Vier wou KKK nader vir befondsing

Een van die vier aangeklaagdes wat die ANC-konferensie op die Bloemfonteinse kampus van die Universiteit van Vrystaat (UV) in Desember met mortiere wou opblaas, het na bewering die Ku Klux Klan in Amerika vir geld genader.

Die vier het verskyn op aanklagte van hoogverraad en sameswering om terreurverwante dade te pleeg. Hulle borgaansoek word vandag in die Bloemfonteinse landdroshof voortgesit.

Hein Bonzaaier (50) van Centurion, Mark Trollip (49) van Douglas, John Martin Keevy (47) van Port Elizabeth en Prinsloo van Naboomspruit het gister in die Bloemfonteinse landdroshof om borg aansoek gedoen. 

Volgens die staatsaanklaer, adv. Shaun Abrahams, is Boonzaaier deur Johan Prinsloo (49) na Amerika gestuur om onder meer die Ku Klux Klan vir befondsing te nader.

Die staat het aangevoer dat die vier RPG-7-vuurpyllanseerders, AK 47’s, R1- en R4-aanvalsgewere, mortiere en twee bataljonne aanvalsmagte sou gebruik om pres. Jacob Zuma, ministers en ander ANC-hoës te vermoor. Hulle kon glo egter nie betyds die wapens bymekaarmaak nie.

Die vier het hulself na bewering vir “oorlog” voorberei.

Bonzaaier en die ander ontken dat hulle by “die Slag van Manguang” betrokke was.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae