In ‘n TV-debat, het Sarkozy sy plan verdedig om die getal nuwe aankomelinge so te sê te halveer as hy herkies word volgende maand.
Sarkozy loop in die meningspeilings agter die Sosialistiese kandidaat Francois Hollande.
Hy moet ook meeding met konserwatiewe kiesers met die regse Front National-party gelei deur Marine Le Pen.
Die president het gesê terwyl immigrasie ‘n seën kan wees vir Frankryk, is dit nodig om streng beheer deur middel van taaier kwalifikasiereëls vir die verblyftydperk in te stel.
Sarkozy, wie se vader ‘n Hongaarse immigrant was, het ook gesê hy wil ‘n paar voordeelbetalings aan immigrante wat reeds 10 jaar in die land is, beperk.
Hy het al dikwels omstrede opmerkings gemaak oor ras en immigrasie.
In 2005, net voor die Parys-onluste, het hy swartes en Arabiere in die Paryse voorstede as “racaille” beskryf, wat beteken “die gespuis”.
Hy het gesê dat indien hy herkies word, hy die aantal immigrante in Frankryk sal verminder van 180,000 ‘n jaar tot 100,000 en strenger beheer oor toegang tot welsynsvoordele sal instel.
Dinsdag, het premier Francois Fillon ontsteltenis onder Moslem en Joodse groepe veroorsaak omdat hy gesê het die godsdienstige slag van diere is ouderwets.
Die omstredenheid het begin toe ‘n TV-dokumentêr verlede maand gesê het al die abattoirs in Parys slag net halalvleis.
Tot dusver lyk dit of die verkiesingsveldtog relatief min impak op kiesers maak.
Die jongste meningspeiling Dinsdag by CSA gee die Sosialistiese leier Francois Hollande die voorsprong bo Sarkozy vir 22 April.
Die sosiaal-demokratiese leier sal ook glo beslissend wen met 54% tot 46% in ‘n tweede ronde van die stemming op 6 Mei.
