te word.

Ongeveer 90% van Woolworths se personeel is swart en daarvan is 85% vroue.

игры для деочекОлександр Фільчаков прокурор

Merkel kritiseer Mugabe

Image

Johnson Sirleaf en Merkel

Die Duitse Kanselier, Angela Merkel, huidige president van die EU sowel as tans van die G-8, het Dinsdag in Berlyn die "onaanvaarbare" politiek van die Zimbabwiese president Robert Mugabe skerp gekritiseer tydens die agtste Forum vir die Vennootskap met Afrika (APF).

"Ons volg die situasie in Zimbabwe met groot kommer. Niks kan die intimidasie van politieke opponente regverdig nie, die stokke in die wiele van ‘n onafhanklike media, die dreigemente teenoor landelike inwoners en die vernietiging van krotbuurte nie," het sy verklaar.

 
"Die politiek van president Mugabe is onaanvaarbaar. Vir hierdie rede, doen ek ‘n beroep op alle politieke ampsdraers van aangrensende lande om hul invloed ten behoewe van die mense, ook van Zimbabwe, te laat geld," het die Kanselier aan die Forum gesê. Liberië se president Ellen Johnson Sirleaf was ook onder die deelnemers aan die Forum.
 
Sy is in 2005 verkies as Liberië en Afrika se eerste vroue-president. Johnson Sirleaf spog met ‘n Duitse voorouer, ‘n oupa. ‘n Vergadering wat sy in 2006 gereël het met verteenwoordigers van die Ivoorkus, Ghana en Sierra Leone in die Liberiese ampswoning het inderhaas verdaag nadat ‘n brand uitgebreek het. Brandstigting is vermoed en sy moes van raadgewers verander.
 
Die Duitse Kanselier het egter Zimbabwe uitgesonder vir kritiek. Mevrou Merkel het belowe dat Afrika ‘n belangrike tema op die komende G-8 beraad vanaf 6 tot 8 Junie 2007 in Heiligendamm, in die noord-ooste van Duitsland, sal wees.

Die grootste opposisieparty in Zimbabwe, die MDC, het Vrydag ‘n veldtog geloods om druk op president Mugabe te plaas om parlementêre verteenwoordigers en aktiviste wat in Maart vir terrorisme gearresteer is, vry te laat.

Die aanhoudings het gevolg op die inhegtenisname en aanranding van Morgan Tsvangirai, MDC-leier, en ‘n dosyn van sy ondersteuners tydens ‘n biduur wat deur die opposisie, kerke en menseregteorganisasies georganiseer is.
 

детектор лжи томскДанильченко Юрий прокурор