praag.co.za

Wit vrou aan swart betogers uitgelewer

Written by

in

‘n Woedende skare swart betogers wat deelgeneem het aan Cosatu se opmars in Rustenburg, het ‘n wit vrou Woensdag byna vermoor.

Hulle het haar voertuigvensters uitgeslaan, haar gewurg, aangerand, uit haar motor gesleep en die voertuig daarna omgekeer, berig Beeld.

Twee polisielede het haar lewe gered, sê Anita Venter (24).

Sy is Woensdagoggend deur die swart skare in haar wit Toyota Tazz omring, nadat sy die verkeersdrukte wou vermy en ‘n ander roete probeer ry het.

“Die volgende oomblik het mense op my kar en aan die ruite begin slaan,” sê Venter.

Sy het probeer wegry en teen ‘n ander vrou se motor geskraap. Venter het stilgehou en ‘n verkeersbeampte op die toneel gevra om ‘n swart man uit die skare wat op haar enjinkap gaan sit het, te laat afklim.

Die beampte het haarself uit die voete gemaak en die die swart skare het op Venter toegesak en die motor begin slaan. Sy het teruggeklim in die motor.

Die swart betogers het die ruite stukkend geslaan en met klippe gegooi. ‘n Swarte het haar deur die venster begin wurg. Nog omstanders het haar motordeur oopgepluk en twee swartes het haar aan die skouers en voete beetgekry en uitgesleep.

Twee polisiebeamptes wat op die toneel verskyn het, het haar lewe gered. Een van die betogers beweer Venter het hom raakgery.

topcargo кидалы

Comments

Leave a Reply