Oranje bo!

Nuwe navorsing toon dat oranje-kleurige bekers ‘n warm sjokoladedrankie lekkerder laat smaak.

Navorsers van die Polytechnic Universiteit in Valensië in Spanje en die Oxford universiteit het dié proefneming gedoen.

Die 57 deelnemers moes hul mening gee oor sjokoladedrankies wat in verskillende kleure bekers bedien is.

Volgens die verslag het die drankie in die oranje- en roomkleurige bekers die beste gesmaak. Die navorsing ondersteun die persepsie dat smaak bepaal word deur faktore wat niks met die kos self te doen het nie.

Лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae