David R. Ellis (60), bekende Amerikaanse rolprent-regisseur, se lyk is in die SandtonSun-hotel gekry.
Ellis was die regisseur van rolprente soos Snakes On A Plane, The Final Destination en Shark Night 3D.
Hy was in Suid-Afrika om aan ‘n rolprent te werk.
Volgens die polisie is dit nog nie duidelik wat Ellis se dood veroorsaak het nie.
Hy is Saterdag laas lewend in ‘n restaurant deur ‘n vriend gesien.
Sy lyk is Maandagmiddag deur die hotelbestuurder ontdek.
“Daar word niks uit sy kamer vermis nie en gemene spel word nie tans vermoed nie,” het luit.kol Lungelo Dlamini gesê.
Die Amerikaanse ambassade is ingelig en hulle tref reëlings.
