Geweld by kliniek na wag geskiet is

Drie-en-vyftig mense het Donderdag in die Sekgosese-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met openbare geweld.

Hulle is op borgtog van R500 elk vrygelaat en die saak is tot 2 Mei uitgestel, het lt. kol. Ronel Otto gesê.

Die 53 is in Sephukubje in hegtenis geneem nadat geweld Sondag by ‘n plaaslike kliniek uitgebreek het. Die geweld het gevolg op ‘n arbeidsdispuut, wat daartoe gelei het dat ‘n veiligheidswag doodgeskiet is. Die wag is na bewering deur die eienaar van ‘n veiligheidsmaatskappy, Harley Moretje Maraka geskiet.

Maraka word aangekla van moord en is in polisie-aanhouding. Hy sal na verwagting op 12 Maart in die hof verskyn vir ‘n borgtogaansoek, het Otto gesê.

“Die inwoners wou hê die polisie moes die eienaar aan hulle oorhandig. Toe die polisie weier, het hulle die kliniek met klippe begin bestook,” het Otto gesê.

Een polisievoertuig is in die voorval aan die brand gesteek en ‘n ander beskadig.

topcargo отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae