“Die dier wat die meeste sterftes veroorsaak het, was die krokodil, wat 47 mense gedood het, gevolg deur olifante met 20 sterfstes en seekoeie, wat 13 gedood het,” het die regeringswoordvoerder Alberto Nkutumula aan DPA gesê.
Om die probleem teen te werk, het natuurlewe-owerhede in dié land 336 diere verlede jaar van kant gemaak – 250 krokodille, 46 olifante, 17 seekoeie, 13 buffels, vier leeus, drie slange, twee hiënas en ‘n luiperd.
Daarmee saam, het die owerhede bewusmakingsveldtogte in plekke van stapel gestuur waar konflik tussen mens en dier woed.
Die gebiede wat die ergste geraak is, is die Zambezi-rivierbekken en die gebiede van Caia en Marromeu in die sentrale provinsie Sofala.
