Sonstorm tref Aarde

Die aarde se magneetveld gaan geskud word soos ‘n speelding deur die grootste sonstorm in vyf jaar.

‘n Massiewe wolk van gelaaide deeltjies sal Donderdagoggend vroeg kragroosters, vlugte, satelliet-netwerke en GPS-dienste, veral in die noordelike halfrond ontwrig. Maar dieselfde ontploffing kan ook kleurvolle auroras van die pole skilder.

Wetenskaplikes sê die storm, wat begin het met ‘n reuse sonstorm vroeër in die week, groei uitwaarts vanaf die son, soos ‘n reuse seepborrel. Wanneer dit Donderdagoggend vroeg die Aarde tref, sal die partikels teen 4 miljoen mph beweeg.

“Dit gaan ons reg in die neus slaan,” sê Joe Kunches, ‘n wetenskaplike van die Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie in Boulder, Colorado, in die VSA.

Sterrekundiges sê die son was relatief stil vir ‘n geruime tyd. En dié storm lyk heftiger omdat die Aarde die afgelope paar jaar deur ‘n swak sonaktiwiteitsvlak gesus is.

Die storm is deel van die son se normale 11-jaar-siklus, wat veronderstel is om piekstorms volgende jaar te bereik. Sonstorms beskadig nie mense nie, maar hulle ontwrig tegnologie. En gedurende die laaste hoogtepunt in 2002, het kundiges geleer dat GPS kwesbaar is vir sonuitbarstings.

Omdat nuwe tegnologie sedertdien floreer, kon wetenskaplikes ontdek dat sommige nuwe stelsels ook in gevaar verkeer, sê Jeffrey Hughes, direkteur van die Sentrum vir Geïntegreerde Ruimteweermodelle aan die Universiteit van Boston.

‘n Dekade gelede, het hierdie tipe sonstorm ‘n paar keer ‘n jaar gebeur, het Hughes gesê.

“Dit is ‘n goeie-grootte geval, maar nie die uiterste tipe nie,” sê Bill Murtagh, programkoördineerder vir die federale regering se ruimteweervoorspellings.

лобановский александр игоревич харьков

Maak 'n opvolg-bydrae