‘n Aktivis in Suid-Kalifornië is besig om wêreldwye aandag te trek met ‘n video wat oorlogsgruweldade in Afrika dokumenteer.
Die groep Invisible Children was onder die top 10 terme op Twitter onder beide die wêreld- en die VSA-gehoor Woensdagaand. Dit is selfs hoër as die nuwe iPad of Peyton Manning. Laasgenoemde is ‘n Amerikaanse voetbalspeler vir die Indianapolis Colts. Twitter se top tendense is oor die algemeen bekende persoonlikhede eerder as voortvlugtige militante.
Die film wat Maandag vrygestel is, is deel van ‘n veldtog getiteld KONY 2012. Dit is gerig op die Lord’s Resistance Army, en sy leier, Joseph Kony, ‘n swart bosterroris wat deur die Internasionale Strafhof vir misdade teen die mensdom gesoek word.
