Geweld by kliniek na wag geskiet is

Drie-en-vyftig mense het Donderdag in die Sekgosese-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met openbare geweld.

Hulle is op borgtog van R500 elk vrygelaat en die saak is tot 2 Mei uitgestel, het lt. kol. Ronel Otto gesê.

Die 53 is in Sephukubje in hegtenis geneem nadat geweld Sondag by ‘n plaaslike kliniek uitgebreek het. Die geweld het gevolg op ‘n arbeidsdispuut, wat daartoe gelei het dat ‘n veiligheidswag doodgeskiet is. Die wag is na bewering deur die eienaar van ‘n veiligheidsmaatskappy, Harley Moretje Maraka geskiet.

Maraka word aangekla van moord en is in polisie-aanhouding. Hy sal na verwagting op 12 Maart in die hof verskyn vir ‘n borgtogaansoek, het Otto gesê.

“Die inwoners wou hê die polisie moes die eienaar aan hulle oorhandig. Toe die polisie weier, het hulle die kliniek met klippe begin bestook,” het Otto gesê.

Een polisievoertuig is in die voorval aan die brand gesteek en ‘n ander beskadig.

topcargo отзыв

Polisielid dood in Renamo-aanval

‘n Mosambiekse polisiebeampte is Donderdag dood nadat ‘n skietery tussen die polisie en Renamo, die hoofopposisieparty in Mosambiek, uitgebreek het.

Sowat 300 voormalige soldate van die opposisie kampeer reeds vir weke buite die Renamo Party se hoofkwartier in Nampula. Hulle sê hulle wag vir opdragte van die Renamo-leier Afonso Dhlakama om met betogings teen die regering te begin.

Die opposisie het losgebrand terwyl die polisie besig was om in die vroeë oggendure wagte te ruil.

“Ons moes ons troepe inspan om terug te skiet nadat hulle begin skiet het,” het Joao Inacio Dina, ‘n polisiewoordvoerder in Nampula, gesê.

Volgens Dina is ‘n polisiebeampte dood nadat hy in die kop en onderlyf geskiet is. ‘n Ander beampte en drie Renamo-lede is beseer, het hy gesê.

“Ons het sover 34 wagte van die Renamo-leier in hegtenis geneem,” het hy bygevoeg.

Beamptes het ook vyf AK47’s, ‘n handwapen en 86 rondes ammunisie gekonfiskeer.

‘n Woordvoerder van Renamo was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Фильчаков прокурор харьков

‘Te veel buitelanders’ sê Sarko

Franse president Nicolas Sarkozy het gesê dat daar te veel buitelanders in Frankryk is en die stelsel vir hulle integrasie “werk al hoe slegter”.

In ‘n ​​TV-debat, het Sarkozy sy plan verdedig om die getal nuwe aankomelinge so te sê te halveer as hy herkies word volgende maand.

Sarkozy loop in die meningspeilings agter die Sosialistiese kandidaat Francois Hollande.

Hy moet ook meeding met konserwatiewe kiesers met die regse Front National-party gelei deur Marine Le Pen.

Die president het gesê terwyl immigrasie ‘n seën kan wees vir Frankryk, is dit nodig om streng beheer deur middel van ​​taaier kwalifikasiereëls vir die verblyftydperk in te stel.

Sarkozy, wie se vader ‘n Hongaarse immigrant was, het ook gesê hy wil ‘n paar voordeelbetalings aan immigrante wat reeds 10 jaar in die land is, beperk.

Hy het al dikwels omstrede opmerkings gemaak oor ras en immigrasie.

In 2005, net voor die Parys-onluste, het hy swartes en Arabiere in die Paryse voorstede as “racaille” beskryf, wat beteken “die gespuis”.

Hy het gesê dat indien hy herkies word, hy die aantal immigrante in Frankryk sal verminder van 180,000 ‘n jaar tot 100,000 en strenger beheer oor toegang tot welsynsvoordele sal instel.

Dinsdag, het premier Francois Fillon ontsteltenis onder Moslem en Joodse groepe veroorsaak omdat hy gesê het die godsdienstige slag van diere is ouderwets.

Die omstredenheid het begin toe ‘n TV-dokumentêr verlede maand gesê het al die abattoirs in Parys slag net halalvleis.

Tot dusver lyk dit of die verkiesingsveldtog relatief min impak op kiesers maak.

Die jongste meningspeiling Dinsdag by CSA gee die Sosialistiese leier Francois Hollande die voorsprong bo Sarkozy vir 22 April.

Die sosiaal-demokratiese leier sal ook glo beslissend wen met 54% tot 46% in ‘n tweede ronde van die stemming op 6 Mei.

Фильчаков прокурор

Wit spelers koggel verloorders

‘n Plaaslike skool in die VSA moes om verskoning vra oor beweerde rassisme na ‘n hoërskool basketbalwedstryd die afgelope naweek

Toe die eindfluitjie Saterdag blaas, het Alamo Heights ‘n oortuigende oorwinning oor San Antonio Edison gevier.

Die Alamo Heights-hoofafrigter Andrew Brewer het gesê hy was trots op sy span.

“Geweldig trots,” het Brewer gesê. “Geweldig. Dit is die beste groep kinders.”

Maar dit was net na die trofee-aanbieding toe die afrigter moes bloos vir Alamo Heights se aanhangers.

“Die VSA, die VSA, die VSA,” het hulle gedreunsing.

San Antonio se amptenare beskou die singery as ‘n rassistiese belediging teenoor ‘n skool met minderheidspelers van ‘n skool met meestal wit kinders.

Edison-studente wat Saterdag se wedstryd bygewoon het, sê hulle was “geskok” toe hulle hoor hoe koggel die wit wenspan hulle. Sommige het gedink dat die ondersteuners van die oorwinnaars hulself beter moes gedra het.

Alamo Heights het om verskoning gevra en die studente wat geïdentifiseer is, sal ook om verskoning vra en is verbied van wedstryde.

Wit ondersteuners van Alamo Heights verskil egter van dié weergawe. Hulle sê toe die Amerikaanse volkslied gespeel is, het Meksikane van die ander span beledigings uitgeskree.

Die wit span is vóór die insident gekoggel as “Alamo Whites“, ‘n woordspeling op Alamo Heights. Wittes sê hulle het dit as rassisties ervaar, en onpatrioties.

Blykbaar het die Meksikane vir die pret daarna ‘n gestremde kind voor die tyd beledig en hom onbeskofte dinge toegesnou. Van die Edisonplakkate was glo ook ‘n verleentheid, met slagspreuke soos “Suig my [****]”

Die wit studente sê “patriotisme is eintlik die aanstootlike onderwerp vir die rassistiese, diskriminerende, vuilbek, anti-Amerikaanse studente van Edison High en hul linkse ondersteuners”.

Dis glo nie die eerste keer dat dit by skoolwedstryde in dié distrik gebeur nie.
данильченко юрій броніславович

Sonstorm tref Aarde

Die aarde se magneetveld gaan geskud word soos ‘n speelding deur die grootste sonstorm in vyf jaar.

‘n Massiewe wolk van gelaaide deeltjies sal Donderdagoggend vroeg kragroosters, vlugte, satelliet-netwerke en GPS-dienste, veral in die noordelike halfrond ontwrig. Maar dieselfde ontploffing kan ook kleurvolle auroras van die pole skilder.

Wetenskaplikes sê die storm, wat begin het met ‘n reuse sonstorm vroeër in die week, groei uitwaarts vanaf die son, soos ‘n reuse seepborrel. Wanneer dit Donderdagoggend vroeg die Aarde tref, sal die partikels teen 4 miljoen mph beweeg.

“Dit gaan ons reg in die neus slaan,” sê Joe Kunches, ‘n wetenskaplike van die Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie in Boulder, Colorado, in die VSA.

Sterrekundiges sê die son was relatief stil vir ‘n geruime tyd. En dié storm lyk heftiger omdat die Aarde die afgelope paar jaar deur ‘n swak sonaktiwiteitsvlak gesus is.

Die storm is deel van die son se normale 11-jaar-siklus, wat veronderstel is om piekstorms volgende jaar te bereik. Sonstorms beskadig nie mense nie, maar hulle ontwrig tegnologie. En gedurende die laaste hoogtepunt in 2002, het kundiges geleer dat GPS kwesbaar is vir sonuitbarstings.

Omdat nuwe tegnologie sedertdien floreer, kon wetenskaplikes ontdek dat sommige nuwe stelsels ook in gevaar verkeer, sê Jeffrey Hughes, direkteur van die Sentrum vir Geïntegreerde Ruimteweermodelle aan die Universiteit van Boston.

‘n Dekade gelede, het hierdie tipe sonstorm ‘n paar keer ‘n jaar gebeur, het Hughes gesê.

“Dit is ‘n goeie-grootte geval, maar nie die uiterste tipe nie,” sê Bill Murtagh, programkoördineerder vir die federale regering se ruimteweervoorspellings.

лобановский александр игоревич харьков

Afrikagruweldade op Twitter-toptien

‘n Aktivis in Suid-Kalifornië is besig om wêreldwye aandag te trek met ‘n video wat oorlogsgruweldade in Afrika dokumenteer.

Die groep Invisible Children was onder die top 10 terme op Twitter onder beide die wêreld- en die VSA-gehoor Woensdagaand. Dit is selfs hoër as die nuwe iPad of Peyton Manning. Laasgenoemde is ‘n Amerikaanse voetbalspeler vir die Indianapolis Colts. Twitter se top tendense is oor die algemeen bekende persoonlikhede eerder as voortvlugtige militante.

Die film wat Maandag vrygestel is, is deel van ‘n veldtog getiteld KONY 2012. Dit is gerig op die Lord’s Resistance Army, en sy leier, Joseph Kony, ‘n swart bosterroris wat deur die Internasionale Strafhof vir misdade teen die mensdom gesoek word.

лобановский александр

In Mosambiek woed stryd tussen dier en mens

Minstens 86 mense is dood en 60 beseer is deur wilde diere in Mosambiek in 2011. Krokodille word verantwoordelik gehou vir die meerderheid van die sterftes, het die regering Woensdag aangekondig.

“Die dier wat die meeste sterftes veroorsaak het, was die krokodil, wat 47 mense gedood het, gevolg deur olifante met 20 sterfstes en seekoeie, wat 13 gedood het,” het die regeringswoordvoerder Alberto Nkutumula aan DPA gesê.

Om die probleem teen te werk, het natuurlewe-owerhede in dié land 336 diere verlede jaar van kant gemaak – 250 krokodille, 46 olifante, 17 seekoeie, 13 buffels, vier leeus, drie slange, twee hiënas en ‘n luiperd.

Daarmee saam, het die owerhede bewusmakingsveldtogte in plekke van stapel gestuur waar konflik tussen mens en dier woed.

Die gebiede wat die ergste geraak is, is die Zambezi-rivierbekken en die gebiede van Caia en Marromeu in die sentrale provinsie Sofala.

топкарго отзывы

Cele-moeras verdiep

Die geskorste nasionale polisiekommissaris Bheki Cele is Woensdag in die getuiebank ondervra. Dit is die derde dag van ‘n ondersoek na bewerings van wangedrag teen hom.

Cele het gesê hy het naby daaraan gekom om ‘n staat-privaat-vennootskapooreenkoms te onderteken vir die bou van nuwe ‘n polisie-hoofkwartier in Pretoria.

Omdat hy van Durban kom, was hy redelik nuut in Pretoria toe sy voormalige adjunk en hoof van voorsiening, Hamilton Hlela, hom aangemoedig het om die kontrak te onderteken op die enjinkap van ‘n motor.

Die polisie het op daardie stadium ‘n maand-tot-maand huurkontrak by Wachthuis gehad. Daar was egter nie genoeg ruimte nie.

Cele het gesê nuwe kwartiere vir die polisie is bespreek lank voordat hy deur President Jacob Zuma in Julie 2009 as kommissaris aangestel is.

Die dringende nood vir kantoorruimte is veroorsaak deur die wêreldbeker, omdat ‘n effektiewe en doeltreffende kommunikasiespan meer ruimte gevra het, het hy gesê toe hy deur Viwe Notshe gevra is waarom hy ‘n senior polisiebeampte genader het oor die kwessie van verhuring.

“Die kwessie was al daar sedert 2004 en 2005. Dit was reeds op die tafel toe ek oorgeneem het,” het Cele gesê.

Hy het beskryf hoe, drie weke nadat hy in die pos begin het, Hlela voorgestel het dat hy die kontrak moet onderteken om die nuwe hoofkwartiere te laat bou.

Nadat hy daaroor nagedink het, het hy besluit om dit nie te onderteken nie en het dit eerder oorweeg om ‘n nuwe polisiehhofkantoor te laat bou. Hy het gesê hy het die feit oorweeg dat slegs vier nuwe polisiekantore in KwaZulu-Natal gebou is sedert 1994.

“Hlela het aan my gesê die PPP [staat-privaat-vennootskap] sal nie daarvan hou nie.”

Cele het Hlela, wat vroeër in die week getuig het, as ‘n onbetroubare persoon geskets, wat agter sy rug besluite geneem het sonder om hom te verwittig.

“Daar is baie ander dinge [oor hom] wat ek aan jou kan vertel.”

Cele het gesê ‘n paar weke nadat die kontrak deur die mat geval het, wou Hlela hê hy moes ‘n kontrak van R8 miljoen onderteken om sy kantoor en dié van die ministerie op te knap. Dit het ook misluk.

Cele het gesê dié en ander voorvalle het daartoe gelei dat hy die Spesiale Ondersoekeenheid gevra het om die polisie se departement van voorsiening te laat ondersoek.

Фильчаков прокурор харьков

Wit vrou aan swart betogers uitgelewer

‘n Woedende skare swart betogers wat deelgeneem het aan Cosatu se opmars in Rustenburg, het ‘n wit vrou Woensdag byna vermoor.

Hulle het haar voertuigvensters uitgeslaan, haar gewurg, aangerand, uit haar motor gesleep en die voertuig daarna omgekeer, berig Beeld.

Twee polisielede het haar lewe gered, sê Anita Venter (24).

Sy is Woensdagoggend deur die swart skare in haar wit Toyota Tazz omring, nadat sy die verkeersdrukte wou vermy en ‘n ander roete probeer ry het.

“Die volgende oomblik het mense op my kar en aan die ruite begin slaan,” sê Venter.

Sy het probeer wegry en teen ‘n ander vrou se motor geskraap. Venter het stilgehou en ‘n verkeersbeampte op die toneel gevra om ‘n swart man uit die skare wat op haar enjinkap gaan sit het, te laat afklim.

Die beampte het haarself uit die voete gemaak en die die swart skare het op Venter toegesak en die motor begin slaan. Sy het teruggeklim in die motor.

Die swart betogers het die ruite stukkend geslaan en met klippe gegooi. ‘n Swarte het haar deur die venster begin wurg. Nog omstanders het haar motordeur oopgepluk en twee swartes het haar aan die skouers en voete beetgekry en uitgesleep.

Twee polisiebeamptes wat op die toneel verskyn het, het haar lewe gered. Een van die betogers beweer Venter het hom raakgery.

topcargo кидалы

Cosatu-opmars goed ondersteun

Cosatu se Kaapstadprotes was so suksesvol, want e-tol en arbeidsmakelaars het gespreek tot nasionale kommer oor armoede, het die vakbond-federasie Woensdag gesê.

“Dit was nie net Cosatu nie … Hulle [die nie-Cosatu geaffilieerde lede hier] is bekommerd oor die verdieping van armoede in ons land. Dit [die land] moet werk vir almal,” het provinsiale sekretaris Tony Ehrenreich aan Sapa gesê nadat optoggangers verdaag het.

“Die 20 000 mense wat gekom het, was een van die grootste bywonings in ‘n lang tyd,” het hy gesê.

Die Stad Kaapstad het gesê betogers was nie ontwrigtend nie en het hulself goed gedra.

Die Kaapse Kamer van Koophandel het ook kennis geneem van die ordelike en vreedsame protes.

Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga, het by stakers in Johannesburg aangesluit.

Sapa berig dat Malema se aankoms die groep, wat ses blokke ver gestaan het, meer energiek gemaak het.

Die betogers was op pad na die Gautengse premier se Johannesburgse kantoor.

Beamptes kon nie die betogers onder beheer hou toe Malema opgedaag het nie. Die betogers het na Malema gestorm en sy troetelnaam, “Juju, Juju”, gegil.

Malema het die toneel kort daarna in sy swart Mercedes verlaat.

Cosatu se landwye protes het skole in Polokwane Woensdag nadelig geraak, het die Limpopo onderwysdepartement gesê.

Swak bywoning van beide onderwysers en leerlinge is aangeteken in die meeste landelike gebiede en lokasieskole in die Polokwane-en Burgersfortgebied, het woordvoerder Pat Kgomo gesê.

“Ek dink die onderwysers se vakbonde weet baie goed dat die beleid van geen werk en geen betaling van toepassing sal wees.”

Maar, die provinsiale regeringswoordvoerder Tebatso Mabetselo het gesê geen regeringdiens is ontwrig deur die Cosatu-opmars nie.

“Die lewering van dienste gaan soos normaal voort sedert vanoggend, en diegene wat weggebly het, moet verwag dat die prosedures ten opsigte van geen werk, geen betaling van toepassing sal wees.”

Provinsiale polisie woordvoerder, brigadier Hangwani Mulaudzi het gesê dat geen geweld gerapporteer is nie.
Onluspolisie is by die Natalspruit-hospitaal, oos van Johannesburg, ontplooi nadat ‘n groep optoggangers probeer het om skoolkinders te keer om in taxi’s te klim om skool toe te gaan.

Dié voorval het Woensdagoggend kort voor die landwye protesoptog wat deur Cosatu gelei word, gebeur.

“Daar was mense wat probeer het om vervoer na skole te keer,” het supt. Wilfred Kgasago, woordvoerder vir die Ekurhuleni-metropolisie, gesê.

Kgasago sê die groep het verdaag toe die polisie opgedaag het.

Die kinders is skool toe en niemand is in die voorval beseer nie.

Metrorail het in ‘n verklaring gesê die land se treindienste het normaal verloop, behalwe vir sommige ontwrigtings in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng.

“Ons het kommerwekkende verslae van intimidasie en aanranding van pendelaars deur betogers… ontvang. Voorvalle is by Elandsfontein, Kemptonpark, Leralla en Kaalfontein aangemeld,” lui die verklaring.

Sapa het berig dat die optog teen arbeidsmakelaars en die beplande e-tolstelsel om 10:00 vanaf die Beyers Naudé-plein in die Johannesburgse middestad begin het.

лобановский политик