Amerikaanse filmman sterf in SA

David R. Ellis (60), bekende Amerikaanse rolprent-regisseur, se lyk is in die SandtonSun-hotel gekry.

Ellis was die regisseur van rolprente soos Snakes On A Plane, The Final Destination en Shark Night 3D.

Hy was in Suid-Afrika om aan ‘n rolprent te werk.

Volgens die polisie is dit nog nie duidelik wat Ellis se dood veroorsaak het nie.

Hy is Saterdag laas lewend in ‘n restaurant deur ‘n vriend gesien.

Sy lyk is Maandagmiddag deur die hotelbestuurder ontdek.

“Daar word niks uit sy kamer vermis nie en gemene spel word nie tans vermoed nie,” het luit.kol Lungelo Dlamini gesê.

Die Amerikaanse ambassade is ingelig en hulle tref reëlings.

Фільчаков прокурор

SEB lei tot korrupsie, sê Cronin

Jeremy Cronin, adjunkhoof­sekretaris van die SAKP, het gesê swart ekonomiese bemagtiging (SEB) lei tot korrupsie. Cronin het hom in Desember op die ANC-kongres nie vir die party se nasionale uitvoerende komitee verkiesbaar gestel nie.

Cronin het gesê daar was geen sprake van SEB voor 1994 nie. “Deel van die skuld vir korrupsie moet voor die deur van die ANC of minstens deels voor die deur van die ANC gelê word.”

Cronin, adjunkminister van openbare werke, het Sondag tydens die Joe Slovo-gedenklesing in Soweto gesê die beleidsbesluit is eers ná 1994 geneem om die invloed van die SAKP te troef en om sekere individue persoonlik te verryk.

“Die SEB-besluit het vir sommiges in die ANC en die regering twee voordele gehad: Dit het tot persoonlike verryking gelei en dit het as ‘n teenmiddel teen die SAKP- en Cosatu-alliansievennote binne die beweging gedien.”

Cronin het al voorheen omstrede uitsprake oor SEB gemaak. Volgens Cronin is die nasionalisering van myne bloot ‘n manier om SEB-maatskappye uit hul skuldprobleme te red.

In 2010 het hy gesê die teikens vir swart eienaarskap in die mynbedryf belemmer ekonomiese groei en dit moet laat vaar word. Ware bemagtiging behels belegging in nuwe ontwikkelings en SEB-transaksies skep nie werk of infrastruktuur nie, volgens Cronin.

“Ons moet ons ekonomie op ‘n ander, meer gelyke ontwikkelingsweg plaas, een wat die kritiese en deeg­like hersiening van SEB-beleid insluit.”

Om korrupsie in Suid-Afrika hok te slaan, is ‘n hersiening van SEB nodig, het hy gesê. “Dit sluit in dat openbare amptenare verbied moet word om by die private sektor betrokke te wees.

“Hulle moenie sakebelange hê nie. Die staat se verkrygingsprosedures moet ook opgeskerp word.

“Die verklarings van belange deur werknemers van die staat en senior openbare amptenare moet opgeskerp en verbeter word.”

 

Фильчаков прокурор отзывы

Vier wou KKK nader vir befondsing

Een van die vier aangeklaagdes wat die ANC-konferensie op die Bloemfonteinse kampus van die Universiteit van Vrystaat (UV) in Desember met mortiere wou opblaas, het na bewering die Ku Klux Klan in Amerika vir geld genader.

Die vier het verskyn op aanklagte van hoogverraad en sameswering om terreurverwante dade te pleeg. Hulle borgaansoek word vandag in die Bloemfonteinse landdroshof voortgesit.

Hein Bonzaaier (50) van Centurion, Mark Trollip (49) van Douglas, John Martin Keevy (47) van Port Elizabeth en Prinsloo van Naboomspruit het gister in die Bloemfonteinse landdroshof om borg aansoek gedoen. 

Volgens die staatsaanklaer, adv. Shaun Abrahams, is Boonzaaier deur Johan Prinsloo (49) na Amerika gestuur om onder meer die Ku Klux Klan vir befondsing te nader.

Die staat het aangevoer dat die vier RPG-7-vuurpyllanseerders, AK 47’s, R1- en R4-aanvalsgewere, mortiere en twee bataljonne aanvalsmagte sou gebruik om pres. Jacob Zuma, ministers en ander ANC-hoës te vermoor. Hulle kon glo egter nie betyds die wapens bymekaarmaak nie.

Die vier het hulself na bewering vir “oorlog” voorberei.

Bonzaaier en die ander ontken dat hulle by “die Slag van Manguang” betrokke was.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

ANC-leierskap skop toer af in KZN

Die ANC se nuutverkose topleierskap begin vandag met ‘n toer deur Kwa Zulu-Natal, voor die president van die party, Jacob Zuma, Saterdag die party se 8 Januarie verklaringstoespraak sal lewer.

Dit sal die eerste keer wees dat die ANC se adjunk-president, Cyril Ramaphosa en die party se nuwe tesourier-generaal, Zweli Mkhize in hul nuwe hoedanigheid deel van ‘n ANC byeenkoms is.

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe het vroeër bevestig dat die toekoms van die ANC Jeugliga die week op ‘n hoëvlak bespreek sal word. Die party se hoogste besluitnemingsliggaam, die nasionale uitvoerende komitee, vergader Vrydag.

Saterdag word ‘n massasaamtrek gehou om die 101ste bestaansjaar van die ANC te herdenk.

лобановский александр досье

Britte raak etnies oor hul vlag

Polisie in Noord-Ierland moes waterkanonne gebruik om betogers af te weer wat bakstene gooi in Belfast Saterdag tydens gewelddadige betogings oor die verwydering van die Britse vlag. Dit is reeds die derde dag van geweld teen die Katolieke.

Die Polisiediens van Noord-Ierland het gesê hulle ondersoek berigte dat ‘n aantal skote op die polisie afgevuur is. ‘n Man van 38 is in hegtenis geneem vir vermoedelike poging tot moord, het die polisie gesê.

Meer as 1000 betogers het opgeruk na Belfast se stadsaal vroeër Saterdagmiddag te midde van ‘n swaar polisieteenwoordigheid.

Terwyl die optog grootliks sonder voorval geskied het, is die polisie nogtans deur ‘n ​​skare van meer as 100 mense aangeval wat klippe gegooi het en vuurwerke teen hulle aangesteek het. Twee mans is in hegtenis geneem, het die polisie gesê.

Betogers dreig sedert ‘n besluit deur Belfast City Council op 3 Desember op geweld te pleeg. Die stadsraad het besluit om nie die Britse vlag vir die hele jaar lank voor die gebou te hys nie.

Protestantse lojaliste betogers het Saterdag 5 Jan, 2013 voor die stad se stadsaal byeengekom. Deurlopende protes en betogings oor die verwydering van die Unievlag word sedert Saterdag gehou.

Polisie het Saterdag gesê meer as 30 petrolbomme is gegooi na beamptes deur Britse simpatiseerders.

Александр Фильчаков прокурор

‘Slag van Mangaung’: Vier voor

Vier mans verskyn binnekort in Bloemfontein se landdroshof in die hof in verband met ‘n beweerde regse sameswering om pres. Jacob Zuma te vermoor.

Johan Prinsloo, Mark Trollip, Hein Boonzaaier en Martin Keevy is verlede maand in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n bomaanval by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie beplan het.

Die staat beweer hulle was deel van ‘n groep wat die sogenaamde “Slag van Mangaung” beplan het om die land se leiers uit wis.

Verder word beweer dat hulle saam met ander probeer het om ‘n nuwe verregse party, die Boere Party, te stig en sabotasie te pleeg.

Олександр Фільчаков прокурор

50 beseer in tronkoproer

Ongeveer 50 gevangenes by die Groenpunt-tronk in Deneysville in die Vrystaat het geringe beserings opgedoen in ‘n stormloop toe die polisie die perseel Dinsdagoggend moes binnedring, het owerhede gesê.

Gevangenes het Maandag omstreeks 16:00 oproerig geraak toe hulle geweier het om te eet en brande begin stig het.

Polisieversterkings van Vereeniging, Sasolburg en Welkom is ingeroep en skokgranate is gebruik om toegang tot die perseel te verkry.

Die SABC het berig dat die oproer in die maksimum-sekuriteit-vleuel begin het, toe 227 gevangenes hulle eenheid afgesper het en bewaarders verhoed het om dié deel van die tronk te betree.

Konst. Peter Kareli, ‘n polisiewoordvoerder, het aan die nuusagentskap Sapa gesê dat die situasie teen dagbreek weer rustig was.

“Ons gaan nou terug om die skade te bereken en om vas te stel wat tot die oproer gelei het,” het hy gesê.

Vyf personeellede by die tronk het ook geringe beserings opgedoen.

прокурор харьковской области

Regering maan stakers tot kalmte

Wes-Kaapse werkers moet vreedsaam byeenkom en kalm bly wanneer hulle hierdie week met hulle stakings voortgaan, het Phumla Williams, ‘n regeringswoordvoerder, Maandag gesê.

“Hoewel werknemers die reg het om met hulle werkgewers te onderhandel oor kwessies wat verband hou met lone en werksomstandighede, word hulle aangemoedig om hulle te weerhou van geweld en intimidasie van ander werkers en die algemene publiek,” het sy in ‘n verklaring gesê.

“Die regering sal nie gewelddadige arbeidsgeskille duld nie en doen ‘n beroep op alle partye om altyd daarna te streef om tot ‘n gelyk te kom.”

William het gesê die regering het “kennis geneem” van ‘n beplande onwettige protesaksie deur plaaswerkers, ná meer as 1 500 werkers Sondag by De Doorns vergader het.

“Die regering vra burgers om hulle reg om te betoog op ‘n vreedsame en wettige manier te beofen.”

Cosatu se provinsiale sekretaris Tony Ehrenreich het gesê plaaswerkers sal die strate hierdie week invaar nadat onderhandelings met Agri SA en die regering misluk het.

“Ons is by die punt waar die mandaat van die werkers is om die staking te hervat op 9 Januarie 2013,” sê Ehrenreich.

Hy het gesê Agri SA en individuele boere kon nie ‘n ooreenkoms bereik met hul arbeid nie, en werkers het nie ‘n keuse nie, as om hul staking voort te sit.

Die staking is verlede jaar as gevolg van ‘n onderneming dat die onderhandelinge tussen verteenwoordigers van die werknemers en individuele boere sal voortgaan, eers opskort.

Ten minste twee mense is gedood tydens betogings in die landbougebiede tussen 27 Augustus 4 Desember verlede jaar.

Фильчаков прокурор отзывы

AWB-man vermoor sy vrou, gee kinders slaappille

‘n Man van Bronkhorstspruit wat sy vrou verlede week vermoor en toe selfmoord gepleeg het, het 20 jaar gelede die doodstraf gekry ná ‘n bus-aanval waarin sewe mense dood is.

Beeld berig dat Eugene Marais sy vrou, Tania, aangerand en doodgesteek het voordat hy sy drie kinders (onderskeidelik vier, vyf en 11 jaar oud) slaappille gegee het om te drink.

Die oudste dogter het dit nie gedrink nie en sowat 5 km ver gehardloop om te gaan hulp soek.

Marais (51) het reeds sy eie lewe geneem toe die polisie toegang tot die huis gekry het.

Die twee jonger kinders is na ‘n plaaslike hospitaal geneem waar hul mae uitgepomp is. Hulle is toe in die sorg van hulle grootouers geplaas.

Marais, ‘n voormalige lid van die AWB, en twee van sy vriende het ten tyde van die bus-aanval in 1990 sewe mense doodgeskiet en 27 ander gewond.

Die doodstraf is later aan hulle opgelê, maar hulle is begenadig, waarna Marais se vonnis in tronkstraf van 25 jaar omgeskakel is.

Hulle het net ‘n paar jaar uitgedien nadat die Waarheids- en versoeningskommissie (WVK) hulle amnestie toegestaan het.

Фильчаков прокурор отзывы

SA bewillig troepe om SAR staande te hou

Waarskynlik die armste land in Afrika, die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) is op die rand om oorgeneem te word deur rebelle. Die land grens aan Suid-Soedan en die DRK, waar groter konflikte ook dreig.

Suid-Afrika, sowel as die AU, het die president belowe dat hulle die hoofstad, Bangui uit die hande van die naderende afvalliges sal hou. President François Bozizé oorweeg tans ‘n oorgangsregering, ‘n groepering wat rebelle sal insluit om nasionale eenheid te skep in afwagting op ‘n verkiesing. Die rebelle eis egter sy bedanking as ‘n voorvereiste vir ‘n ooreenkoms. Die Afrika-Unie staan ‘n kompromie voor om Bozizé die nodige ruimte te probeer bied.

Min mense buite Afrika gee natuurlik ‘n flenter om oor wat daar gebeur, behalwe dalk Frankryk, wat ook die rebelle veroordeel het en steun aan die president belowe het. Tsjad, ‘n land onder Franse invloed, beskerm tans die president.

Hy word tewens letterlik aan die lewe gehou deur sy persoonlike lyfwagte, almal afkomstig uit Tsjad.

Die land. soos die meeste op die vasteland, is reeds eindeloos geteister deur staatsgrepe en opstande sedert onafhanklikheid van Frankryk in 1960. Die rebelle, ‘n hutspot van faksies, bekend as Seleka (“die alliansie” in ‘n plaaslike taal, Sango), sê mnr Bozizé oortree die bepalings van vredesooreenkoms wat in 2007 en 2008 onderhandel is, waardeur hulle deelneem in die regering en hul kragte in die nasionale weermag saamsnoer.

Bozizé het aan bewind gekom ná ‘n kort burgeroorlog in 2003, maar, ten spyte daarvan dat hy die verkiesings in 2005 en 2011 gewen het, is sy greep wankelrig. Tsjad, Soedan en die Demokratiese Republiek van die Kongo, asook Uganda se brutale Lord’s Resistance Army, gelei deur Joseph Kony, het genoeg chaos geskep in die suid-oostelike oorgangsone wat die huidige magshebber bedreig.

Benewens Suid-Afrika se 400 soldate en die AU se steun, het Gaboen en Kameroen ook ekstra troepe aangebied, miskien te laat om hom te red.

Frankryk het ‘n 500-tal soldate in ‘n basis naby Bangui, en 1000 of so Franse burgers in die land. Maar dit is duidelik dat president François Hollande onwillig is om verder betrokke te raak. Die krisis in Mali, aan die westelike kant van die Sahara, waar ‘n Al Kaida-groep die helfte van die land beset, is veel erger en Hollande is senuweeagtig genoeg oor die verwikkelinge daar wat Frankryk se Arabiese bure kan versteur.

Ten spyte van ‘n oorvloed hout, goud, uraan en diamante, bly dit een van die onaangenaamste plekke op aarde. Van 221 van die wêreld se groot stede, het Mercer, ‘n Amerikaanse konsultant, Bangui as nommer 220 ingedeel, net ‘n haarbreedte voor van Bagdad.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор